Die wenners van die 2024 Diana Ferrus-prys is:
- Gaireyah Fredericks, eerstepryswenner, met “Swaa dra”.
- Dianne Du Toit Albertze, tweedepryswenner, met “Die kjeent”.
- Yuwinn Kraukamp, derdepryswenner, met “Dood in albei tale”.
Hartlik geluk!
Meer oor die kompetisie:
Die Diana Ferrus-prys is vernoem na die bekroonde Suid-Afrikaanse digter, skrywer en aktivis, Diana Ferrus, as 'n huldeblyk aan haar buitengewone bydrae tot die bewaring van gemeenskapsverhale, taalregte en sosiale geregtigheid deur poësie.
Die prys dra haar naam omdat sy die beliggaming is van die stemme wat dikwels gemarginaliseer word. Haar werk fokus op temas soos identiteit, ras, geslag en versoening. Sy het 'n platform geskep vir ander om hul stories te vertel en het talle toekennings ontvang, insluitend 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch in 2022 vir haar bydrae tot die ontwikkeling van jong skrywers en haar gebruik van kuns as 'n instrument vir uitdrukking en bemagtiging.
Ferrus het verskeie boeke gepubliseer, waaronder “Ons komvandaan” en “Die vrede kom later”. Haar werk word in skole en universiteite gebruik en sy bied skryfwerkswinkels aan om ander aan te moedig om hul eie verhale te deel. Haar lewenswerk dien as inspirasie vir die Diana Ferrus-prys, wat daarop gemik is om nuwe stemme te vier wat, soos sy, die verlede en hede verbind deur die krag van storievertelling.
Lees ook:
The post Persverklaring: Die wenners van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: Die wenners van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig appeared first on LitNet.