Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Nathan der Weise van Gotthold Ephraim Lessing vandag nog steeds, dalk éérs, relevant

$
0
0

 

Gotthold Ephraim Lessing is in 1729 in Kamenz in Sakse as die seun van die pastoor Joh Lessing gebore as een van 12 kinders. Hy is deur sy vader tuis onderrig en het later aan die Vorsteskool in St Affra in Meissen studeer. Die rektor het van hom gesê: “Hy is ‘n perd wat dubbele voer nodig het; lesings wat vir ander te moeilik is, is vir hom kinderspeletjies.”

Later studeer hy teologie aan die Universiteit Leipzig, maar slaan oor na medisyne en later na tale, filosofie en die digkuns. Hier het hy gou die beginsels van die dramatiese digkuns aangeleer. Sy eerste drama was Der junge Gelehrte. Sy verdere werke was onder andere Laokoon, Minna von Barnhelm en die tragedie Emilia Galotti waarin hy die vorstehuise aangevat het.

Lessing het hom ook in sy later jare met teologiese, historiese en diep-filosofiese navorsing besig gehou. Van hom is gesê dat hy die soeke na die waarheid hoër aangeslaan het as die waarheid self. In die sterfkamer van sy vrou skryf hy sy laaste en grootste werk: Nathan der Weise.

Die agtergrond vir die handeling is Jerusalem ten tye van die Derde Kruistog (1189–1192). Mense van verskeie nasionaliteite en gelowe leef daar sy aan sy tydens ’n wapenstilstand. Die hoofgedagte is: daar is grondliggend net een geloof, naamlik dié van die werksame liefde; waar dit bestaan, maak die verpakking nie saak nie; waar dit ontbreek, het woorde en formules geen krag nie. Krasse, veroordelende optrede teen andersgelowiges is byvoorbeeld geen uitlewing van die deur Christus gepredikte liefde en geduld nie. Benewens verdraagsaamheid met betrekking tot religieuse sake het Lessing opofferende menseliefde betoon en dít as die grondvereiste van die Christendom beskou.

Die drama is geskryf in jambiese pentameter, ’n rymskema wat ook deur Shakespeare in sy dramas en sonnette gebruik is. Elke rymlose versreël bestaan uit tien lettergrepe. Elke onbeklemtoonde lettergreep word gevolg deur ’n beklemtoonde een.

Lessing sterf in 1781, net 52 jaar oud. Sy graf is in Braunschweig, Duitsland.

Die destydse Transvaalse Onderwysdepartement het in die sestigerjare in hul wysheid dié boek aan ons voorgeskryf. Hier onder word die kern van die verhaal en Lessing se filosofie saamgevat in die gelykenis (“Parabel”) van die drie ringe. Dit is ’n vry vertaling en geen poging word aangewend om by die oorspronklike rymskema te bly nie.

Hierdie verhaal is ook baie relevant in hierdie tyd van onverdraagsaamheid en fundamentalisme. Sommige persone tree op asof hulle al die wysheid in pag het.

Bron: Lessing G. E. 1955. Nathan der Weise. Ein dramatisches Gedicht in fünf Aufzügen. Pretoria. J.L. van Schaik.

The post Nathan der Weise van Gotthold Ephraim Lessing vandag nog steeds, dalk éérs, relevant appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>