Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21618

Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe

$
0
0

Skermgreep uit Aasvoëls deur Dian Weys: verskaf

Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.

Uit ’n totaal van 4,781 inskrywings was slegs elf gekies om hierdie jaar in die Cannes Filmfees se amptelike kortfilmkompetisie mee te ding. Die fees vind van 13 tot 24 Mei plaas.

Aasvoëls is ’n fiktiewe rillerdrama van 15-minute wat handel oor ’n geesdriftige dog desperate insleepdiensdrywer wat ’n wrak wil wegsleep, maar die situasie raak vinnig buite sy beheer.

Die film is in Kaapstad geskiet met ’n volledig Suid-Afrikaanse filmspan en akteurs. Die rolverdeling bestaan uit Edwin van der Walt, Jill Levenberg, Albert Pretorius, Oscar Petersen, Ndoni Khanyile en David Isaacs. Die kortfilm is ’n mede-vervaardigingsprojek deur Electronic Roof Films van Suid-Afrika en Insolence Productions van Frankryk. Dit is moontlik gemaak deur finansiële ondersteuning van Frankryk se National Centre of Cinema (CNC), en die TV-kanaal Arte France.

Hierdie is die derde samewerking tussen Weys en vervaardiger Le Roux Fourie, en die eerste film wat onder die vaandel van hul nuwe produksiemaatskappy, Electronic Roof Films, geskep is.

Sedert die fees 78 jaar gelede gestig is, is vyf Suid-Afrikaanse regisseurs se kortfilms vir Cannes se kortfilmkompetisie gekies. Die laaste Suid-Afrikaanse kortfilm wat in hierdie afdeling gekies is, was Ongeriewe deur Robin Kleinsmidt in 2006. Daarvóór het die Suid-Afrikaanse filmlegende Jamie Uys sy naam op die internasionale verhoog bekend gemaak met vier kortfilms wat in die kompetisieafdeling gekies is. Die laaste een was Citizens of Tomorrow in 1963. Ander regisseurs wie se kortfilms gekies is, sluit DD Reucassel (in 1954), Emil Nofal en David Millin (albei in 1955) in.

Behalwe vir hierdie kortfilmmakers, is slegs vyf ander Suid-Afrikaanse filmmakers se Suid-Afrikaanse vollengte-films in die Cannes Filmfees se kompeterende afdelings vertoon: Oliver Schmitz (Mapantsula, 1988; Highjack stories, 2001; Life, above all, 2010), Elaine Proctor (Friends, 1993), Oliver Hermanus (Skoonheid, 2011) en Etienne Kallos (Die stropers, 2018).

Aasvoëls is Dian se vierde kortfilm. Sy vorige drie kortfilms is by meer as ’n honderd filmfeeste vertoon, insluitend Clermont-Ferrand, Tampere, Message to Man, Palm Springs Shortfest en ZINEBI Bilbao. Sy eerste kortfilm, Versnel (2017), het Beste Kortfilm onder 12-minute by die 7de kykNET Silwerskermfees gewen, terwyl Bergie (2022) die Silwer Tanit by die Carthage-rolprentfees gewen het. Dié twee kortfilms is op Showmax beskikbaar, terwyl sy skarebefondsde kortfilm Plaashuis (2021) op YouTube gekyk kan word.

Dian Weys het ’n MA in filmstudies cum laude aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en is tans 'n gesamentlike PhD-kandidaat aan die Universiteit van Groningen en die Universiteit Stellenbosch, waar hy ook deeltyds doseer.

Skakel na Cannes se amptelike persverklaring: https://cinemadedemain.festival-cannes.com/en/2025/short-films-and-la-cinef-jury-and-selections-of-the-78th-festival-de-cannes/

The post Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: <em>Aasvoëls</em>-kortfilm gaan Cannes toe appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21618

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!