Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21663

Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025)

$
0
0

Die besluit van die DA om nie die 2025/26-begroting te steun nie en daardeur ’n krisis in die regering van nasionale eenheid te veroorsaak, het op 22 April ’n Kaapse draai in die howe gemaak. Die DA het besluit om ’n interdik aan te vra om die BTW-verhoging na 15,5% ongrondwetlik te verklaar. Die DA is in hulle aansoek gesteun deur die EFF, wat op sigself ’n baie interessant besluit was.

Die aangeleentheid het talle invalshoeke wat deur die regters beslis moet word en daar is ’n sperdatum van 1 Mei 2025 om te bepaal hoe die komplekse saak hanteer gaan word.

  • Dit is nie net ’n politieke skougeveg nie; dit is deels administratiefreg, want indringende vrae word gevra oor die korrekte administratiewe prosesse in die verskillende parlementêre portefeuljekomitees.
  • Dit is deels konstitusionele reg in terme van hoe en wat die politieke partye beloof het en wat gelewer is.
  • Dit handel deels oor ondernemings van die minister van finansies wat hy nooit werklik beplan het om uit te voer nie, ten spyte van sy ondernemings aan ActionSA in die verband.

Soos dinge nou op 23 April 2025 staan, word die BTW-verhoging op grond van die magte wat in die minister van finansies setel, op 1 Mei 2025 fait accompli en word dit verder verhoog in 2026. Wat was dan die doel van die intense debatte in die Kaapse Hooggeregshof waar interessant genoeg, die regering aan die een kant hul saak gestel het en dieselfde regering dit aan die ander kant afgeskiet het? ’n Kwessie van RNE vs RNE!

Op 6 Mei 2025 moet die begroting oor die tweede hekkie kom, nadat die ANC ’n aantal kleiner partye kon oorreed om die begrotingsraamwerk te aanvaar in die parlement. Dit is die tweede hekkie wat op 6 Mei voorlê om die begrotingstoekennings goed te keur. Dié toekennings sal bepaal wie kry wat op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke van regerings en staatsdepartemente.

Die regters wat die saak aangehoor het, het aangedui dat hulle voor 1 Mei hulle beslissing sal gee. Twee of drie scenario’s is hier moontlik.

  • In scenario een kry die DA en die EFF gelyk op die meriete van hul saak en die begroting word terugverwys. In die openbaar is die ANC gekant teen die uitkoms, maar heimlik hoop hulle die DA se besluit help hulle uit die BTW-verknorsing.
  • In scenario twee speel die regters veilig en wys foute in die proses uit wat reggestel moet word, maar die begrotingsproses verloop dan normaal verder.
  • In die derde scenario word die EFF en DA se saak beskou as nie dringend nie en keer die onsekerhede in die politiek terug na die nuwe normaal van blywende onsekerheid.

Die hoofsaak is dat die RNE vir nou gaan voortbestaan en dat die DA gaan aandring op groter seggenskap met betrekking tot finansiële beleid en begrotingsake. Daar is egter nog die 1ste Mei 2025 wat ons sal moet deurstaan ten opsigte van die stemme in die ANC en geledere oor die rol van die DA in die RNE. 1 Mei is een van die belangrikste politieke mobiliseringsdae op die ANC/SAKP/COSATU-kalender. Die politieke retoriek gaan omvangryk en hiperkrities wees, maar ek twyfel of dit die feit dat die wind wes waai gaan beïnvloed.

The post Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025) first appeared on LitNet.

The post Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025) appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21663

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>