Hy slaap bedags,
Vir sy nagskof werk.
Snags word als belig,
Huis, fabriek en kerk.
Hy domineer,
Die donker hemelruim.
Sommige aande verskyn,
Ander aande versuim.
Hy is teenwoordig,
In verskillende vorm.
Sekel en half,
Sommige aande enorm.
Oor die jare,
Baie mense akkommodeer.
Sodat hy hulle,
Verskillende goed kan leer.
Hy leen by die son,
Die lig wat hy gee.
En hy beheer,
Die getye van die see.