Ek kan onthou hoe ôs as kinnes altyd geproebee het om welbekende Amerikaanse songs oor te skryf in Afrikaaps, of “slang”, soes die taal daai tyd genoem was tussenie mense. Soes ôs die songs oo geskryf het en wee gesing het, was dit niks mee vi ôs as jokes en lekke laggie. Nou by dié tyd het die meeste van julle al sieke gelies van die movie Noem my Skollie, wan dis op amal se lippe, even die Oscars’ sinne. Ek hettie veel gedink toe my Facebook-muur begin praat het oo Noem my Skollie nie. Ek het gedink, ag wat, dis maa net wee nog ‘n kallid namaaksel van gangster wies oppie Kaapse Vlaktes. Ek het gedink nog ‘n Four corners met ‘n storielyn van hoe kallid klongens se liewens opgemors word deur gangs en drugs.
Ek was vekeerd. Ek het dit besef die moment toe die movie begin het.
Soes ek daa gesit het in ry E, sitplek nomme een, het ek in spanning gewag vi die movie om te begin. Ek maak altyd sieke dat ek die sitplek naaste aan die trappe vat, dis gouer en makliker om te ontsnap assie movie klaa is. Ek probee my rus vind, maa die excitement is te veel en ek gaan check soelank my e-mails en Facebook wat ek vyf minute geliede gekyk het. Ek sit my phone op silent, wan wat is meer irriterend dan ‘n phone wat afgaan innie middel van ‘n movie.
Ek kyk tyd-tyd op na die wit skerm en na die mense wat om my hulle sitplekke ingeniem het. Skeins voo my sit ‘n outjie. Hy sit opgepof met die dikste jacket aan. Ek besluit toe dat hy lyk na daai outjies wat baiskoup toe kom met die videokameras onne hulle groot jackets gebêre. Ek bid dat hy nie daai soort issie, wan ôs se “skolliehood” het onnesteuning nodag.
My aandag wôt getrek na die aantal mense wat om my die sitplekke opgevul het. Ek is vebaas. Ek gaan altyd na die 11-uur show, wan gewoontlik is daa minne mense. Mens kan mee konsetrate op die movie as die geraas om jou. Dié keer sit daar soe 30 plus mense in die baiskoup en daa is nog wat nog inkom. Ek dink toe dat dié moet mee as die gewone baiskoup experience wies, vi hulle. Wan vi ‘n baiskoup om soe vroegdag vol te wies is mossie ‘n gewoonte nie.
Gewoontlik sal ekkie lekkegoed by die baiskoup se tuckshop koepie. Dis heeltemal uit my budget uit. Dié kee voel dit spesiaal en ek maak toe die duur besluit en koep toe die movie-popcorn special.
Die baiskoup se ligte, wat nou al heeltyd nog brand, word afgesit en alles raak donke. Djy hoo net hoe giggel en fluiste die mense om jou. Daa kou een nog popcorn, hier suig ieman die laaste bietjie ys van hulle slush puppy, en aan die boekant hoes ‘n nogge ene aan die korrel spice wat innie vekeere lugpyp afgedwaal het. Die wit skerm word gevul met rollende prente. Dissie trailers.
Daai was ‘n paa wieke trug, maa die heeltyd kan ekkie die movie uit my kop uit kry nie. Behalwe die feit dat dit nog heeltyd getrend het op my Facebook-muur. Vedag sit ek in ‘n sonkame met die leptop op my skoot. Ek besluit dat vedag die dag is wat ek klaa skryf wat Noem my Skollie binne in my begin het. Die plaag wat kaalvoet sirkels loep in my kop, moet ek liewer op die blad kry. Daai ding se naam is “storie” en wat dit bring. Kyk nou vi Noem my Skollie. Ek het gedink ek gat kyk ie gewone storie wat altyd gemaak wôt oo die Flets, but ek was heeltemal geskok en vebaas soes ek daa gesit het in daai baiskoup. Ek was soe gedra deurie movie laat ek selfs die kredits gelies het. Dit het gevoel dat om daa te staan en kyk soes daai laaste naam van die skerm af rol, dat ek daai mense die ee gegie het wie amal deel was om soe ‘n masterpiece te maak. Noem my Skollie het emosies in my oepgemaak wat my gevolg tot ek daai aand in my bed geklim het. Dit het in en uit my kop geklim vi die afgelope drie wieke. Noem my Skollie het in meer as twie ure in my kom los die riedes hoekom taal, stories en geskiedenis soe belangrik is vi ‘n mens. Die tema wat ek nou al die afgelope vier rubrieke mee geworstel het.
Trug iewers tussen 2009 en 2010 was ie eeste kee wat ek vi Diana Ferrus hoo praat het. Dit was oek ie eeste kee toe ek bekend gestel was aan ‘n vrou soes sy. Sy was deel van ‘n paneel van vroueskrywers. Amal het gekom van veskeie agtegronde, but die een ding wat hulle geconnect het, was ie feit dat hulle amal een of anne tyd in Engels geskryf het. Moet my nie vekeerd vestaan nie. Dissie ‘n slegte dingie. Skryf soes djy wil. Wat my aandag beet gehad het, was ie vrou wat soes ie “antie langsaan” gelyk het. Ek was geïnspireerd om Diana daa te sien, met haa “kleurlingvel”, met daai Khoi-bloed wat in haa stem vibreer het. Dit het my laat wonne oo myself as skrywer en watte deel ek moet speel in die literature wêreld van Suider-Afrika. As ek net soes sy kan wies.
Dis oek gedurende dié jare wat ek my “poetry stem” op die vehoog loep soek het. Ek onthou my eeste aand op stage baie goed. My hart het gebiewe, my ore was toe vannie nerves. Elke tree wat ek gegie het, was daa nie ‘n korreltjie selfvetroue nie. Ek kan onthou hoe ek trug by my flet gekom het, na die opvoering, en besef het dat deur al die nerves het ek vegiet om my flet se deur te sluit. Ek het gelag vi myself, but oek op iie selfde tyd het ek gewonne of public poetry rêrig die ding was vi my as ek dan soe my liewe in gevaa stel.
Nou na al daai senuwees op stage het ek nie op enige tyd gedink aan my taalgebruik en hoe dit my lei op stage ie. Daai aand toe ek vi Diana op daai paneel ontmoet het, was dit soes ‘n revelation vi my: ja, ek moet skryf, en skrywe soes sy, oo dinge wat belangrik is. Sy het gepraat oo haa werk van Sara Baartman, en die pad wat sy gestap het deur haa wêk. Nou soes mens mos maa aanstap en die liewe lei, is daa baie min tye wat mens krities dink oo goed, at least vi my was dit soe. Dit was net gedurende oomblikke soes daai, waa ek gesit en luiste het na anne mense wat dinge hulleself uitgebrei het in my kop. By die vrae-en-antwoorde-sessie stel ek toe ‘n vraag om te vestaan hoekom sy nie in haa huistaal skryf nie. Haar antwoord was een wat praat van om nie mense te exclude uit haa wêk uittie. Ek het dit vestaan, but op die selle tyd was daa daai ongemak wat sitplek kom vat het binne-in my. Ek het vestaan hoeveel sense daa is om ‘n gedig soes “I’ve come to take you home” moes in Engels geskryf wôt. Ek het vestaan dat dit is biete vi amal as ôs mekaa include. Ek het oek daai tyd te min geken van ie vrou, wie skielik my niewe© held was. Nog steeds het ek gevoel, mense soes sy moet net in ie huistaal skryf. Wan daai gevoel wat ek gekry het, het nettie reg gesit binne-in my nie. Ek het gevestaan, but daai ongemak was nog steeds daa, en dis een van die riedes hoekom ek ophou skryf het. Aan ie anne kant was daai ongemak oek deel van ie riede hoekom ek wee begin skryf het. Ek bedoel hoekom mag ek ie in Engels skryfie? Daai gevoel is oek die riede hoekom ek vedag skryf soes ek skryf, in ie taal waamee ek opgegroei het.
Wat doen taalgebruik vi ‘n mens se siel? Jou moeder se taal, die een wat djy gehoo et toe djy nog styf in hai sakkie wate gelê het, nege maane voo jou geboote. Die ritme van daai taal wat om jou gevou het, soes die mense oo jou gekoe het. Die taal wat jy jou eeste stories in gehoo et. Watse stories lê in jou taal en hoekom is dit dat ôs soe diep geraak word, wanne ôs ôs se moedetaal hoo? Dink gou net, hoe die stories wat djy deur jou liewe geabsobee het, jou menswies gevorm het. Dink oek daa aan hoe djy taal gebruik om stories te vetel. Imagine vi jou as jou gunstelingboek of film of song nie in jou taal geskryf was ie. Sal dit dan jou gunsteling gewies het? But wat is dit wat mense soe vas hou in hulle taal? Wat van die taalgebruik in Noem my Skollie? Vi my het dit nettie gegan oo die gangste taal wat hulle innie tronk gepraat hettie. Daa was iets van die ritme van woode wat die mense buite die “vier hoeke” gepraat het wat my gehou het. Ampe soes ‘n ma-figuu wat haa baba styf tien haa boesem vashou. Daa wassie ‘n need vi my om te voel soes ekkie belongie. Ek was by die huis, en ek was veilig. As ‘n mens ‘n ding in enige anne taal as jou eie hoo, dan is daa mos soeveel baie dinge wat velore gaan? Taal is ‘n towenaa op haa eie.
Nou ek was geseënt om gebore te wôt in ‘n huis waa daa ‘n TV was. ‘n Mens dink mossie rêrig aan die blessings wat mens hettie. Daa wassie ‘n dag wat ekkie voo die TV gelê hettie. Even innie tyd toe innie strate speel nog die in ding was, sou ek eede vekies het om TV te kyk. Vedag se kinnes ken min van dit. Soe van kleins af was ek voo gestel aan die digitale wêreld soes it begin het. TV het my voogestel aan wêrelde wat ek nog nooit kon gedroem het van nie. Dit het my bekend gemaak aan stories van anne wêrelde. Ek kan onthou die eeste kee wat ek Engels gehoor het, was oppie TV en nie in ‘n boek nie. In die ra-ra van ie TV-series Dynasty, met die wit Amerikaners gedress in hoë blonde pruike, groot blou oë en lang geverfde naels. Selfs wanne daa die TV was, kan ek onthou hoe ek altyd dit mee vekies het om net soe om my ma en haa vrinne te draai. Ek was die official koffiemake. Enige iets sou ek doen net soedat ek daa kan wies om te luiste na die daaglikse vehale wat tussen my ma en haa vrinne gedeel was. Daa was altyd “something good” wat weggestiek was in daai geselsies. Ek wiet dit klink of ek ‘n baie biesage kind was, but daai stories wat ek gehoo het, was biete as ienige goeie TV. Ek het net daavan gehou om te hoo van antie-dié of oem-daai wat dit of dat gemaak het. Ek het my vewonne aan ie stories wat deu my ma-hulle gerangskik was in my mind. Soes hulle vetel het van toe hulle jonk was, die klere wat hulle gedra het, die plekke waa hulle geloep het. Die prente wat gerol het soes die woode by my ore ingeklim het. Daai biesag wies van my was niks mee as ‘n kind wat gesmag het om te hoor oo die stories van haa mense.
In my eeste jaar van universiteit het ek ‘n kreatiewe-skryf-wêkswinkel begin te bywoon, met die denke dat miskien moet ek wee die relationship tussen my en poetry kans gie. Ek het vegiet van die senuwees, en van my vrees virrie stage. Ek het gehoep dat dié kee sal ek en poetry se vehouding biete wies dan ie laaste kee. Nooit het ek gedink dat verhale skryf my niewe liefde sou wôt ie. Ek was in die diep kant gegooi, wan ek was gevra om ‘n storie te skryf van ‘n familie lid. Eestens was die diep kant gedeel in twie: die een was oor ie feit dat ek moes ‘n kortverhaal skryf, en tweedens ek moes dit skryf oo my huis. “Too close for comfort,” soes die Ingelsman sê. Die experience van verhaal skryf het soe maklik gekom dat dit my heeltemal bang gemaak het. Die rêrige storie het gekom ie dag toe ek gesê was, deur ie lektor, dat ek moet skryf oo my mense. Sy vetel my toe dat ek moet ôs stories vetel. Ek weet vandag nie hoekom ek aanstoot geneem het nie, but ek het haa aangeval en vetel dat sy nie die reg het om my te vetel dat ek moet “net” ôs stories skryf nie. Toe ek daa in daai baiskoup se stiplek sit en kyk na Noem my Skollie, het ek aan haa gedink. Ek het gedink aan wat sy bedoel het van daai stories, soes die ene wat ek kyk, en dié wat lê en wag om oek geskryf te wôt. Ek het trug gedink aan daai stories wat tussen my ma se are lê. Ek het onthou hoe my pa my die storie vetel het van sy nefie wat vemoor was net ommat hy ‘n “Hotnot” was. Ek het gedink aan daai stories. Hulle sê soes mens oue raak, maak dinge mee sense. Ek wiet nou nie van alles nie, but miskien is daa ‘n stukkie waarheid in dit wat daai lektor gesê het.
Vedag in 2016 is ek wel bewus hoe belangrik dit is om te skryf in daai taal van my huis, oo die mense van my huis. Nie vi enige anne riede nie, but om wee gemak te vind in my heuningkleurige vel. Jy sien, dis maklik om in Amerika swart te wies, as jy lyk soes ek, but nie hier ie. Dié is ‘n anne land, en die veliede, politiek en geskiedenis is heeltemal te opgemors om te wil pretend dat ek deel is van die swart ras. Ek het klaa hie oo geskryf in “Kallid of ie Kallid ie?”. Dit het net mee en mee clear geraak vi my toe ek by daai baiskoup uitloep. Ôs stories moet geskryf wôt. Die stories wat lê en wag, die geskiedenis wat skree en snak na ‘n stukkie asem. Na ek die land se volkslied vertaal het in Kaaps, sak een van my chommies af: “Ek het dit nog nooit vestaan tot ek jou translation gelies het ...” Hoeveel anne mense voel oek die selle? Hoeveel stories is daa vedag wat innie ronte in vlieg? Dis Facebook, Twitter, en al die res van die stories op die wêreldwye web. Satiriese webwerwe wat opspring, net om mense se bloeddruk op te kom stoot. In ie maand was daa ‘n paa kee dat ek dit ooweeg het om my Facebook-rekening te sluit, but dan dink ek aan ie viele riedes hoekom dit ‘n dom idee is. Wan waa gat ek my stories gat haal, wan daa is ‘n paa anne mense soes ek wat skryf in ie taal wat my die wysheid vannie Kaapse vlaktes kô leer het. Die taal wat my kom laat soek het na ‘n geskiedenis, ‘n heenkome, en oek my plek innie wêreld.
Dis soes Noem my Skollie my nog meer gegrond het in my vestandhouding van my taal. My taal se geskiedenis, en daai stories wat daa lê en wag, van mense wat die taal hulle eie noem. Dit het my op ‘n rit geniem, waa ek myself wee deu die taal veken het. Noem my Skollie was mee as net die gewone gangste storie van die Cape Flets. Die anne dag na ek gehoo het dat Noem my Skollie Oscars toe gaan, share ek toe my excitement met my Facebook-vrinne. Een vra toe hoekom hulle dit vetaal het as Call me Thief, en nie die direkte translation nie, wat siekelik sou wies Call me Thug. Ek het gesê dat ekkie wietie, but ek dink ek vestaan dit nou. Dit gaan oo mee as ie translation, dis daai storie wat lê innie taal. Ek liewe in daai storie, deur die taal. Dit wôt binne in my wakke gemaak, ek kan dit voel. Ek kan relate. Dis soes die wêreld 3D raak in my kop. Soes my imagination liewe kry. Soes die taal my dra tot in ‘n wêreld wat iewes daa buitekant is, but oek is dit n plek wat ek onthou, wan ek was soeveel kee da. Die stalletjies wat groente en vrugte vekoep, die reuke van worsrolletjies, kerries en soms braaivleis wat uit die mense se huise uit loep. Die vars vis wat vekoep wôt vanaf ‘n bakkie af. Die strate wat die selle klink soes ie strate waarin ek opgegroei het. Die messtiekery voorie dans hall of ie gun-skietery. Die “rooidakkies” wat jou laat dink aan ie Cape Malay choirs en hulle lirieke wat op hulle klere dans: “Daa kom ie Ali-baa-ma ...” Die brasse mettie lêre baadjies ennie meisies met hulle puntreguit hare. Die familie wat djy sien, nie net oo hulle vel ie, but deu hulle taalgebruik, deu hulle kleredrag, deu die way hoe hulle die wêreld innie oë kyk. Dit het my laat dink aan die stories wat nog moet vetel wôt. Soes die dag toe my ouma vi die eeste kee ‘n doek op haa hare gesit het en hoekom sy, tot vedag toe, nog een dra. Daai taal en die stories wat opgekrop sit binne-in dit het my trane uitgestoot. Ek wiet nou hoekom mens nie Noem my Skollie in Engels kan vetaal ie. Dit is wat dit was, hulle was skollies, mense met stories, nie gangstes ie, wan gangstes is mense met guns, ‘n velore generation wat self hulle name vegiet het. Soms moet ‘n mens dinge los soes hulle is en dit ie probee maak wat dit ie is ie. Wan hoeveel van wat djy wegvat kan djy trug sit? Ek skryf aan met die hoep dat ek eendag oek soes John W Fredericks kan wies, en ‘n storie, een van my huis se stories, kan skryf wat die mense sal laat onthou wie hulle is. Ek hoep om met daai woorde oek vi hulle te laat wiet hoeveel hulle kan gie aan ie plek met die naam Suid-Afrika. Ek hoep om eendag oek soes ie grote Diana Ferrus te kan wies, wie hulde bring aan daai voorouers van ôs. Ek hoep dat ek dit in my taal kan doen, sonne ‘n translation met die hoep dat die regte mense sal vestaan, en hulleself oek daa in daai woode sal vind.
Op ie oudedom van 16 was ‘n Goodhope fm dj by ôs skool. Hy het met ‘n mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa vandaan hulle kom. Ôs almal het oppie netbalbaane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra: “So who are you and where you from?” Heelwat op sy nerves. Ekkit hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”
Bly te kenne!
The post Oor die masterpiece Noem my skollie appeared first on LitNet.