Alle fotograwe en entoesiasfotograwe word genooi om aan hierdie opwindende fotografie-projek deel te neem. Die projek is daarop gemik om die diversiteit van Afrikaanssprekende individue regoor Suid-Afrika en die wêreld ten toon te stel.
Die tema van die kompetisie is:
Ons praat Afrikaans
Diverse mense – een taal
Die sekondêre doel van hierdie projek is om wonderlike talente van beide professionele en entoesiasfotograwe ten toon te stel.
Aan die einde van die kompetisie sal 'n totaal van ongeveer 120 foto's gekies word en in 'n eksklusiewe koffietafel-fotografieboek gepubliseer word. Die top 12-foto's sal ook in 'n eksklusiewe kunskalender gepubliseer word. Slegs 2 500 kopieë van beide die fotografieboek sowel as die kunskalender sal gedruk word.
Die formaat van die foto's kan landskap of portret wees. Dit kan in kleur, swart en wit of selfs met die gebruik van selektiewe kleur ingedien word. Die fotograaf se kreatiwiteit word aangemoedig.
Pryse op die spel:
Behalwe dat jou foto in 'n pragtige en eksklusiewe fotografieboek sowel as kunskalender gepubliseer word, staan die top-drie-wenners die kans om groot kontantpryse te wen:
- 1ste plek: R30 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
- 2de plek: R10 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
- 3de plek: R5 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
Hoe om in te skryf:
Fotograwe van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika en in die buiteland word uitgenooi om aan hierdie fotografiekompetisie deel te neem. Die belangrikste vereiste is dat die persoon wat op die foto verskyn ’n Afrikaanssprekende individu moet wees.
- Die sluitingsdatum is 30 September 2016 en laat inskrywings sal nie kwalifiseer nie.
Die inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) kan verkry word deur die organiseerder te kontak by: douwgreeffcollection@outlook.com of om dit direk af te laai by: https://www.dropbox.com/sh/smbxoqt943jli9z/AAD2Bd4Gl_8xvo5d_9xTtEUJa?dl=0. Stuur jou foto, inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) na: douwgreeffcollection@outlook.com.
Slegs een inskrywing per fotograaf sal toegelaat word.
Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die volgende vereistes moet voldoen:
- Portretformaat: 1920 x 1080 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub en salon- kompetisievereistes)
- Landskapformaat: 1080 x 1920 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub- en salon- kompetisievereistes)
- Die ingediende foto moet as ’n hoëresolusiefoto beskikbaar wees (minimum 300dpi JPEG, PNG of TIFF) indien jou foto gekies word om in die fotografieboek en kunskalender te verskyn. Fotograwe sal direk deur die organiseerders van die kompetisie gekontak word om vir die hoëresolusiefoto te reël .
- Die fototitel moet die fotograaf se van en voorletters bevat. (Bv SmithAB)
Alle inskrywings moet van die nodige dokumentasie (die modeltoestemmingsvorm (model release form) en die inskrywingsvorm) vergesel word. Geen foto sal sonder een van hierdie vorms aanvaar word nie. Alle persone identifiseerbaar op die foto moet die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken. Indien 'n minderjarige op die foto verskyn, moet die ouers of wettige voogde van die kind die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken.
Bepalings en voorwaardes:
- Enige fotograaf of entoesiasfotograaf woonagtig in Suid-Afrika of in die buiteland mag aan die fotografiekompetisie deelneem met die voorwaarde dat 'n Afrikaanssprekende individu op die foto verskyn.
- Die uitgewer, Douw Greeff Collection, behou slegs die reg om jou foto binne die "Ons Praat Afrikaans"-struktuur te gebruik. Dit sluit ook in enige promosiemateriaal verbonde aan die fotografiekompetisie en die uiteindelike fotografieboek en kunskalender. Volle krediet sal aan die fotograaf by die publikasie daarvan gegee word.
- Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 September 2016.
- Alle inskrywings moet per e-pos gestuur word aan douwgreeffcollection@outlook.com.
- Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die vereistes kragtens die artikel "Hoe om in te skryf", moet voldoen.
- Die pryse sal nie oorgedra word aan 'n ander persoon nie.
- Indien 'n fotograaf van buite Suid-Afrika 'n kontantprys wen, sal die randwaarde, onderhewig aan die wisselkoers op die datum van omskakeling, in die betrokke valuta omgeskakel word.
- Geen fotograaf of model (persoon wat gefotografeer is) sal finansiële vergoeding vir die gebruik van die foto in die boek of kalender ontvang nie. Die pryse sal slegs aan die wenfotograwe uitgemaak word.
- Slegs 2 500 kopieë van die fotografieboek en slegs 2 500 kopieë van die kunskalender sal gedruk word.
- Indien die uitgewer dit ooit oorweeg om 'n herdruk van die fotografieboek of kunskalender te publiseer sal die betrokke fotograwe gekontak word om 'n fooi te onderhandel. Indien u foto gekies word om in die fotografieboek of kunskalender te verskyn, moet 'n hoëresolusieweergawe van die foto binne 2 (twee) weke na die kompetisie-organiseerders jou gekontak het, voorsien word. Indien jy nie daartoe in staat is om 'n hoë-resolusieweergawe van die foto betyds te lewer nie sal jy gediskwalifiseer word en iemand anders sal in jou plek geïdentifiseer word.
Die kompetisie - Facebookblad is: https://www.facebook.com/douwgreeffcollection/
Sien ook aankondiging op die webwerf van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: www.akademie.co.za
The post Fotokompetisie: "Ons praat Afrikaans; diverse mense – een taal" appeared first on LitNet.