Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21793

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Maart

Boeke: Brave like me! ’n verhaal van moed en verandering

3 Maart

Resensie: Dooies se lesse vir lewendes
Stefaans Coetzee resenseer Outopsietafel deur Ryan Blumenthal

Resensie: Elizabeth gaan jou bybly
Ilza Roggeband resenseer Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer

Resensie: Leeumens bevestig opnuut bedrewenheid
Francois Bekker resenseer Leeumens deur Rudie van Rensburg

4 Maart

By my lees | Jaco Jacobs

Boeke: Striped pyjamas se John Boyne neem deel aan Franschhoek-fees

Boeke: Karolina Ferreira praat eersdaags Bulgaars
Oor suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

8 Maart

By my lees | Lodewyk G du Plessis

10 Maart

Boekevat: Skermgrepe het ons behoorlik lui gemaak
’n Rubriek deur Willemien Aukema

Resensie: ’n Verhaal wat wil-wil werk
Anschen Conradie resenseer Joey Superster deur Margaret Gardiner

Resensie: Hell Run heerlike avontuur
Jonathan Amid resenseer Hell Run Tobruk deur Justin Fox

Resensie: Intermezzo ’n fyn uitgewerkte skaakspel
Martin Laubscher resenseer Intermezzo deur Sally Rooney

Uittreksel: ‘Verlore kinders vol heroïen in die voorstede’
Uittreksel uit Addict deur Milton Schorr

13 Maart

Boeke: Margaret Gardiner se debuutroman: ’n Legkaart, nie oor haar nie, maar oor wat sy ken

15 Maart

By my lees | Marion Erskine

16 Maart

Boeke: As kultuurmens aard die digter Carina van der Walt in Nederland

17 Maart

Resensie: Mevrou heerlike knuskrimi
Sonja van der Westhuizen resenseer Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag deur Elizabeth Wasserman

Boekevat: Daar’s ’n Nuwe Afrikaanse Boek op die rak!
’n Rubriek deur Jeanette Serdyn

Resensie: Baker-biografie dalk meer vir ingewydes
Johann Kriegler resenseer Sir Herbert Baker deur John Stewart

Resensie: ’n Besonderse blik op Shaka
Joan Hambidge resenseer King Shaka deur Johann Lodewyk Marais

Uittreksel: Veroudering is ’n tyd van minder maak en afstand doen

18 Maart

Boeke: Te-mid-de van die hartseer: Illustrasies in Japanse ink maak dié bundel die wag werd

19 Maart

Boeke: Mag van woorde opnuut gevier op die 28ste Time of the Writer-fees

21 Maart

Profielonderhoud: ‘Die jong wit mans met slegte idees pleeg die rasmoorde’
Murray La Vita praat met Gavin Evans oor sy nuwe boek.

22 Maart

By my lees | Stevlyn Vermeulen

24 Maart

Resensie: Boeiend, met voorbehoud
Jonathan Amid resenseer Klein wonderwerk deur Hans du Plessis

Boekevat: Om te ‘smaakmaker’ of ‘toep’, dít is die vraag
’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: Fleming, Ian Fleming, met liefde aan die leser
Dee Krüger resenseer Ian Fleming – The complete man deur Nicholas Shakespeare

Resensie: Onopgesmuk en toeganklik
Anschen Conradie resenseer Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler

28 Maart

Franschhoekse Letterkundefees: Leer by skrywers oor KI, misdaad en meer

Lees weer | Johann de Lange en ‘die algebra van nood’
’n Profielonderhoud deur Murray La Vita

Boeke: Kortlyste van Akademie se letterkundepryse bekend

29 Maart

In memoriam: Digter Johann de Lange sterf: ’n Kolos in sy eensaamheid

31 Maart

Resensie: Groot oomblik vir die Afrikaanse vertaalkuns
Charl-Pierre Naudé resenseer Max Havelaar deur Multatuli – uit Nederlands vertaal deur Ena Jansen

Boekevat: Selfs groot digters kan goed kleinserig wees
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Uittreksel: ‘Uiteindelik is ek vry van vrees en angs’

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie

Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman

Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie

’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan

Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk

Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk

Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter

Marion Erskine: "Ek is die rykste mens in die wêreld"

Waarom Donkerster goeie leesstof vir die skoleherfsvakansie is: ’n onderhoud met Annerle Barnard

Apartheidshuwelik blom nóg na 33 jaar, ’n onderhoud met skrywer Carla van der Spuy

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Maart in Rapport verskyn:

2 Maart

Resensie: Só praat Trevor Noah se kinderboek moet ons
Magdel Vorster resenseer Into the uncut grass deur Trevor Noah

Resensie: Hans du Plessis se laaste roman belig stryd teen ouderdom
Mercia Coetzee resenseer Klein wonderwerk deur Hans du Plessis

9 Maart

Resensie: Blik op boosheid kon helfte korter en meer broeiend wees
Jonathan Amid resenseer Ontvoer deur Constant van der Merwe

Resensie: Knap-vertelde Herbert Baker-biografie boei
Jan-Jan Joubert resenseer Sir Herbert Baker: A biography deur John Stewart

16 Maart

Resensie: Lekkerlees-verhaal oor ’n misterieuse meisie met cool sokkies en ’n gevaarlike geheim
Magdel Vorster resenseer Die fantastiese verdwying van Charlie Prins deur Jaco Jacobs

23 Maart

Uittreksel: ‘Kyk na haar hare, sy gaan skei’: die leidrade wat dooies – én lewendes – ons gee
Uit Outopsie deur Ryan Blumenthal

Resensie: Die tantes wat dink aan moord
Joan Hambidge resenseer Die vyf susters deur Eleanor Baker – as Alex Muller

Resensie: Boek nommer drie is Mevrou Smit se beste storie nog
Jonathan Amid resenseer Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag deur Elizabeth Wasserman

30 Maart

Resensie: Bookerprys-wenner belig ons aardse broosheid
Carien Smith resenseer Orbital deur Samantha Harvey

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Margaret Gardiner se eerste roman

 Die volgende resensies en onderhoude het in Maart onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

2 Maart 

Orania as antwoord op Afrikanervervreemding 
“Die sosialisties-kommunistiese kant wat ons tans beleef, druk op my ʼn groepsidentiteit af wat nie my taal toelaat nie, wat nie vir my leefruimte gee nie, wat my inperk en wat ek striemend beleef het.”

5 Maart 

Boekoorsig: Bybelblokraaie 2
Hierdie boek is ideaal vir individue, gesinne of Bybelstudiegroepe wat hul kennis wil uitbrei en terselfdertyd lekker wil ontspan.

15 Maart

Oud-onnie skryf vir kinders oor Fênsie Muis  
“Onderwys gaan vir my nie daaroor om kinders net inhoud te leer nie. Ek wou hulle ook inspireer en motiveer om selfstandig te dink en hul eie kreatiwiteit te benut en te geniet.”

16 Maart

Video | Margaret Gardiner vier vroulike veerkragtigheid met debuutroman  
“Die karakter is dalk ʼn supermodel, maar die manier waarop sy haarself dra en die uitdagings wat sy moet trotseer, is van so ʼn aard dat selfs dié van ons wat nie só in die kollig leef nie, steeds met haar sal kan vereenselwig.” 

Kyk hier na die volledige onderhoud.

17 Maart

Grenslyn en die pad na selfinsig 
“My doel met die boek was om vir lesers ʼn idee te gee van hoe die binnewêreld werk van iemand wat grenstipe-persoonlikheidsteuring het.”

23 Maart

Van veearts tot digter: Ma se slaaptydstories omskep in ʼn boek
“Ons kan beslis by diere iets leer oor opregtheid en hoe om onsself fisies en geestelik op te pas.”

Boekresensie | Van trekboer tot aanhouer, maar was dit die regte ding? 

Landuit, want jy wil mos is ’n moet-lees. Of jy nou emigrasie oorweeg en of jy familie het wat oorsee woon. Daar is genoeg ligter en mooi oomblikke vir balans.”

30 Maart

Klein wonderwerk presies soos Hans dit wou hê”
“Ek was gerus dat hy alles gesien het, dat hy sou voel die boek is afgerond en hy het gedoen wat hy kon.”

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

16 Maart

Olivia M Coetzee se debut noir novel, Innie shadows, onnerie spotlight by Cape Flats Book Festival
Deur Keith Oliver Lewis

’n Onderhoud met Louise Viljoen oor Antjie Krog
Deur Natasha Harmse

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Dinsdag 4 Maart

Ronél Geldenhuys lees gedigte voor oor kinders, spesifiek oor hoe hulle onblusbare energie en bandelose menswees ons inspireer om die wêreld ook weer ’n slag soos húlle te sien: as ’n wonderlike plek, vol moontlikhede en magic.

Dinsdag 11 Maart

As ’n mens deesdae na Johannesburg kyk, is dit moeilik om te glo dat dié wêreldstad in die laaste sowat 140 jaar van ’n enkele delwerskamp gegroei het tot wat dit vandag is. Sophia van Taak en voorlesers Jana Kruger en Anrich Herbst delf diep in Jozi se verlede en karakter. Daar’s gedigte oor die goudkoors en die ou dae se lewe aan die Witwatersrand om na uit te sien.

Dinsdag 18 Maart

In die vorige aflewering het Jana Kruger en Anrich Herbst gedigte oor Johannesburg se verlede voorgelees – verse wat verduidelik hoe die goudstormloop tot die ontstaan van ’n wêreldstad gelei het. Hierdie keer vertel die gedigte wat ná die goudkoors verby was, van Johannesburg oorgebly het.

Dinsdag 25 Maart

Ronèl Geldenhuys lees gedigte voor oor geure, klanke, reuke, smake… alles wat jy met jou sintuie ervaar. Veral Sheila Cussons het baie oor haar sensoriese waarnemings gedig. Daar is ook gedigte deur TT Cloete, Meyer van Rensburg, Ingrid Jonker en George Weideman.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 4 Februarie

Sophia van Taak verken in die eerste van twee aflewerings saam met voorlesers Karli Heine en Albert Maritz die wonders en geheimenisse van die oseaan, asook die dramas wat op die oppervlak, en diep onder die branders, afspeel.

Dinsdag 11 Februarie

Laasweek het ons geluister na gedigte wat die see se wonders en geheimenisse beskryf. Hierdie keer handel die gedigte oor sy verwoestende krag, en die gevare wat die dieptes inhou. Die voorlesers is Albert Maritz en Karli Heine.

Dinsdag 18 Februarie

Luister na die allermooiste gedigte oor blomme! Daar is verse deur Petra Müller, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau en nog ’n hele paar ander groot digters. Die voorleser is De Klerk Oelofse.

Dinsdag 25 Februarie

Die maand waarin die liefde op elke manier gevier is, is amper verby. Voorleser Nicole Holm roer die hartsnare vir oulaas met voorlesings van die allermooiste Afrikaanse liefdesverse. Daar is werke deur Antjie Krog, Luis Esterhuizen, Ronelda Kamfer, Bibi Slippers en Pieter Odendaal.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

10 Maart

Resensie: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop (Ronel Foster, red)
Resensent: Marlies Taljard

13 Maart

Onderhoud: Johann Lodewyk Marais in gesprek met Karel Prinsloo oor sy digbundel, Dalk vandag

17 Maart

Resensie: Dawerende stiltes (Caren Kearley)
Resensent: Nini Bennett-Moll

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Maart verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elizabeth Wasserman oor Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Asia Mackay oor A serial killer’s guide to marriage

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Obie Oberholzer oor Going Dutch

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Karen Vermeulen oor Good luck to us all

Resensie: Phyllis Green resenseer Esther Mahlangu To paint is in my heart deur Thomas Girst, Azu Nwagbogu & Hans Ulrich Obrist

Resensies: 5 Boeke belig geskiedkundige gebeure deur fassinerende karakters

  • Olga Krügel resenseer Rooisand deur Jeremy Vearey
  • Sonja van der Westhuizen resenseer Costanza deur Rachel Blackmore en The Figurine deur Victoria Hislop
  • Tina Swiegers resenseer The Plant Hunter deur T.L. Mogford
  • Nadia de Jongh resenseer The Divorcées deur Rowan Beaird

Boeke: Phyllis Green skryf oor die musiekblyspel, Diary of a Wimpy Kid, gegrond op die gewilde boeke

Boeke: Bekende Britse akteur en plaaslike veekundige se boeke sien die lig

  • Alida Vos resenseer Deadly Game deur Michael Caine
  • Irma Steffens resenseer Mamba deur Pieter Henning

Resensie: Alida Vos resenseer Die laaste dae deur Marie Heese

Resensie: Karien Labuschagne resenseer Robert Galbraith se Troubled blood, The ink black heart en The running grave

Resensies: 4 Boeke verleen perspektief aan gebeure wat deur die nuus gedek word

  • Susan Puren resenseer Hunting with the Hawks deur Graham Coetzer en Endgame deur Omid Scobie
  • Linda Volschenk resenseer 21 Voices from Israel and South Africa: Why the Palestinian struggle matters deur Marthie Momberg
  • Gert Venter resenseer The longest march deur Fred Khumalo

Resensie: Antonio Cantoni resenseer Sarah J Maas se Crescent City-reeks

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025 first appeared on LitNet.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21793


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>