Jan ek het jou brief gelees en stem heelhartig saam met jou. Die probleem in die land is, en ek veralgemeen, die mense het nie meer respek vir enige iets nie. Niemand het respek vir die reg en geregtigheid nie. Alles word aangeval en verguis.
Elkeen is daar vir eie gewin, die eie ek. Die afskaffing van lyfstraf in skole het miskien meriete, maar dit is nie die onderwyser se taak om die kind op te voed nie. Die onderwyser se taak is om die kind te onderrig. Dit is die ouer se plig om die kind op te voed.
Ek is nou die aand by 'n sportklub en stap die kleedkamers binne. Daar staan ongeveer agt mans en gesels. Een van die mans se woorde aan die ander is, "Hey, I cannot understand it. The laaities of today don’t have any respect or pride." Dit is op die punt van my tong om vir hom te vra wie voed die kinders op. Dit is ook vir my opvallend, almal is nie dieselfde gebou nie, jong mense wat lyk asof hulle uit die wasgoedmandjie aangetrek het. Jong manne wat se pense oor hul broeke hang wat ek nie weet wat ophou nie. Praat nie eers van die jong dames nie. Slordig, sliertig en onversorgd.
Oorle’ ma het altyd gesê, dis nie skande om arm te wees nie, maar om arm te lyk is jou eie skuld. Seep en water is nie te duur nie.
Ek glo die wiel die draai. Stadig maar seker. Ons sit met 'n probleem in die land wat ek weet nie hoe opgelos gaan word nie. Die "jouf" van vandag se ouers het klip gegooi en gebrand. Nou hou hulle net aan daarmee. Die "free eddikasion" en "liberation before education" is op die trappe van die stadsaal in Kaapstad belowe, het nou terug gekom en hulle aan die gat kom byt.
Die beskawingspeil van ons "demokrasie" het met die "stewdents" se optredes in die hek geduik. Die land brand en die manne steel, suip en paaartie. Lekker man lekker.
HKGK.
Reusedwerg