Ons Afrikaanse plek-, dorps- en straatname word vervang, ons universiteite het verdwyn; Engels geword en dieselfde is besig om met ons Afrikaanse skole te gebeur. Ons moet by die werk Engels praat en oral in die openbare lewe soos by die aanklagkantoor, die munisipaliteit, die belastingkantoor noem maar op.
Ons plaasboere word met eentonige reëlmaat by die honderde WREED vermoor en hierdie bedeling is openlik vyandig teenoor ons, ons taal en ons kultuur. Ons word selfs openlik met die dood gedreig en die regering reageer skouerophalend daarteenoor.
En ons sê niks. Inteendeel, die hoofstroom Afrikaners (miskien nie die meeste nie maar die A-groepie) loof hierdie bedeling oor dinge so wonderlik en vry sou wees. Piet Croucamp, byvoorbeeld, het op ‘n kol gesê dit het nog nooit so goed met die Afrikaner gegaan soos nou nie. Max du Preez skyn altyd gereed te wees om diegene te verguis wat durf waag om te beweer dat die Afrikaners hulself in ’n penarie bevind.
Daar is ’n menigte van hierdie hofknape en regeringslofsangers – koerantredakteurs, joernaliste, aartie faarties, lektore, professore en selfs predikante. Terloops, wat ’n skreiende skande is dit nie dat predikante, veronderstel om die herders van ’n volk te wees, so stilswyend oor plaasaanvalle en –moorde is nie.
Ons, lyk dit my (meeste van ons) is super-onderdane; ons bied as’t ware aan om op getrap te word. Ek wil nie hierdeur sê dat ons moet oorlog maak of toyi-toyi nie; ons moet verdomp darem iets sê, ALMAL van ons.
Jan Rap
The post Waar’s nog ’n volk soos my volk? appeared first on LitNet.