Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

LAPA se nuwe boeke vir Oktober 2015

$
0
0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende Oktober 2015!


Immer wes

Irma Joubert

Prys: R239.99

ISBN: 978-0-7993-7696-8

’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal… In 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog is, en wat ’n misleidende woord “oorlogshelde” is. Haar kinderlike verering van die Duitswester Gustav los op in die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met ’n man – haar vader se keuse, as mens dit ’n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring.

Teen die tyd wat die Tweede Wêreldoorlog ten einde loop, is sy intiem vertroud met die pyn van verlies en onderdrukking, armoede en hongersnood, en meer as ooit haat en verag sy oorlog, maar dit is nie die einde van die reis nie. Dit besef sy eers toe sy en haar kind hulle, weens omstandighede waarvan niemand sou kon droom nie, in Duitswes bevind.

Wat môre sal bring en waar sy en haar dogtertjie ’n heenkome sal vind, weet niemand. Soms weet sy nie of God haar nog hoor wanneer sy bid nie.

Oorlog is verskriklik. Gelukkig is daar altyd hoop in al Irma Joubert se romans.


’n Goeie dag vir boomklim

Jaco Jacobs

Prys: R119.99

ISBN: 978-0-7993-7396-7

Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim ...

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.

Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. In die proses ontmoet hulle ’n kleurryke versameling karakters. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word ...

’n Humoristiese, aangrypende grootwordverhaal vol onvergeetlike karakters.


Groot katte

Prys: R109.99

ISBN: 978-0-7993-7553-4

Vertrek op ’n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe ’n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite!

Dorling Kindersley is ’n wêreldleier op die gebied van nie-fiksie vir kinders.


Haaie

Prys: R109.99

ISBN: 978-0-7993-7552-7

Duik af tot in die geheimsinnige dieptes van die oseaan en ontmoet die wonderlike wesens wat daar woon. Sien piepklein lanternhaaie, honger hamerkoppe en haastige mako’s in aksie! Ontdek die pylstertvis se dodelike wapen, gaan duik met die beroemde witdoodshaai, en kom van aangesig tot aangesig met die grootste vis ter wêreld.

Dié reeks bevat verstommende foto’s en ’n maklik verstaanbare teks wat die onderwerp selfs vir jong kinders toeganklik maak.


My Eerste Leesboek: Die Rooi Hen

Prys: R119.99

ISBN: 978-0-7993-7715-6

Op ’n dag besluit die rooi hen om brood te bak. Maar dit lyk of al die plaasdiere te lui is om haar te help. Die rooi hen besluit om alles self te doen ... en die plaasdiere ’n les te leer!

Lees is pret saam met die rooi hen! Die eenvoudige, herhalende taalgebruik en prettige karakters maak hierdie bekende plaasstorie perfek om jou kind te help lees. Die boek is ontwerp om beginnerlesers se selfvertroue ’n hupstoot te gee.


My Eerste Leesboek: Teddie se Piekniek

Prys: R119.99

ISBN: 978-0-7993-7716-3

Dis lekker om te leer lees met hierdie prettige storie oor Teddie Tim se eerste piekniek. Kom hou piekniek saam met Teddie Tim en sy maats en geniet ’n opwindende storie propvol pret!

Aan die linkerkant van elke dubbelbladsy verskyn ’n lys geïllustreerde woorde wat jy saam met jou kind kan lees. Dit is pret om hierdie woorde in die storie te soek. Aan die einde van die boek verskyn ook ’n nuttige prentewoordeboek om woordeskat vas te lê.

Geheime Koninkryk 11: Sprokieswoud

Rosie Banks

Prys: R89.99

ISBN: 978-0-7993-7112-3

Janie, Bianka en Tamsin is gereed vir storietyd-pret saam met die boek-elwe van Sprokieswoud. Maar koningin Gorina maak alweer moeilikheid. Sy laat al die boekbloeisels wat aan bome groei, verwelk. Kan die meisies haar towerspreuk verbreek en die boekbloeisels kry sodat koning Kieliebaard nie in ’n stinkpadda verander nie?


Geheime Koninkryk 12: Donker Doolhof

Rosie Banks

Prys: R89.99

ISBN: 978-0-7993-7113-0

Janie, Bianka en Tamsin moet nog een bestanddeel vind om te keer dat koning Kieliebaard nie vir altyd ’n stinkpadda gaan wees nie. Maar die gemene koningin Gorina is ook in die rondte, en sy is vasbeslote om die meisies te keer. Kan die drie meisies koningin Gorina oorwin, die laaste bestanddeel vind, en vir koning Kieliebaard van die wondermiddel laat drink voor dit te laat is?


Gunstelingbraairesepte

Clover SA

Prys: R149.99

ISBN: 978-0-7993-7431-5

“As Suid-Afrikaners is braai nou maar eenmaal deel van ons kultuur. Min dinge kom naby lekker kuier en eet om ’n vuurtjie – of dit nou in die bosveld is met ’n jakkals wat roep in die verte, rondom ’n moderne gasbraai op ’n sjiek patio iewers in die voorstede, of op die balkon van ’n piepklein studentewoonstelletjie.” (Prof. Elain Vlok, Bestuurder: Korporatiewe Dienste, CLOVER)

Die meeste resepte in hierdie mooi publikasie het ’n moderne aanslag en daar word met nuwe smaakkombinasies geëksperimenteer. Indien jy braaidisse met ’n kinkel wil voorsit, is hierdie net die boek vir jou.

Dit is ook in Engels beskikbaar as Favourite Braai Recipes.


Lekker en Gesond 4: Slim Laekoolhidraat-Geregte

M. Hofmeyr & J. Wiegand

Prys: R49.99

ISBN: 978-0-7993-7457-5

Koolhidrate is nog vir baie mense die liggaam se hoofenergiebron. Teen wil en dank leef ons in die kitskosera – daarom neem ons te veel verfynde koolhidrate en suiker in, wat tot oorgewig, voedingstoftekorte en leefstylsiektes kan lei.

Verskeie diëte bepleit ’n uitsluiting van koolhidrate, maar dit werk vir nie almal nie. As jy dus nie wil Bant nie, maar wel jou koolhidrate wil dophou, is dit die boek vir jou.

Ook in Engels beskikbaar as Healthy And Tasty 4: Smart Low-Carb Recipes.


Lekker en Gesond 4: Glutenvrye Gebak En Peuselhappies

M. Hofmeyr & J. Wiegand


Prys: R49.99


ISBN: 978-0-7993-7458-2

Gluten vir sommige mense ernstige ongemak kan inhou. Gluten is ’n proteïen wat aanwesig is in koring, rog, gars en hawermout.

Maar wat maak ’n mens dan vir iemand wat gluten-intolerant is?

Hierdie boek sal help! Bak lekkernye soos melktert, pannekoek, muffins, brode en selfs ’n verjaardagkoek vir mense wat nie gluten kan verteer nie.

Ook in Engels beskikbaar as Healthy And Tasty 4: Gluten Free Baking And Snacks.


50 Blaaskansblokraaie 4

Prys: R49.99

ISBN: 978-0-7993-7484-1

Om tyd te maak vir aktiwiteite wat jou ’n blaaskans gee is nie ’n luukse nie, dit is ’n noodsaaklikheid.

Die blokraaie kom in ’n maklik-hanteerbare A4-formaat, gekrambind met ’n sagtebandomslag om vashou, skryf en uitvee te vergemaklik. Teen R49.99 per kopie is die boek ook uiters bekostigbaar. Met 50 woordraaisels daarin saamgevat, beteken dit ’n koste van slegs R1.00 per woordraai.

Die raaisels is A4-grootte en die oplossings word agter in die boek gepubliseer.


Inspirasie, Weekbeplanner & Inkleurboek

Janine Belovo-Manders

Prys: R149.99

ISBN: 978-0-7993-7470-4

Vrouekeur is ’n populêre gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende artikel deur Ds. Janine Bevolo-Manders publiseer. Die artikels het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die sal bestaan ’n versameling van 52 van Janine se weeklikse boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige weekbeplanner.

Vroue kan dagboek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om elke week ’n nuwe skeut inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige patrone en mandalas in die boek in te kleur. Die weekbeplanner word nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel nie, dus is dit meer bruikbaar en het ook ’n langer raklewe.

Ds. Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al vir 17 jaar ’n predikant.


Byvoordele gewaarborg

Elsa Winckler

Prys: R74.99

ISBN: 978-0-7993-7692-0

Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op ’n doodgewone Maandag amper een raakry wat met ’n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!


Man na haar hart

Magdaleen Walters

Prys: R74.99

ISBN: 978-0-7993-7693-7

Colette Buitendach het ter elfder ure besluit om nie met die motorfietsryer Francois Louw matriekafskeid toe te gaan nie. Jare later red hy haar lewe … maar is hy slegs haar redder of kan hy ook haar prins wees?


Onwaarskynlike ridder

Trudy Reinhardt

Prys: R74.99

ISBN: 978-0-7993-7694-4

Ilse Nell is raadop met die finansiële probleme van die vliegbesigheid wat sy geërf het. Durf sy egter die aantreklike Ruark Metford se reddingsvoorstelle aanvaar? En hoe moet sy koel en kalm bly as hy haar knieë lam maak?


Eindelose liefde

Rika du Plessis

Prys: R74.99

ISBN: 978-0-7993-7695-1

Janine moet ’n antieke kissie vir haar pa gaan haal op ’n plaas waar hy voorheen gewerk het. Alles verloop vlot tot sy genoodsaak word om die kissie te steel en dan met die weerbarstige Cor te doen kry ...

 

Besoek LAPA se webtuiste hier.

The post LAPA se nuwe boeke vir Oktober 2015 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>