Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Persverklaring: RSG Radioteater se Konneksie op Donderdagaand 1 Mei om 20:00

$
0
0

Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Verbeel jou jy is in 2050 waar Kunsmatige Intelligensie tot jou voordeel... of nadeel kan strek.

Agter: June van Merch, Johan Rademan, Anrich Herbst, Ilne Fourie, Deon Lotz. Voor: Denver Vraagom, Karli Heine en Sharfa du Plessis

Dawid le Roux (Anrich Herbst) is ’n rekenaarprogrammeerder in die jaar 2050. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Dawid word egter gekonfronteer met die kunsmatige wêreld wat hy vir homself skep. Verkies jy eerder ’n kantoor vol mense en ’n lewensmaat of beheerde eensaamheid? ’n Wêreld van tegnologie het voordele, maar ook uitdagings. Die stryd tussen mens en masjien is nog lank nie verby nie.

Marion Erskine, die skrywer, vertel:

In 2024 het ek met groot belangstelling die Hollywood-staking dopgehou. Dit het my laat nadink oor hoe Kunsmatige Intelligensie wêreldwyd gereguleer gaan word – spesifiek in Suid-Afrika. Die vinnige vooruitgang van KI roep ’n belangrike vraag op: Wat as ons dit nie reg beheer nie? Hoe gaan dit ons lewens beïnvloed? En wat doen ons as ons reeds te laat is?

Ek was nog altyd geboei deur stories oor tegnologie en die menslike ervaring. Klassieke werke soos 2001: A Space Odyssey en die film Her het my gefassineer met hul spekulasies oor die toekoms van KI en menslike interaksie daarmee. Ek geniet dit om spanningsvolle radiodramas te skryf en wou luisteraars op ’n avontuur neem – een wat nie net opwindend is nie, maar ook relevant vir die wêreld waarin ons leef.

Met Konneksie vra ek: Wat gebeur as ons grense tussen mens en masjien begin vervaag? En watter gevolge wag as ons nie betyds beheer neem nie?

***

Deon Lotz en Sharfa du Plessis

Deon Lotz, Sharfa du Plessis, Anrich Herbst, Denver Vraagom, Ilne Fourie, Karli Heine en June van Merch sal jou vasgenael voor die radio hou met al die vrae en antwoorde. Die regie is deur Johan Rademan.

Konneksie om jou by jou radio te hou.

Denver Vraagom en June van Merch

Skakel in Donderdagaand 1 Mei om 8 uur op RSG of rsg.co.za, ook beskikbaar as potgooi en op Spotify.

  • KI-prent deur Pete Linforth (Pixabay), foto van Marion Erskine deur Migal van As

The post Persverklaring: RSG Radioteater se Konneksie op Donderdagaand 1 Mei om 20:00 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: RSG Radioteater se <i>Konneksie</i> op Donderdagaand 1 Mei om 20:00 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>