Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Konfyt?

$
0
0

Piet is maar ons dorpsidioot. Die dude wat Saterdag sy motorfiets se enjin uithaal. Nie omdat daar fout issie maar om te kyk of hy meer uit daai 500cc kan haal as die Japanese wat hom oorspronklik ontwerp het. Die olie is dan altyd 'n graad laer want die budget is laer en dus is die brul vannie halwe Japannees bietjie meer want dis lankal nie meer 'n volbloed Japannees nie.

Die les het ek hard geleer toe Piet per ongeluk die voorreg had om my GS 1000 te diens en toe donner die bliksem sommer 40SAE motorolie in een van die mees unieke enjins deur mensehanne aanmekaargeslaan in. Gode sy dank die moer het nooit die GS aangesit nie want wie weet watse lang begrafnisse ons sou moes hou want dood sou iemand moes dood wat 'n GS sommer so opfok.

Maar daai is destyds se besigheid. Ek en Ons verduur maar vir Piet want Piet is mos maar soos daai hond wat innie straat die wiele en mure bepis. Jy gaan nie sy gewoonte verander nie so jy gee die moer maar 'n stukkie kos sodat hy nie jou rose natpis nie . Nie dat die rose dit nie dalk nodig Hettie ...? Ek ken baie mense wat moeiliker leer as Kakkie my Jack Russell.

Piet kom netnou hier in en Piet is wild en ek sien Piet het van die boom van kennis gerook en ek tune vir Piet hoezit en Piet kyk my aan soos iemand wat hout soek en ek sien Piet registreer nie.

Ek vra vir Piet of ek hom kan help want ek sien hy het klaar sy Weetbix en Sterimelk (hy besef nie watse voorreg hy het om Sterimelk oor sy pap te hê nie) maar hy dwaal rond op soek na iet magies. Ek vra hom of hy suiker het en hy beduie my nee, hy is ok met sy Ricoffy en toe weet ek hier kom 'n laat aand. Drie doppe later kom Piet hier naby my staan en Piet vra my of ek appelkooskonfyt het.

"Sure, dude. Kyk net daar voor innie rak. Daar’s baie soorte, selfs daai antie Paarman se fency goete waaroor die nuwe ou tannies so gaande is ..."

Piet staan my en aankyk met 'n 900g blik Rhodes "finest grade whatever" apricot jam in sy hand.

"Hierdie is nie appelkooskonfyt nie!" kak hy my six love uit. "Hierdie is Apricot JAM! Dissie dieselle ding nie! Vat julle my vir 'n gat of wat?"

Wat verder gebeur het weet ek nie want ek het weggestap, want ek kon nie verder my lag inhou nie.

oester

The post Konfyt? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>