Lees ook |
---|
• Einstein-kompetisie: Wenners |
• Die liefdeslewe van miskruiers: V&A met Anneke Schoeman |
• Einstein-kompetisie-inskrywing: Anneke Schoeman |
Die Einstein-kompetisie-wenner, Anneke Schoeman, se kewerkoors het almal aangesteek. Hier deel die Tukkies-honneursstudent foto’s van ’n onlangse departementele besoek aan die Mount Sheba-natuurreservaat. Sy skryf:
Hierdie foto’s is in Maartmaand geneem toe ek, Caitlyn Nauschutz en Christian Deschodt (’n senior tegniese assistent in Tukkies se Miskruiernavorsingsgroep) by Mount Sheba-natuurreservaat, naby Pelgrimsrus in Mpumalanga, miskruiers gaan versamel het. Daar kom drie van die ses spesies waaraan ek werk, voor, naamlik Epirinus asper, Epirinus validus en Sisyphus muricatus. Die genus Sisyphus is vernoem na die Griekse koning Sisyphos, wat as gevolg van sy trots en gekonkel deur die gode gestraf is: hy moes vir ewig ’n reuse ronde rots by ’n berg oprol, en kon dan maar net toekyk hoe dit weer na onder rol.
Al hierdie foto’s is deur Caitlyn geneem. Ek en sy deel ’n hokkie in ons kantoor en is albei besig met ons honneurs. Sy is ook by die navorsingsgroep betrokke, maar werk aan die taksonomie van mierleeus (daai oulike goedjies wat die valle in die sand bou).

Epirinus asper, een van die miskruierspesies wat ek bestudeer

Soms is dit so mistig dat dit moeilik is om die kar weer op te spoor.

Christian Deschodt identifiseer 'n miskruier.

Besig om miskruiervalle te grawe

Besig om miskruiervalle te grawe

Koekeloer of daar ietsie in die valle is.

Veldlaboratorium

Ons vonds

Só lyk 'n kar wat vir 'n paar dae agter miskruiers aangepiekel het.
• Teks deur Anneke Schoeman
• Foto’s deur Caitlyn Nauschutz
• Klik hier vir nog inligting oor Suid-Afrika se jong Einsteins.
The post Einstein-kompetisie-foto’s: Miskruiervang in die mis appeared first on LitNet.