Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21618

Wat sê Bettina? Oor Afrikaans

$
0
0

Foto: Pexels

  • Bettina Wyngaard skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Ek skryf Afrikaans, ek dink Afrikaans, ek bid Afrikaans, en alhoewel ek my bes probeer om nie te vloek nie, doen ek dit ook in Afrikaans wanneer dit gebeur.

Baie van my vriende is Afrikaans, alhoewel dit ook aan die verander is. Onlangs is ek gevra om ’n bydrae te skryf oor Afrikaans, om die honderdste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Die bydrae is toe vertaal om mettertyd ook in die Engelse media te deel. Iets interessants en vir my insiggewend gebeur toe. Daily Maverick het die Engelse weergawe geplaas, en dis waar iets baie interessant toe gebeur. Baie meer Afrikaanssprekendes het gereageer op die Engelse weergawe van die bydrae as op die Afrikaanse weergawe.

Die enigste afleiding wat ek kan maak, is dat baie meer Afrikaanssprekendes Daily Maverick lees as wat hulle Netwerk24 lees. Dit laat by my die vraag: Hoekom?

Die maklike antwoord is seer sekerlik dat Daily Maverick gratis is en Netwerk24 van intekenare verwag om te betaal daarvoor. Dalk is Afrikaanse lesers nie bereid of in staat om te betaal vir nuus nie.

........
Die gevaar wanneer joernaliste probeer meeding, is dat hulle hul reputasie as betroubaar inboet. Die meeste mediabase gee nie om nie; hulle soek net meer verbruikers wat inteken of inskakel of aanlyn gaan. Ons sien dit veral in Amerikaanse media, waar al die groot mediahuise deur miljardêrs besit word.
........

Dis die maklike antwoord. Die ander antwoord wat moeiliker verteerbaar is, en wat met meer nuanse benader moet word, het dalk meer te doen met die kwaliteit en akkuraatheid van die nuusaanbod as met die prys daarvan. Dis al hoe meer opmerklik dat dit in nuussiklusse belangriker is om eerste te wees met die nuus as om dit akkuraat oor te dra. Die scoop is waaroor dit gaan, selfs al beteken dit daar moet later regstellings gemaak word. Natuurlik is dit nie net Afrikaanse nuus wat onder hierdie druk gebuk gaan nie. Almal het selfone, almal het sosiale media en sogenaamde citizen journalists kan met die druk van ’n selfoonknoppie nuus die wêreld instuur. Joernaliste wat nog eers hulle bronne moet verifieer, kan nie met daardie spoed meeding nie.

Die gevaar wanneer joernaliste probeer meeding, is dat hulle hul reputasie as betroubaar inboet. Die meeste mediabase gee nie om nie; hulle soek net meer verbruikers wat inteken of inskakel of aanlyn gaan. Ons sien dit veral in Amerikaanse media, waar al die groot mediahuise deur miljardêrs besit word. Ons sien meer en meer dieselfde druk op joernaliste plaaslik, nie net in die gedrukte pers nie, maar ook op radio en televisie. Onthou die ontsteltenis toe van RSG se gewildste oggendaanbieders van die lug is en minder ervare aanbieders hulle vervang het? Dis nie die jonger aanbieders se skuld dat hulle nie die geleentheid gehad het om ervaring op te doen nie, maar daar was wel ’n aanpassingsperiode. Het die gehalte van die aanbod in daai aanpassingsperiode gedaal? Ek sal die antwoord op daardie vraag oorlaat aan elke luisteraar.

Wat doen Daily Maverick dan reg wat maak dat Afrikaanse lesers hulle verkies? Hulle bied meer “harde” nuus; hulle is soms nie eerste met die nuus nie, maar hulle nuus is gewoonlik baie akkuraat. Hulle nuusdekking kan vertrou word. Ek vermoed dit is ’n groter faktor vir verbruikers as die taal waarin die nuusdekking plaasvind.

........
Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel.
........

Die teater, kunste en literatuur is egter springlewendig in Afrikaans. Ek was bevoorreg genoeg om ’n klein bietjie van die Suidoosterfees hierdie afgelope naweek te belewe. Soos die jongmense sal sê: “Die vibe is awesome.” Talle teaterproduksies en gesprekke is in Afrikaans aangebied. Meeste van die gesprekke tussen feesgangers was in Afrikaans.

Daar is ook al minder Afrikaanse akademiese uitsette in feitlik alle dissiplines. Is dit nuut? Glad nie, maar dit is dalk meer opvallend omdat dit al hoe seldsamer raak om gehalte Afrikaanse akademiese artikels en boeke te vind. Selfs toe ek in die laat 1980’s en vroeë 1990’s studeer het, was die meeste van my handboeke alreeds in Engels, al is die klasse in Afrikaans aangebied. Dit maak sin: Om internasionaal mededingend te wees, moet daar gepubliseer word in ’n taal wat internasionaal verstaan word.

Dit beteken net ons moet dit aanloklik maak om in Afrikaans te publiseer en produseer. Om pryse uit te loof is een van die moontlikhede, maar dit kan nie die enigste wees nie. Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel. In die klein dorpie waar ek bly leer die winkeleienaars uit Pakistan en Sjina en Nigerië dit elke dag vir ons. Hulle bied wat hulle kliënte wil hê en hulle leer Afrikaans sodat hulle hulle kliënte beter kan bedien. Hulle beweegrede is nie ’n liefde vir Afrikaans nie; hulle wil geld maak. Dalk moet ons dit ook moontlik maak om vir mense wat in Afrikaans wil skryf, joernaliste en skrywers en digters en dramaturge, dit lonend te maak om dit te kan doen.

Wat is my slotsom? Dit gaan eintlik goed met Afrikaans, al die gekla ten spyt, maar ons kan nie op ons louere rus nie.

Lees ook:

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Herbesin: Ryker in diversiteit

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Die ekonomie van koerantnuus

Wat sê Bettina? Oor erfenis

Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet

NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Afrikaans: 100 jaar as amptelike taal – ’n erfenis om te vier of om te verwerp?

Afrikaans Amptelik 100: Ons biblioteke, ver en wyd

 

The post Wat sê Bettina? Oor Afrikaans first appeared on LitNet.

The post Wat sê Bettina? Oor Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21618

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>