Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025

$
0
0

100 Vlugskrifte aangebied deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025 om 18:00

Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. Aangesien die lede van die Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble hul toelê op die bevordering van Afrikaanse poësie, het die gedagte ontstaan om toonsettings van ՚n honderd Afrikaanse gedigte uit te voer ‒ iets wat natuurlik nie prakties uitvoerbaar sou wees nie. Gevolglik het die leier van die groep, Joanita Erasmus-Alt (wat ook al die musiek vir die groep komponeer), besluit om grepe uit ՚n honderd gedigte in temas saam te voeg. Al die gekose gediggrepe handel oor vlieg en voëls (rooiborsduiwe, bergganse, vertrekkende swaels, poue en makoue, vuurkopvinke, vaalvalke, lagduifies, rooibeen kiewietjies, bont papegaaie en “roomys” flaminke, om maar enkeles te noem). Breyten Breytenbach se bekende woorde “Allerliefste, ek stuur vir jou ՚n rooiborsduif” het as inspirasie vir hierdie keuse gedien.

Die titel van die produksie is 100 Vlugskrifte. Die woord vlugskrif verwys na ՚n kort geskrif (in hierdie geval slegs grepe uit gedigte). Die eerste lettergreep van dié woord skakel nie alleen met die deurlopende tema van vlieg nie, maar ook met Afrikaans se eie merkwaardige “vlug” ‒ van ʼn miskende “kombuistaal” (omgangstaal) tot volwaardige wetenskaps- én literêre taal.     

Meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik. Dit strek van Totius (1877‒1953) se gedig Die wêreld is ons woning nie” tot Heilna du Plooy se gedig “Op ՚n toegegroeide voetpad” uit die bundel Getye van tyd (2023). 

Die siklus is geskryf vir dameskoor met klavierbegeleiding (pianis Lesley-Ann Mathews) en ՚n klein instrumentale ensemble ‒ almal lede van Klinkklaar. Die Bloemfonteinse sangeres Ella Kotzé sluit in een van die items as solis by die groep aan. Die kunswerke in die program en op die plakkaat is dié van Marian Labuschagne, een van die Klinkklaarlede.

100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied. Toegang is gratis, maar vrywillige donasies ten bate van Klinkklaar sal verwelkom word. RSVP by annelien.naln@gmail.co.za

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres. Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar voor die Ou Goewermentsgebou, via die hoofhek vanuit Pres. Brandstraat, of op die teervlak langs die gebou, vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

 

The post Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: <em>Afrikaans 100 Vlugskrifte</em> deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>