Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21870

Persverklaring: Bekendstelling van Lens deur Gert Coetzee by NALN in Bloemfontein – 20 Februarie 2025

$
0
0
Boekbekendstelling: Lens: Op die nuusspoor
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)
20 Februarie om 18:00

Kom kuier saam! Gert Coetzee gesels oor sy spanningsroman Lens: Op die nuusspoor by NALN op 20 Februarie 2025 om 18:00. Charles Smith tree as gespreksleier op. 

Die veelsydige, gesoute joernalis Gert Coetzee was Volksblad-redakteur van 2015 tot 2022. In Lens put hy uit 35 jaar se ondervinding in die nuusloopgrawe om met insig te skryf oor politieke veranderinge in die land in die laat 1980's – en oor wat kon gewees het.

Die geleentheid word in samewerking met Turksvy Publikasies en Exclusive Books Loch Logan aangebied.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v President Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar voor die Ou Goewermentsgebou of op die teervlak langs die gebou vanuit Miriam Makebastraat. 

Sluit gerus aan by die Vriende van NALN-vereniging en voltooi sommer nou dié Google-vorm. Skenkings word verwelkom:

Ons vier later vanjaar die 150ste bestaansjaar van die pragtige Ou Goewermentsgebou (NALN se tuiste), en die hoeksteenlegging op 25 Mei 1875. Dit is feestyd met Ou Goewermentsgebou 150, GRA 150 en Afrikaans 100! 

The post Persverklaring: Bekendstelling van Lens deur Gert Coetzee by NALN in Bloemfontein – 20 Februarie 2025 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Bekendstelling van <em>Lens</em> deur Gert Coetzee by NALN in Bloemfontein – 20 Februarie 2025 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21870


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>