Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Kaping of konsolidasie

$
0
0

Woorde het mag, en dit word goed deur veral joernaliste gebruik of misbruik om leser-opinies na die betrokke joernalis se siening te breinspoel.  Positiewe woorde word gebruik om ’n siening te staaf, negatiewe woorde om jou opponent te demoniseer.

Kom ons kyk na die woordkaping (hijack) soos wat Max du Preez onlangs na Solidariteit/AfriForum geslinger het deur te sê: “So gepraat van die buitmaak of kaping van staatsinstellings. Ons ervaar tans ’n ander, subtieler, maar myns insiens ewe sorgwekkende kaping: dié van die Afrikanerhoofstroom deur Solidariteit en AfriForum.”

 http://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/max-du-preez-afriforum-ons-is-nie-almal-so-20160726

Die negatiewe beeld wat die woord  “kaping” opwel is die gewelddadige diefstal van ’n wettige eienaar se besitting, asook die inkorting van ’n persoon se vryheid, met ’n geïnstitueerde of uitgespreekte dreigemente indien nie aan die versoeke van die kaper voldoen is nie!   Werklik?!  Dink u die leser, dat hierdie gedemoniseerde beeld op Solidariteit/AfriForum wel van toepassing is?  Ek vra myself verder af: Waar het Solidariteit/AfriForum ooit enigiemand of enigiets gewelddadig besteel, gedreig en vryhede in die proses ingekort, kortweg gesê, buitgemaak of gekaap? 

Ander negatiewe woorde tans in omloop om die Afrikaner en sy taal te demoniseer asook om vrees vir die Afrikaner en sy taal by die massas aan te vuur soos bv:  “Wit bevoorregting; taal van die onderdrukker; setlaar; grondgryper (landgrabber)” ens word  ad nauseum tot so ’n mate herhaal dat dit nie meer van die waarheid onderskei kan word nie, en wel deur die gepeupel vir die waarheid aangesien word.

Wat feitlik tans gebeur is dat Solidariteit/AfriForum besig is om swygsaam, maar verseker, die erg versplinterde Afrikaner in ’n enkel steunblok te konsolideer (laasgenoemde ’n positiewe woord en beskrywing). Dit is hierdie gebeurtenis wat vir baie skrikwekkende Afrikanerskimme onderling laat hallusineer.

Nou wie is daarvoor te blameer?  Die swart regering self met hulle negatiewe optredes; negatiewe uitsprake en dreigemente teenoor Afrikaans en die Afrikaner, welke uitsprake, optredes en dreigemente besig is om die blanke en veral die Afrikaner vanuit die breër SA-gemeenskap te verdryf, tot sodanige mate dat hulle hul heil apart van die breër gemeenskap begin soek. 

Pleks van buitmaak of kaping deur Solidariteit/AfriForum, word die Afrikaner in al hoe groter wordende getalle soos staalstafies na ’n sterk magneet in die vorm van Solidariteit/AfriForum getrek.  Hoe feller die aanslag en dreigemente op Afrikaans en die Afrikaner, hoe sterker word hierdie magneet se stralende aantrekkingskrag teenoor Afrikaners.  Bewyse hiervoor is hulle geweldige getal ledegroei, meer as 300 000 wat amper elke Afrikaner-huisgesin raak, asook Maroela Media se lesertal, wat na twee jaar se bestaan, as gratis webnuus,  tot oor die 1.1 mil lesers gedurende die maand Jun 16 gelok het.

http://maroelamedia.co.za/?s=junie+lesers

Solidariteit/AfriForum het nie ten doel om parallelle staatsinstellings daar te stel nie, asook nie om soos ’n alternatiewe regering op te tree nie.  Solidariteit/AfriForum wil suiwer Afrikanerleemtes wat die staat van die Afrikaner ontneem het, aanvul, wat insluit private opvoeding tot tersiêre vlak; beveiliging op plase en binne in die munisipale grense; optredes teenoor onregmatige afdankings; wanpraktyke oopvlek en in die hof beveg; Afrikanerregte itv die konstitusie in die hof te beveg waar daar gedreig of teen hulle

Die gedemoniseerde Solidariteit/AfriForum praat min, maar doen baie, welke positiewe bydraes hul opponent oor swyg:

Solidariteit het dit reggekry  om vier SAUK-afgedanktes, oa ’n Indiër verslaggewer in hul poste heraangestel te kry.

'n Interessante wending in die saak is dat Solidariteit die hof gevra het, of gaan vra dat die persone in die SAUK wat verantwoordelik was vir hul afdanking, in hulle persoonlike hoedanigheid vir die regskostes aangeslaan word sodat die belastingbetaler nie vir sodanige koste betaal nie.

Indien die hof aan Solidariteit se versoek voldoen, gaan staatsamptenary twee keer dink alvorens hulle goedsmoeds en hooghartig optree sonder om die voorskriftelike prosedures te volg.  Daar is tans te veel hofsake wat die staat verloor teenoor Solidariteit/AfriForum en ander, met die gepaardgaande peperduur regskostes waarvoor die staatskas (belastingbetaler) moet opdok.

The post Kaping of konsolidasie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>