Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Einstein-kompetisie: 212 Afrikaanse Einsteins

$
0
0

julie_100_600c
'n Groottotaal van 212 jong navorsers het vir die Einstein-kompetisie ingeskryf.

Die Einstein-kompetisie het nagraadse studente en dosente by universiteite uitgedaag om 'n eie navorsingsprojek kort saam te vat en met die publiek te deel. Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit en die kortlys word volgende week aangekondig. 

Hier onder is 'n lys van al die fassinerende navorsingstemas wat ons gedurende Junie, die laaste maand van die kompetisie, ontvang het. Inskrywings is volgens departement- en sentrumname alfabeties rangskik.

Lees ook die 130-karakter-opsommings wat gedurende Mei en April aanvaar is.

 

Afrikaans
• Die verhouding tussen André P Brink se Orgie en die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker in Vlam in die sneeu. – Marelize Brink
• Moedertaalontwikkeling: Hoe leer kinders Afrikaans praat? – Liana Jansen van Rensburg (Le Roux)
• Outo-etnografie, apologie en belydenis in outobiografieë van Elsa Joubert, André P Brink en Koos Kombuis: kulturele introspeksie? – Jan-Ben Rothmann
• Die vrou, swangerskap en die dier in Katvoet deur Riana Scheepers: ʼn fenomenologiese ondersoek oor liggaamlikheid en ervaring. – Carien Smith
• Kosskrywery en Afrikaans-wees: Hoe lewer Marlene van Niekerk se kosskrywery kommentaar op temas rondom Afrikaans-wees? #EinstKomp – Metha-Miré Viljoen

Afrikaans en Nederlands
• Kritiek op kritiek: Watter kriteria word gebruik om woordeboeke te resenseer? Is dit teoreties en gebruikersvriendelik? – Giselle Botha
• My fokus is op hoe Afrikaanse kinders betekenis aan hul eerste woorde heg op grond van assosiasies tussen dinge in hul omgewings. – Nina Brink
• ’n Literêre ondersoek na die ma-dogter-verhouding in Ronelda Kamfer se bundel Hammie.
Natalé Buffels
• 'n Kritiese lesing van die klassifikasie van Breytenbach se werk as “laatwerk”, met spesifieke verwysing na Die na-dood (2016). – Elzanne Coetzee
• Anoniem in ʼn digitale era? Jou unieke skryfstyl gee jou dalk net weg. #Outeurskapidentifikasie #Forensieselinguistiek #EinstKomp – Mariska Nel
• Die eenpersoondrama: Ontstaansgeskiedenis, kenmerk- en eietydse-relevansie-beskrywing, vergesel van 'n eie, nuutgeskrewe drama. – Marcel Spaumer
• Die bewaring van die Afrikaanse film-kultuurerfenis (1914–2014). – Christa Steyn
• Van roman na film: Filmverwerking as interpretasie of spieël? – Adean van Dyk
• 'n Afrikaperspektief op Antjie Krog se Mede-wete: hoe ons verbintenis met mekaar en die natuur ’n gebroke gemeenskap kan heelmaak. – Remona Voges     

Afrikaans vir Onderwys
• Kohesiemerkers, die sement van ’n teks: Hoe gebruik leerders hierdie middele om hulle bakstene (dit is woorde en sinne) te skakel? – Nadine Fouché

Afrikasentrum vir Rampstudies
• Swak implementering van rampbestuur stuur Suid-Afrika op ’n ramp af! – Gideon Wentink

Anatomie
• Analisering van beenpatologie op argeologiese en historiese skelette om verskille in die bevolkings se gesondheid te bepaal. – Laurette Joubert  

Antropologie
• Wie is wit? Ideologie en die konstruksie van ras in die konteks van die alledaagse in ’n “wit plakkerskamp”. – Christi Kruger

Aptekerswese
• Aptekers se persepsie ten opsigte van die implementering van Nasionale Gesondheidsversekering in Suid-Afrika. – Jolandé Pienaar

Argeologie
• Interaksie, integrasie en innovasie by 17de-eeuse Portugees-Mutapa-mark Dambarare wys deelname aan die Indiese Oseaanhandelsisteem – Catherine Schenck

Astrofisika
• Radioteleskope vang neutronsterre se seine, maar die bakens langs hulle ruimtereis is onbekend – ek ontgin die versteekte reisplan – Marisa Geyer

Belasting
• Ek wil bewys: klei is nie net nat stof nie. Dit verdien dieselfde belastingvoordele as goud, diamante en ander minerale. – Christine Fourie

Beroepshigiëne
• Van ganspote tot vliegtuigvlerke, maar hou 3D-drukwerk nadele vir die mens en omgewing in? – Sonette du Preez

Bewaringsekologie en Entomologie  
• Indringer-wespes: Waar kom hulle oorspronklik vandaan en hoe kan ons hulle op 'n omgewingsvriendelike manier beheer? – Carolien van Zyl

Biochemie
• Voorheen ongekende Aartappelrolbladvirus-variante en -infeksievlakke is gevind in die aartappelproduksiesisteem van Suid-Afrika. – Wiets Roos

Bioinformatika

• Die verstaan van regulatoriese komponente mbt die NAT1-geen en die effek op die metabolisme van TB-medisyne. – Lynley Abdoll

Chemie
• Verbeel jou jy het ʼn battery gevul met poeier wat oormaat krag op die kragnetwerk kon stoor en later gebruik. Ek maak die poeier … – Stefaans Gerber
• Die studie fokus op renium-bensotiasool-komplekse as radiofarmaseutiese middels vir die diagnosering van Alzheimersiekte. – Xandri Schoultz

Diereteling en Genetika
• Die skep van wiskundige kurwes om totale melk en vaste stowwe oor 'n suiwelkoei se laktasie vooruit te bereken, kort na kalwing. – Werner Brand

Dierkunde
• Die bepaling van die gesondheid van die Nylrivier (Limpopo) in terme van die ekologie van akwatiese ongewerweldes. – Nathan Jay Baker
• Die invloed van die toksiese swaar metaal vanadium op die lewensduur en liggaamsprosesse van platannas en tilapia. – Simone Dahms
• Ek is die luistervink tydens miskruiers se chemiese geflikflooi en ontrafel só hoe hulle sedert die oerjare flankeer. – Anneke Schoeman

Dramaterapie
• Afrikaner-trauma: Die gebruik van dramaterapie om die negatiewe selfkonsep van Afrikaneridentiteit te konfronteer en transformeer. – Leané Meiring

Ekonomie
• Wie was die Jannie Mouton van die agtiende-eeuse Kaapkolonie? Al ooit gehoor van Jacob van Reenen en Jan Meindert Kruywagen? – Christie Swanepoel
• Die miljoenrand-vraag: kan herverdeling van landbougrond winsgewend wees? – Emily van der Merwe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
• Van e-pos tot kitsboodskap, van die Kaap tot in Kaïro. Kan ek sien hoe jy voel? Emosies in die hedendaagse organisasie. – Maryke Fouché

Epidemiologie
• Aspoestertjies word hartlik uitgenooi: laat ons luister na die eggo van jou hartsnare voordat hulle nie meer kan roer nie. – Jonas Bovijn

Erfenis
• My tema is die verklaring van die Vryheidsmanifes tot nasionale Suid-Afrikaanse Erfenis.
Barend van der Merwe

Erfenis- en Kultuurtoerisme
• Stille erfenis: Hoe vergelyk Suid-Afrikaanse wetgewing met internasionale standaarde, in terme van die bewaring van skeepswrakke? – Danell de Wet

Fisika
• Hoe kan ons die Son se energieproses op Aarde naboots vir die volhoubare opwekking van skoon elektrisiteit? – Erasmus du Toit

Geskiedenis
• Kroeks en komplotte: die Zarps in Johannesburg (1886–1899). 'n Boer maak 'n plan, maar slinks vang sy baas. – Cornelis Muller

Gesondheidswetenskappe
• Word die TCF7L2-geen geassosieer met glikosileerde hemoglobienvlakke as 'n risiko vir tipe 2-diabetes in swart Suid-Afrikaners? – Ria-Doret Taljaard

Ingenieurswese
• Met stygende brandstofpryse, draai almal hul sente twee keer om. Hier is die oplossing vir beter brandstofverbruik. – Marco Delport
• Rekenaarsimulasie-ondersoek om Monwabisi, Valsbaai, se swemstrand veiliger te maak deur middel van strukturele veranderinge. – Stephan Kistner
• Watter effek het die droging van voedselprodukte teen verskillende lugtemperature en -snelhede op die voginhoud daarvan? – Du Toit Peters   
• Die studie poog om die invloed van stormduurte, watervlakverskille en lang golwe op dwarssnitprofiele van strande te kwantifiseer. – Yasmin Skibbe

Internasionale Studies-groep (ISG)
• ’n Kliek skatryk buitelanders wil die president en sy regering kaap. Nee, dit is nie SA 2016 nie, dit is die Transvaal 1886–1899. – Lindie Koorts
• Takhare of heldersiendes? Wit werkersklas se ervaringe verklap nuwe insig tot die aftakeling van apartheid, en post-1994 politiek. – Danelle van Zyl-Hermann 

Internasionale Verhoudings
• Die konstruksie van mag: Noord-Korea se ewige revolusie en die staat se vermoë om supermoondhede kwaadwillig te verstrik. – Ina-Mart Hugo

Kardiologie
• Twee- ipv driesuilige aortaklep – 2% het dit, min weet daarvan. Geïsoleerde probleem? Of tel dit teen jou by ander hartsake? – Annari van Rensburg

Kommunikasiestudies
• Die studie oor kommunikasietevredenheid en bestuursverhoudings tussen onderwysers in Suid-Afrikaanse skole. – Leonie Geldenhuys
• Wat moet die hoofdoelwitte van die NWU se reputasiebestuur-strategie wees in terme van Suid-Afrika se hoëronderwyssektor? – Ashleigh Pieterse
• Hoe word interne kommunikasie vanaf die NWU-hoofkantoor na werknemers toe bestuur om goeie verhoudings te bou en te behou? – Lucinda Sutton
• Interne kommunikasie: Hoe effektief kommunikeer werknemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens? – Amanda van Wyk

Kunsgeskiedenis
• Performance-kuns in veranderende landskappe: ’n vergestalting van dinamiese drumpel-identiteite in postapartheid Suid-Afrika. – Riandi Müller

Linguistiek
• 400 jaar van Suid-Afrikaanse vertaling: vertaling as spieëlbeeld en geheime agent van mag en ideologie. – Maricel Botha
• Onderskrifte wat deur aanhangers, en nie vertalers nie, geskep is, het eienskappe wat moontlik die leer van ʼn 2de taal vergemaklik – Laurinda Cecilia van Tonder  

Maatskaplike Werk
• Uitdagings ondervind deur maatskaplike werkers tydens kinderbeskerming in terme van artikel 148 van die Kinderwet 38 van 2005. – Cynthia du Toit
• Die ondersteuningsbehoeftes van familieversorgers met fisiek gestremde kinders – hetsy vanaf geboorte of eers later in hul lewens. – Noreth Muller-Kluits

Mediastudies
• Hoe SA media China dek itv omgewings/menseregte-kwessies. Sluit onderhoude oor sagte mag uit Beijing in. – Willemien Calitz 

Mikrobiologie
• Die effek van natuurlikebemestingplante op grond mikrobiese ekologie en gemeenskappe.
Mionè Pieters  
• Die verborge verhouding tussen muskiete en giste: goeie of kwaaivriende, gekose gunstelinge en versteekte gevare. – Annica Steyn
• Alternatiewe fekale indikators in geoeste reënwater – is dit vir die voëls? 'n Soektog na beter waterkwaliteittoetse. – Monique Waso
• Ontwikkeling van voorbehoedmiddels om voorkoms van hondsdolheid te beperk deur populasiegroei van ongeënte honde te beheer. – Nicolette Wright

Moderne Vreemde Tale
• Liberté, égalité, fraternité: die Fransman en Afrikaan as die Ander tydens die abnormale omstandighede van die Anglo-Boereoorlog. – Jacobus du Plooy

Musiek
• Hedendaagse komposisies hef die onoorbrugbare 1450–2010-stylgaping met visuele tegnologie en fyn toonhoogte- en tydsberekening op. – Mike Ford
• Soos die kurwe van ’n brander op die Goue Snit ry, so ontvou die klaviermusiek van Claude Debussy. – Nina Phillips

Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika
• Om skynbaar onnatuurlike kwantumgedrag te verstaan moet ek die fisiese belang van wiskundig-oneindige groothede probeer bepaal. – Jacobus Diener 

Natuurwetenskappe
• Kan vuur gebruik word as 'n bestuurspraktyk vir houtagtige spesies wat indring in 'n area waar reënval baie laag is? – Anja Kruger

Omgewingsbestuur
• Die kapasiteit van plaaslike munisipaliteite om hul basiese diensleweringsmandaat te vervul.
Charlotte Cilliers

Omgewingsreg
• Gemeenskaplike bewaringsgebiede, wildgebruiksregte en die Namibiese wette wat voorsiening maak daarvoor. – Adri Meyer

Omgewingswetenskappe
• My navorsing ondersoek lugbewegingspatrone op mynhope en hoe dit bydra tot die ontstaan van stof. – Douw Bodenstein
• Voedselsekuriteit in Suid-Afrika: Die invloed van waterkwaliteit op grondgesondheid bepaal gewasopbrengs in besproeiingskemas. – Gerhard du Preez
• Dit kom van ver af – plastiek en swaar metale in korale van tropiese eilande in die Indiese Oseaan. – Veronica van der Schyff  

Onderwys
• Vermenging van leerders se tradisionele kennis met biologiese inhoude – hoe probleemoplossing gebruik kan word vir effektiewe leer – Lizanne de Villiers
• Die gebruik van digitale storievertelling as wiskunde-onderrigstrategie vir positiewe leerderdeelname in Grondslagfase-klaskamers. – Andri Schoonen

Ontwikkelingstudies
• Kan vlugtelingkampe, die antitese van integrasie, dalk juis ingespan word om integrasie aan te moedig, soos in Turkye? – John Edwards
• Eendrag maak mag: Burgerlike innovasie as sosiale strategie teen waterskaarste – “aanry-water” tydens die huidige SA-“waterkrisis” – Lize Swartz

Opvoedkunde
• Wat kleef aan jou velkleur? Ras kom nooit alleen nie: 'n Eksperimentele studie wat ons help om anders na ras te kyk. – Liezl Dick

Plant- en Grondkunde
• Droogte: die natuurramp wat die genetiese materiaal van sojabone degradeer en sodoende stikstofbemesting verhoog. Feit of mite? – Magdeleen Cilliers
• Besproeiingskedulering: Boere is nat agter die ore wanneer dit kom by die nuutste tegnologie in waterbesparing. – Theunis Smit

Plantpatologie
• Vrotvry appels: laboratoriumtegnieke om swamme op te spoor en te bekamp. – Jessica Rochefort
• Die gebruik van ’n algemene grondswam as omgewingsvriendelike biologiese beheermiddel vir swartvoetwortelsiekte in wingerde. – Wynand van Jaarsveld

Politieke Wetenskap
• 1,5x genoegsame produksie, maar 842 milj steeds honger? 'n Kritiese analise: kapitalisme se effek op globale voedselsekerheid. – Elizabeth du Plessis  
• Mense met geestesongesteldheid is die verloorders in die magstryd tussen die regering en nieregeringsorganisasies in Suid-Afrika. – André Janse van Rensburg

Privaatreg
• Hoe, wat en teen hoeveel mag die staat van jou onteien? Dit wat die staat mag en nie mag doen nie itv die nuwe Onteieningswet. – Ernst Marais  
• Toegang tot behuising: Artikulering van behoeftes itv karaktereienskappe wat aanduidend is van "geskiktheid". – Gustav Muller

Radiografie
• Ervaringe van dokters en radiograwe in na-uurse trauma-eenhede in verband met rapportering van trauma-X-straal-ondersoeke. – Riaan van de Venter

Regte
• 'n Voorgestelde regulatoriese raamwerk vir geenterapie in Suid-Afrika: Wanneer is genetiese manipulasie van mense regverdigbaar? – Daniel du Plessis
• SA se versuim om die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van Al-Bashir te implementeer. – Hein Lubbe
• Grondhervorming: 'n bedreiging op die voortbestaan van private eiendomsreg in Suid-Afrika?
Esteé Smit
• Bitcoin, PayPal en mobiele betaling, die reguleerders se nagmerrie; geld buite die norm en 'n konstante speletjie van opvang. – Adriaan Jean Vermaas
• Hoe die Duitse eiendomsregkonsep van Őffentliche Sache die konsep van openbare voogdyskap in SA se natuurlike hulpbronne kan belig – Germarié Viljoen  

Rekenaarwetenskap
• Plagiaat is nie moontlik as 'n rekenaarprogram konstant oor jou skouer loer nie. – Fredre Hattingh
• Kom ons red alle sterwende tale: rekenaar-algoritmes wat sin maak van gesproke taal van nuuts af. – Herman Kamper

Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk
• 'n Spook is nooit net 'n spook nie. In Etienne van Heerden se romans is hulle die evolusie van (Suid-)Afrikaanse identiteit. – Mariëtte van Graan

Sentrum vir Ruimtewetenskap
• Ingebed in die helder Aurora kruip die ontwykende swart Aurora weg. Hierdie studie sal lig werp op onderliggende meganismes. – Amoré Nel

Sielkunde
• Die huishulp: lank ná apartheid steeds onderaan die Suid-Afrikaanse voedselketting; maar wat sien sý wanneer sy in die spieël kyk? – Elcke du Plessis
• Gays op en uit hul plek: Queer veilige hawens en die regulering van seksualiteit. #EinstKomp
Ella Kotze

Sosiale Wetenskap
• In my huis gaan ons nie swart koffie drink nie; ons het geld vir melk. – Randall Maarman

Stads- en Streekbeplanning
• MIV/Vigs vreet aan ons bevolking: hoe kniehalter dit die ontwikkeling van informele nedersettings en hoe kan stadsbeplanners help? – Selna Cornelius

Teologie:
• Die verhouding tussen Christenskap en Islam: is daar gronde vir volhoubare dialoog itv versoening tussen die twee gelowe? – Corlene Beukes
• Die woestyn in die stad: Is die beoefening van stilte en nadenke nog belangrik in ’n verstedelikte en Christelike gemeenskap? – Fredrick Kotzé
• Teologie. Die wetenskap wat handel oor wat jy sien en wat jy nie sien nie, en waar al daai goed vandaan kom en heen gaan. – Paul Maritz
• Bybelse voeteverhale wat hedendaagse "Godgegewe" genderstereotipes bevraagteken: Johannes 12 en 13, weer gelees. – Nina Müller van Velden 
• Poësie binne die erediens in kerke in Suid-Afrika. Hoe poësie sinvol tot die erediens is, sonder dat dit as elitisties beskou word – Nico Smit
• Generasie Y-gelowiges en -ongelowiges deel hul ervaring van geloof en godsdiens en probeer help vorm aan die toekoms van die kerk. – Wimpie Wasserman   

Veekundige Wetenskappe
• Indien die hoender op jou bord grillerige vlieglarwes geëet het, kon dit dalk lei tot 'n gesonder dier en nou 'n gesonder jy? – Liesel van Emmenes

Verpleegkunde
• Ervaringe van studente oor die ondersteunende rol wat dosente speel in die oorbruggingsjaar en dat dit bygedra het tot hul sukses. – Annelize Daniels

Voedselwetenskap
• Effek van skoonmaak-in-plek op die ontkieming van Bacillus cereus-spore in melk om sodoende rakleeftyd en veiligheid te verbeter. – Chané Kruger

Wiskunde
• Hoe kom jy tot die punt as daar nie 'n punt is nie? Die beskrywing van konvergensie van puntvrye rye. – Jacques Masuret
• Kan 'n halfgevulde rooster van getalle met sekere getalle gevul word sodat almal saam nog steeds aan die nodige vereistes voldoen? – Madelein van Straaten  

Al die inskrywings vir die Einstein-kompetisie kan ook hier gelees word.

 

The post Einstein-kompetisie: 212 Afrikaanse Einsteins appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!