Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20668

Kliniekinspeksie

$
0
0

Van:

Departement van Groot Sake
Streekkantoor
Blunder House
7 Maart 2008

 

Die Stadsklerk
Port Rooi
Geagte meneer,

Besoek van die Inspektrise

U verwysing is BvP1899/1902 van 5 Maart 2008.

Ons neem kennis van  bewerings dat die inspektrise, Matrone van Donderkampf, in ’n gehawende toestand was toe sy u kliniek besoek het.  U beweer haar bloes en romp het skeef gesit, haar hare was deurmekaar en haar lippe bloedrooi geverf. Daarby het sy sandale gedra met groen geverfde toonnaels. Dan gaan u selfs so ver om te sê haar asem het na drank geruik en sy het op die wit kliniekverpleegster gevloek.

Meneer, dit mag alles waar wees, maar ek moet u meedeel dit val nie in die bestek van hierdie departement se bevoegdheid om u klagte te hanteer nie. Ons hanteer net groot sake, want ons is die Departement van Groot Sake.

As sy miskien op die vloer gepiepie het, of in die personeel se tee en boonop rassistiese beledigings gegil het op die skoonmakers, sou ons miskien aandag aan die saak wou gee, veral as u ’n video-opname gemaak het wat ons aan CNN en die BBC kan stuur.

Onder die omstandighede moet ek u dus tot my spyt meedeel dat u eerder die geval na die Klein Sake Departement moet verwys.

Dienswillig die uwe,

Geteken: Gert Diefenhage
p.p. Streekdirekteur

 

The post Kliniekinspeksie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20668

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>