Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Waar is die hemel en waar is die hel? In ons heelal of in ’n ander tydlose dimensie?

$
0
0

Die lees van die vraag sal verskillende reaksies by verskillende mense ontlok. Die instrukteurs van my army-dae sou dit kort en kragtig beantwoord het met: “Kak vraag. Sit.”

Ander sou sê: In ons heelal, natuurlik, want dit is waar al die gode, versinsels van menslike gedagtes hul tuiste het.

Tog word daar word so baie oor die begrippe geskryf dat as jy dit google jy letterlik tientalle webblaaie daaroor sal vind. Ook op LitNet was daar talle besprekings met talle antwoorde. So was daar onlangs ’n plasing onder die opskrif ‘“Die hel se leërmagte”: ’n Interpretivistiese perspektief op teodisee en die hel’.

Ook is daar ander wat artikels plaas soos bv onder die opskrif: “Christene wat uit vrees vir die hel god aanbid, eerder as liefde vir Jesus” en dan my en ander daarvan beskuldig. Dit is eintlik nogal snaaks aangesien baie ateïste die bestaan van God ontken en Jesus as ’n mitiese figuur beskou, as versinsels van die mens. Baie van die kritiek kom van voormalige kerkgangers, wat sê vandat hul nou van die beskouinge ontslae geraak het, vrylik kan asemhaal en lewe.

Dit is eintlik nogal snaaks in ’n sekere sin dat mense wat hul oorsprong te danke het aan iets wat miljoene jare gelede plaasgevind het en die gevolg daarvan is hul so daaroor kan uitspreek. Die mens is sover ek weet die enigste gevolg wat ’n oorsaak probeer verduidelik.

Dit is nogal ’n prestasie veral as ’n mens in ag neem dat die mens se brein eintlik maar ’n evolusionêre produk is, onderhewig aan talle siektes, soos bv ‘Hydrocephalus’ (waterhoof) waar blokkasies behoorlike dreinering verhoed en tot geweldige drukking op die brein lei en die brein teen die breinkas vasdruk.

In http://www.livescience.com/29365-human-brain.html kan jy lees oor

“Humans vs other animals”

Dit is duidelik sonder die mens se brein is ons bestaan in sy huidige vorm nie moontlik nie.

Soms kry ’n mens tyd in die lewe om oor die goed na te dink en kom dit op ongewone tye en plekke. Tydens my weermagopleiding was die regiment waaraan ek behoort het vir ’n opleidingskamp teen terroriste-insypeling gehuisves by Lake Sibaya. Omdat sekere pelotonbevelvoerders nie kon saamgaan nie vind ek my in ’n waarnemende posisie.

Die verouderde weermagkaart dui aan dat daar ‘dense undergrowth’ is wat dan ook so is en ’n hele regiment verdwyn daarin sonder dat jy hul aanwesigheid sal opmerk.

So bevind ek my dan ook in ’n holte op die hoogste duin van die omgewing, na die dag wat ons besluit het om van die vuil ‘overalls’ ontslae te raak en teen alle instruksies en waarskuwings in in die see te baljaar om van stof en gekoekte hare ontslae te raak. Om nie rigting te verloor nie het van die manne ’n gebreekte skeepsmas van ’n seiljag op die duin ingeplant as rigtingwyser na ons skuilplek diep in die bosse.

Die see het ’n kalmerende amper hipnotiese uitwerking op ’n mens. Die branders rol sonder ophou terwyl ek oor die see tuur tot waar water en horison mekaar ontmoet en skepe bymekaar verby vaar elkeen na sy bestemming. Ek probeer sin maak oor my bestaan as mens, oor God, die hemel en die hel en oor wat ewig is.

Dit wat ek aanskou is nie ewig nie, sal eendag ophou bestaan en horison en water ontmoet mekaar nooit nie. Dit is ’n illusie, soos tyd ’n illusie is omdat ek groot geword het met ’n son wat opkom en ondergaan.

As kind moes ek dikwels hoor dat grootmense kla en sê dat kinders se gedrag,  vandag weer hul ‘siel hel toe gesleep het’.

Snaaks ek het nooit gehoor dat hul kla dat ‘hul siele hemel toe gesleep is’ nie. Dit moes dus makliker wees, so het ek gedink, om hel toe te gaan as hemel. Die hel moet ’n verskriklike plek wees. Ek was skaars uit die skool uit, toe word ek benoem as diaken.

Pa was immers ouderling. So sou ek my dan gou in die wêreld van hardebaard ouderlinge en diakens bevind, waar ouderlinge ellelange gebede op vergaderings doen totdat iemand tot almal se verbasing en seker verligting een se gebed met ’n kort en kragtige  ‘Amen’ kortknip en almal  die konsistorie groetend verlaat het.

So bevind ek my dan een Sondagoggend vir diakendiens op die gallery om ’n ogie te hou oor die woelinge daar aangesien dit die plek van jongmense is. Trappe klim, sou ek later agterkom is nogal moeilik veral as die knieë nie meer so lekker saamwerk nie.

So skuins voor my sit ’n ou wat ’n heerlike uiltjie knip, sy kop sak al laer op sy bors.

Dan word dit  doodstil in die kerk. Dominee hou op preek en  met ’n bulderende stem spreek hy die slapende aan met ’n ‘al slapende sal jy die verdoemenis ingaan’ terwyl hy woedend so het vir my gelyk ’n psalmboek na hom slinger.

Daarna slaap niemand meer nie en sou die uitbarsting nog lank daarna ’n besprekingspunt bly. Later – veel later, soos ’n mens ouer word sou die begrippe ‘hemel’ en ‘hel’ ander betekenisse kry.

In die Bybel :
In Johannes 3 is Jesus in gesprek met Nikodemus. Van hom lees ons in Johannes 3 dat:1 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad.

   

Vir Nikodemus is daar ook dinge wat hy nie verstaan nie, hoe word  jy bv weer gebore? Jesus antwoord hom met:

7

Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.

 

8

Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

 

9

Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”

 

10

En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?

 

11

Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie.

 

12

Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel?

 

13

Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.

 

Volgens Jesus se getuienis is die plek waaruit hy na die aarde gekom het die ‘hemel’. Maar dit beantwoord nie vraag waar die ‘hemel’ is nie.

Is die ‘hemel’ ’n gemaakte plek en deel van ons heelal of het dit altyd bestaan? In Johannes 1 getuig Johannes in vers 2 en 3 dat:

2 Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op ’n ander manier ontstaan nie.3 Hy het alles gemaak.

Aan die gedagte dat Christus verantwoordelik is vir die skepping van ‘alles’ sluk die moderne mens maar swaar. Op 26 Junie 2014 skryf Thomas soos volg oor die onderwerp. ‘Wat was die Oorsaak van die Oerknal’.

“FC Boot maak die geldige stelling in een van sy skrywes dat alles ’n begin het (en per implikasie dus ook ’n einde). Sy vraag wat die oorsaak van die oerknal was, is dus ’n heel billike vraag. Die wetenskap is gedurig besig om antwoorde op allerhande vrae te vind en soos die tyd aangaan stoot die wetenskap die grense van onkunde terug. Dieselfde kan ongelukkig nie van godsdienstiges en die godsdiens gesê word nie omdat hulle doel nie is om uit te vind wat hulle nie weet nie, maar om te verhoed dat hulle troetelgelofies bedreig word. Die blote feit dat FC Boot die woord OORSAAK met hoofletters skryf impliseer dat hy ’n vooropgestelde idee het van die skepper van die oerknal en dit waarskynlik aan sy god koppel – ’n kleinsielige entiteit wat voortdurend van sy (ja dis beslis ’n man) belangrikheid herinner moet word deur alles aangaande hom met hoofletters te laat skryf deur sy onderdane. Kyk maar na ons spirituele kabouter hier op die Sê se skrywes – dis besaai met die hoofletters sodra daar van sy god gepraat word. Dit lyk vir my of die “Caps Lock” sleutel op die rekenaar se toetsbord, ingebring is om godsdienstiges se tikwerk te vergemaklik!

Om egter regtig ernstig die vraag te beantwoord oor wat die oorsaak van die oerknal was moet ons ons na die wetenskap wend. Die oerknalteorie konstateer kortliks dat die uitspansel (ons universum) soos ons dit waarneem ongeveer 15 miljard jaar gelede vanuit ’n oneindige digte deeltjie (of ’n singulariteit) ontstaan het. Die deterministiese wette van die fisika is nie geldig in ’n toestand van oneindige digtheid nie. In leke wiskundige taal beteken dit dat daar aanhoudend deur nul gedeel moet word waarvoor daar nie ’n wiskundige oplossing bestaan nie. Die begrip tyd soos ons dit vandag verstaan het dus met die oerknal begin. Omdat die wette van die fisika tydens die ontstaan van die singulariteit opgehef was kan ons dus nie met sekerheid sê dat dieselfde wette of selfs dieselfde hoeveelheid materie voor die oerknal bestaan het nie. Die gebeure voor die oerknal het geen waarneembare gevolge nie en dus kan ons bloot spekuleer en hipoteses daar stel oor wat die oorsaak van die oerknal was. Die hipotese dat daar ’n god is wat voor die oerknal bestaan het en dat dié god die oerknal sou laat gebeur het, is nie ’n geldige hipotese nie. Dit bring ’n nuwe onbekende in die vergelyking in wat niks bydra tot die oplossing van die vraagstuk nie omdat die oorsaak van die nuwe onbekende dan net weer gesoek moet word. Die wetenskap het ongelukkig nie sulke maklike oplossings as ons dinge nie verstaan nie. Ons kan nie sommer ’n god ontdek en alles aan die god toeskryf nie, want almal sal wil weet waar die god vandaan kom. Godsdienstiges het daardie gerief om alles aan hulle god toe te skryf – die probleem vir hulle is dat hulle blote geloof dit ongelukkig nie waar maak nie.”

Thomas en Nikodemus het dus veel ingemeen al leef  Thomas amper 2000 jaar later en is sy wetenskaplike kennis op ’n totaal ander vlak as die van Nikodemus, bly Jesus se antwoord vir beide dieselfde.

Maar dit is nie my doel om weer die debat oor die ontstaan van ons heelal oor te begin nie. Vir enige Christengelowige moet dit duidelik wees dat Christus en dus die hemel nie in ons heelal bestaan nie maar wel gelyktydig oneindig bestaan in ’n oneindigheid, ’n onbegrensde dimensie.

Dat ons heelal in  die oneindigheid op ’n onverklaarbare wyse  tot stand gekom het en dus steeds kan uitdy sonder om self oneindig te word, is iets wat buite die grense van ons kennis en verstand val. Ons heelal het  grense soos alles wat ’n begin en ’n einde het, grense van bestaan het. Ook my bestaan op aarde.

Niemand kan dus uit ons tydelike dimensie die oneindigheid waar die hemel is betree nie sonder die wonderwerk waarna Jesus in sy gesprek met Nikodemus verwys in sy lewe plaasgevind het nie.

Maar waar is die ‘hel’ dan?

In Openbaringe 12 word ’n vreemde visioen beskryf.

Satan word uit die hemel gegooi:

7 Daar breek toe ’n oorlog in die hemel uit. Die oorlogsgeneraal van God, Migael, en sy engele pak toe die draak in ’n oorlog. Die draak en sy engele het hulle bes probeer, maar tevergeefs. 8 Hulle het liederlik verloor. Daar was toe nie meer vir hulle ’n plek in die hemel nie. Hulle is verbied om hulle voete daar te sit. So is die groot draak uit die hemel uitgesmyt. 9 Ek praat nou van die slang van wie ons lank terug al in die Bybel lees. Sy ander name is duiwel en Satan. Hy het al die mense wat op die aarde bly heeltemal op die verkeerde pad gelei. Juis hy is saam met sy engele uit die hemel gegooi!

Satan is dus teenwoordig in ons heelal en sal dit Paulus se woorde soos vervat in Ef. 6:12 ’n stryd word:

12

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag,    teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

 Die stryd om die eindbestemming van die mens se siel  het dus begin toe Satan uit ’n oneindigheid tydelik na ’n eindigheid, ons heelal verban is.

Maar Christus is deur die Trooster nog steeds teenwoordig en werksaam in ons heelal en is daar ’n geweldige stryd waarvan ons as mense nie altyd bewus is besig om sigself af te speel nie.

Hierdie stryd kom tot ’n einde wanneer ons heelal tot ’n einde kom

en die finale oordeel oor elke mens uitgespreek word en Satan en sy volgeling hulself gaan bevind in ’n ander dimensie,die ‘hel’ waaruit hul nie kan ontsnap nie, maar waar hul tog deeglik van Christus en sy verlossingswerk bewus is.

In Lukas 16 in die gelykenis sê Abram aan die ryk man: “En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.”

As ons dus as mense praat van ‘hel’  en ‘hemel’ op aarde en hel

vergelyk met ’n bestaan van swaarkry, verdriet en ellende waarin siekte, armoede en dood is, en hemel op aarde in teenstelling daarmee is dit iets anders as die eindbestemming van Satan en sy volgelinge en Christus en sy volgelinge.

Thomas het tot die gevolgtrekking gekom dat:

“Die hipotese dat daar ’n god is wat voor die oerknal bestaan het en dat dié god die oerknal sou laat gebeur het, is nie ’n geldige hipotese nie. Dit bring ’n nuwe onbekende in die vergelyking in wat niks bydra tot die oplossing van die vraagstuk nie omdat die oorsaak van die nuwe onbekende dan net weer gesoek moet word. Die wetenskap het ongelukkig nie sulke maklike oplossings as ons dinge nie verstaan nie. Ons kan nie sommer ’n god ontdek en alles aan die god toeskryf nie, want almal sal wil weet waar die god vandaan kom. Godsdienstiges het daardie gerief om alles aan hulle god toe te skryf – die probleem vir hulle is dat hulle blote geloof dit ongelukkig nie waar maak nie”

Wat Thomas egter nalaat is om dit begrip ‘geloof’ te omskryf.

Daarom is dit goed vir alle gelowiges om vas te klou aan die omskrywing van ‘geloof’  soos dit in die Bybel A tot Z omskryf word.

‘Geloof omhels dat ’n mens jou vertroue stel op dit wat Christus reeds vir jou gedoen het. Dit behels egter ook  dat jy jou hoop vestig op dit wat Hy nog in die toekoms vir jou gaan doen.

Geloof werk ten opsigte van die beloftes van God in jou lewe soos ’n transportakte ten opsigte van ’n eiendom werk: dit waarborg jou dat jy ’n besitter is van God se beloftes. Soos wat ’n transportakte geld al het jy die eiendom nog nie gesien nie, so ook is God se beloftes oor al die heerlike dinge wat ons nog nie gesien het nie.’

 

 

The post Waar is die hemel en waar is die hel? In ons heelal of in ’n ander tydlose dimensie? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>