Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

kykNET Silwerskermfees-resensie: Shepherds and butchers

$
0
0

 

Shepherds and butchers

Regie: Oliver Schmitz (2016)

Draaiboek: Brian Cox

Met: Steve Coogan, Andrea Risenborough, Garion Dowds

Elke nou en dan slaan 'n film jou wind uit, hetsy weens die manier waarop dit jou verbeelding kaap of weens die storie wat dit vertel. Oliver Schmitz (Life, above all; Paris, je t’aime) se Shepherds and butchers (gebaseer op die gelyknamige 2011-roman deur Chris Marnewick) val in die laaste kategorie – dis 'n vuis wat mik vir 'n uitklophou.

Die storie speel af in 1987. Leon Labuschagne (Garion Dowds), 'n negentienjarige tronkbewaarder, skiet sewe swart mans koelbloedig dood en staar die doodstraf in die oë. Johan Webber (Steve Coogan, onder andere van Philomena-faam), 'n menseregte-aktivis, is nie net 'n teenstander van die doodstraf nie, maar ook die enigste regsgeleerde wat Labuschagne in die hof sal verteenwoordig. Kort voor lank glo Webber dat daar 'n rede is vir Labuschagne se dade en saam delf ons in die jong beskuldigde se werkslewe as tronkbewaarder. Op sy tweede dag as tronkbewaarder moes 'n sewentienjarige Labuschagne sewe mans help hang, so ook die volgende dag, en so ook die volgende. Uiteindelik kom die nuus dat 164 mans in 1987 gehang is – die meeste in een jaar sedert Uniewording – en die jong Labuschagne was by elkeen hiervan teenwoordig. En dan onthou jy: dit is 'n ware verhaal.

Terwyl daar van Labuschagne verwag was om die gevangenes na die galg te vergesel, die lyke soms begraafplaas toe te neem en hul self te begrawe, het hy ook met hierdie mans vriende geword, hulle gesinne geken en vir hul uit die Bybel voorgelees. In hierdie opsig verteenwoordig Labuschagne die dualiteit in ons elkeen, asook in ons land se geskiedenis. In sy argument dat die jong beskuldigde nie die doodstraf verdien vir sy oortreding nie, argumenteer Webber dat 'n persoon nie beide herder en slagter kan wees nie.

Te midde van 'n tyd waar politiese onregte 'n houvas op die psige van die land gehad het, herinner die verhaal ons hoe breekbaar 'n mens is en hoe nodig diegene is wat vir die onskuld van ander veg.

Tema-ontwikkeling in die filmverhaal is sterk en verken onder meer aspekte soos manlikheid, die rol van plig teenoor etiek, asook tot watter mate die doodstraf regverdig kan word as 'n straf vir moord.

Ten opsigte van die tegniese aspekte geskied die verhaalontknoping soms stadig, met weinig werklike karakterontwikkeling. Hoewel die hoofintrige in die hofsaak en verhaal Labuschagne se vertelling van die tronkgebeure is, ontbreek daar spanning in die hofdrama wat ontvou en wens 'n mens dat daar meer van 'n tweegeveg tussen Webber en die aanklaer, gespeel deur Andrea Riseborough (van Birdman-faam), is. Ten spyte hiervan is die karakteruitbeelding geloofwaardig en bly jy vasgenael aan die storie. Die hol kol op jou maag is dan ook 'n aanduiding van die krag wat só 'n filmverhaal inhou. Shepherds and butchers kan as tydsdokument interpreteer word – 'n foto-album van 'n tragiese verlede – maar ook as 'n waarskuwing vir toekomstige geslagte.

Shepherds and butchers se internasionale première was by die 2016 Berlyn Filmfees, waar dit die derde prys in die Panorama-gehoorafdeling verwerf het. Die plaaslike première het by vanjaar se kykNET Silwerskermfees plaasgevind en sal later die jaar in filmteaters vertoon.

The post kykNET Silwerskermfees-resensie: Shepherds and butchers appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>