Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak

$
0
0

Gys Visser by die Frankfurtse boekefees (foto verskaf)

23 April is deur Unesco bepaal as Wêreldboek-en-kopieregdag. Gys Visser, NB-Uitgewers se hoof van kontrakte en regte, praat met Naomi Meyer oor waarom kopiereg saakmaak. 

Gys, ek wil jou vra oor Wêreldboek-en-kopieregdag. Hoekom maak so ’n dag dan nou saak? Mense wat skryf, sal mos skryf. Hulle kan nie anders nie! Of hoe? Praat asseblief met my oor ons land se skrywers en kopieregwetgewing.

Enige persoon wat inkomste verdien uit die vrugte van hul kreatiwiteit, soos ’n skrywer, benodig wetgewing wat dit vir hulle moontlik en volhoubaar maak. Kopieregwetgewing moet dus aanhou om kreatiwiteit te beskerm en skeppende mense aanspoor om aan te hou skep en vernuwe (want die samelewing in die geheel vind baat daarby).  

Wat het ons land se lesers nodig? En hoe kan ons kopieregwetgewing daarmee help?

Lesers het uiteraard toegang nodig tot leesmateriaal. En gelukkig het die mensdom nog nooit toegang gehad tot soveel inligting soos nou nie – die internet het verander hoeveel ons lees, hoe ons lees, wat ons lees en natuurlik wat ons moontlik kan lees. Toegang tot leesmateriaal is dus nie ’n daaglikse uitdaging vir die meeste mense nie. 

...........
Goeie kopieregwetgewing spoor skrywers aan om te skryf, wat natuurlik beteken dat daar meer leesmateriaal geskep word. Die enigste spanning tussen kopieregwetgewing en die skep van nuwe leesmateriaal is waar skrywers gebruik wil maak van ’n ander se bestaande werk in die skep van nuwe inhoud. Dit is hier waar die idee van “billike gebruik” inkom: Hoeveel mag jy regtens van ’n ander se skepping gebruik in die skep van jou eie?
..............

Goeie kopieregwetgewing spoor skrywers aan om te skryf, wat natuurlik beteken dat daar meer leesmateriaal geskep word. Die enigste spanning tussen kopieregwetgewing en die skep van nuwe leesmateriaal is waar skrywers gebruik wil maak van ’n ander se bestaande werk in die skep van nuwe inhoud. Dit is hier waar die idee van “billike gebruik” inkom: Hoeveel mag jy regtens van ’n ander se skepping gebruik in die skep van jou eie? Hier voel ek ons kan baat by baie meer opvoeding en bewusmaking. Baie mense dink verkeerdelik dat kopieregbeskerming absoluut is (ons wetgewing maak voorsiening vir uitsonderings), net soos wat daar weer baie is wat dink alles op die internet is openbare-domein-inhoud wat dus gebruik kan word sonder om te betaal of selfs toestemming te vra. As ons meer duidelikheid hieromtrent kan skep, is ek oortuig die spanning sal oor tyd vervaag. 

Gaaf, so kopieregwetgewing gaan oor beskerming, sowel as toegang. Regte moet gereguleer word, skrywers moet aangemoedig word om nuwe en oorspronklike werk te lewer, en die wet moet dit op hierdie manier uitstippel (en die howe moet dit korrek interpreteer). Lesers het toegang tot boeke nodig – maar nie onbelemmerde toegang sonder om ’n sent daarvoor te betaal nie. Wat dink jy van ons huidige, verouderde, kopieregwet (oftewel Wet op Outeursreg) en hoe dit hierdie sake aanspreek?

Die Wet op Outeursreg 98 van 1978 is ’n goeie wet wat strook met al die groot internasionale verdrae (en dit dus vir ons as Suid-Afrikaners moontlik maak om internasionaal deel te neem en mee te ding in die kreatiewe bedrywe, asook vir groot internasionale maatskappye om hier te belê). Soos jy waarskynlik kan aflei uit die titel, is die wet wel verouderd. Dit is opgestel in ’n era voor die internet, en alhoewel dit nog voldoende beskerming bied, maak dit nie spesifiek voorsiening vir van die uitdagings wat ons in die moderne era beleef nie. Maar of jy nou ’n boek fotostateer en op straat versprei of ’n e-boek kraak en oor WhatsApp versprei, outeursregskending bly outeursregskending, en die wet se definisies is wyd genoeg om dit te ondervang en die betrokke individue aanspreeklik te hou.

............
Maar of jy nou ’n boek fotostateer en op straat versprei of ’n e-boek kraak en oor WhatsApp versprei, outeursregskending bly outeursregskending, en die wet se definisies is wyd genoeg om dit te ondervang en die betrokke individue aanspreeklik te hou.
...............

Daar is wel nuwe en interessante konsepte wat jy vind in die Europese Unie se jongste wetgewing, soos "the right to communicate to the  public", wat die nuwe Wysigingswetsontwerp op Outeursreg beoog om in ons reg staande te maak. Dit gee meer beheer aan die kopiereghouer oor hoe hul werk versprei kan word, en is veral belangrik in ’n digitale wêreld. Dit het nie soveel betrekking op boeke nie, maar die implikasies vir iets soos foto’s is vir my baie interessant (as ’n groot fotografieliefhebber). In die praktyk beteken dit dat as jy byvoorbeeld toestemming aan een webwerf gegee het om jou foto te gebruik, ’n ander webwerf nie die foto ook mag gebruik sonder om weer by jou toestemming te kry nie (dit het implikasies vir byvoorbeeld media-instansies wat soms lukraak foto’s van sosiale media af gryp). Maar daar is natuurlik ook geen waarborg dat dit by ons dieselfde geïnterpreteer sal word as in Europese howe nie. 

So om saam te vat: Die huidige wetgewing bied die nodigste beskerming, maar daar is definitief ruimte vir uitbreiding – veral met inagneming van die internet en alles wat dit moontlik maak.      

Praat met my oor die Kopieregwysigingswetsontwerp wat laat in Meimaand (weer) voor die President gaan wees om onderteken, se houding oor “fair dealing” teenoor “fair use”.

Ons kopieregwetgewing, soos die meeste ander in die wêreld, volg ’n stelsel genaamd "fair dealing" (bogenoemde “billike gebruik”). Dit beteken dat werke wat beskerm word deur kopiereg, gebruik mag word in sekere gevalle waar, sal ons sê, "die doel die middel heilig". Klousule 12 van die Wet lys gebruike soos kritieklewering of beriggewing, waar dit regverdig sou wees om ’n beskermde werk te gebruik sonder toestemming en/of betaling mits dit binne daardie gelyste kategorieë val. Hoeveel jy mag gebruik, bly steeds ’n ope vraag, en daarom word daar van "fair dealing" gepraat as ’n skild en nie ’n swaard nie – jy het nie ’n outomatiese reg om dit te doen nie, maar wel ’n voet om op te staan sou die kopiereghouer jou beskuldig van kopieregskending (dis net om misbruik te voorkom).    

Die Wysigingswet behou "fair dealing", maar sit ’n uitsondering by vir opvoedkundige gebruik en gooi dan die lys wyd oop deur die woorde "such as" vooraan die kategorieë te plaas – skielik is dit dus nie meer ’n geslote lys nie en is die sekerheid wat dit aan alle partye sou verleen weg.  

.............
Die Wysigingswet behou "fair dealing", maar sit ’n uitsondering by vir opvoedkundige gebruik en gooi dan die lys wyd oop deur die woorde "such as" vooraan die kategorieë te plaas – skielik is dit dus nie meer ’n geslote lys nie en is die sekerheid wat dit aan alle partye sou verleen weg.  
..................

Die Wysigingswet bring ook die konsep van "fair use" in ons reg in. Dit het meer as ’n eeu gelede in die VSA ontstaan in die dae toe hulle (en hul regsisteem) grootliks afgesonder was van die res van die wêreld. Dit het geen lys uitsonderings nie – dit behels dat jy kopiereg kan skend, en indien jy beskuldig word van kopieregskending, moet ’n hof beslis of dit wel so is. Dit maak dus staat op konstante litigasie en bevoordeel die party met meer geld en mag. Die groot tegnologiemaatskappye in Kalifornië is groot voorstanders van hierdie leerstuk, omdat dit hulle so bevoordeel. Hul sakemodel is daarop gebou om soveel inhoud as moontlik te bekom, dit gratis beskikbaar te stel aan soveel mense as moontlik, en dan geld te maak uit die advertensies wat die inhoud omring. So die oomblik dat hulle vir inhoud moet begin betaal, vreet dit in hul winste in. Daar is dus, soos ek al geskryf het, ’n groot risiko dat Suid-Afrikaners se intellektuele eiendom basies onteien kan word. 

.............
Indien die Wysigingswet nie geheel en al afgeskiet word deur die regters in die Konstitusionele Hof nie, is nie net die kreatiewe bedrywe in Suid-Afrika baie kwesbaar vir uitbuiting nie, maar ons ekonomie in sy geheel.
...............

Indien die Wysigingswet nie geheel en al afgeskiet word deur die regters in die Konstitusionele Hof nie, is nie net die kreatiewe bedrywe in Suid-Afrika baie kwesbaar vir uitbuiting nie, maar ons ekonomie in sy geheel. Die rede daarvoor: Kopiereg beskerm nie net skrywers nie, dit maak ook die skep van nuwe sagteware moontlik. "Fair use" is dus verdoemend vir enige persoon wat enige vorm van skeppende werk doen of in ’n bedryf werk wat daarvan afhanklik is.

Net die uitsondering vir opvoedkundige gebruik op sy eie sal ’n enorme ramp wees. In 2012 het Kanada (wat ook die "fair dealing"-leerstik volg) so ’n uitsondering bekragtig en oor die laaste dekade het hul hele uitgewersbedryf in duie gestort. Soos in enige land is opvoedkundige boeke die lewensbloed van die bedryf, en soos dit dramaties begin kwyn het, moes meer en meer uitgewerye hul deure sluit, die ekonomie het miljarde verloor, en duisende mense is hul werk kwyt. So baie rus op die skouers van daardie 10 regters wat oor ’n maand ’n baie groot besluit moet neem.

Watter aspekte behoort op hierdie stadium deur wetgewing aangespreek te word, in ’n ideale wêreld? Moet die wet byvoorbeeld iets spesifieks ten opsigte van KI bepaal, of is daar reeds genoeg hofuitsprake en aspekte van ons wet wat gedeeltelik bevredigend is en wyd genoeg geïnterpreteer kan word om reeds iets van KI te ondervang? (Ek dink sommer vinnig aan 1995 se Payen Components v Bovic Gaskets waar die hof destyds reeds ’n onderskeid getref het tussen rekenaargegenereerde en rekenaarondersteunde werk.) My vraag is eintlik wat jy dink in die wet behoort te verander – en of sekere baie nuwerwetse ontwikkelings nie reeds deur ons bestaande wet en hofuitsprake aangespreek kan word nie? 

Naomi, ek dink mens moet onderskei tussen die bestaande wetgewing en die implementering daarvan. Buiten ons Wet op Outeursreg is daar ook wetgewing wat kuberveiligheid en onregmatige verspreiding aanspreek, en tussen hulle gee dit aan ons polisie genoegsame mag om diegene wat ander se intellektuele eiendomsreg skend te vervolg. Maar hul kennis en mannekrag is beperk. Daar is ’n klompie van ons in die land se kreatiewe bedrywe wat nou saamwerk om hierdie leemte aan te spreek, maar dit gaan tyd neem. In die Verenigde Koninkryk het hulle byvoorbeeld PIPCU (Police Intellectual Property Crime Unit), wat net sulke misdade ondersoek. As ek die mag gehad het, sou ek vir eers die oprigting van so ’n eenheid prioritiseer bo nog wetgewing.  

Die regering is besig om die moontlikheid van KI-wetgewing te ondersoek, wat in beginsel goeie nuus is. Maar mens is bang hulle kom weer onder die invloed van die groot tegnologiemaatskappye (soos met bogenoemde wysigingswet), wat ook uiters nadelig sal wees vir Suid-Afrika en sy talle kreatiewe bedrywe. En as jy kyk wat nou in die Verenigde Koninkryk aangaan, is dit ’n baie realistiese scenario. Die tegnologie beweeg ook so vinnig dat dit amper onmoontlik is om goed te reguleer. 

Ek dink ons moet nog so vyf jaar wag – die EU het verlede jaar hul langverwagte KI-wet stuk vir stuk begin uitrol, en ons moet eerder wag en kyk watter lesse uit die implementering daarvan geleer kan word.

Lees ook:

Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels

Outeursreg van ’n gedig en KI – Hugo, bel die polisie!

Copyright Amendment Bill: Authors unite

Wysigings aan die kopieregwetgewing: Gys Visser werp lig op die probleme met die "fair use"-leerstuk

Press release: World Intellectual Property Day ‒ Update from South Africa

Kopiereg en billike gebruik vir leke

Submission in opposition to the current Copyright Amendment Bill

Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (CAB): Die dreigende gevaar wat Suid-Afrika se kunste kan knak

Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet

The Copyright Amendment Bill: an interview

Press release: No impact assessment underlying the economically destructive Copyright Amendment Bill

Wat elke skrywer moet weet: Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke

The Copyright Amendment Bill: an interview with Sadulla Karjiker

The post Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak first appeared on LitNet.

The post Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!