Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21688

Pasverskyn: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander

$
0
0

Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander (Uitgewer: Protea Boekhuis)

Titel: Die Waterplek: Gabriëllië 
Skrywer: Carina Stander
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313601

Die Waterplek: Gabriëllië is die laaste boek in die reeks. Dit volg op Die Bergengel, Die Wonderwese en Die Waterplek: Afrika.

Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ’n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ’n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word: Die landsleiers word oorrompel deur iets boosaardiger as hulself, ’n oeroue mag wat dreig om slawedrywer én slaaf te verslind. Hou Eron se boesemvriendin, Talia, werklik sy ma, Alida, in die Akrotfort gevange, of is dit net samesweringstories? Kan Eron, as ’n afstammeling uit die bloedlyn van Bergengele én uit die nageslag van die duister Gibborim, die teenoorgesteldes in homself laat saamwerk? Die tyd is ryp vir die Bergengel om sy waaragtige kleure en sienkrag uit te leef.

“Al het Eron die vraag nie verwag nie, het hy nie geweifel nie, hy het geweet. Dit was iets wat al ’n geruime tyd in hom broei. Sedert die dogtertjie Amber in die woestyn gesê het daar is baie Bergengele en Oupa Oerson haar woorde in die woud herhaal het, het die gedagte in hom bly groei: ‘Ek sien Bergengele. Elkeen wat vandag hier sit, het sienkrag. Elkeen het die vermoë om verder en vooruit te kyk tot in die siel en gees van die mens en dier - ja, ook jy, Kornelius. Ons moet Ma terugbring. Ons moet Talia in die oë kyk en self by haar hoor of sy ’n aandeel in die Veroweraars het. Ons moet die Regiohoofde onder een dak kry en saam ’n meesterplan beraam vir die pad vorentoe. Een Bergengel alleen gaan die Uitdooftyd nie keer nie.’”

The post Pasverskyn: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander first appeared on LitNet.

The post Pasverskyn: <em>Die Waterplek: Gabriëllië</em> deur Carina Stander appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21688

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!