Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21955

’n Lesersindruk: Converting missions – Carnarvon: A decolonial case study deur Izak C Potgieter

$
0
0
...
Hy voel ook dat die regering, die SKA en die internasionale gemeenskap wat almal voordeel uit die SKA trek, saam met die kerke konstruktief moet werk met die oog op ’n spoedige oplossing van die grondkwessie in die Skietfontein-/Carnarvon-omgewing.
...

Titel: Converting missions – Carnarvon: A decolonial case study
Skrywer: Izak C Potgieter
Die teks is self-gepubliseer en word gratis versprei.
Die skrywer het toestemming verleen dat lesers wat ’n gratis elektroniese weergawe van die volledige boek wil bekom, dit per e-pos by hierdie skakel kan bestel.

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Deur middel van hierdie publikasie plaas die skrywer die saak van kerke, kerklike verhoudinge en die grondkwessie opnuut in die kollig, veral omdat ’n hele aantal kerke gedurende die koloniale en apartheidstye aandadig was aan die onteiening van grond wat oorspronklik aan inheemse families en volkere behoort het. Hierdie kerke is selfs sedert die koms van demokrasie relatief stil ten opsigte van grondhervorming, hetsy in die vorm van die herstel van eienaarskap en/of finansiële vergoeding.

Die boek skop af met ’n verering van die 90-jarige Ant Louise Boezak, met wie Haidee Muller-Isaacs onlangs ’n onderhoud op RSG gevoer het. Onder andere het Ant Lu gesê: “… maar in 1956 kom die briefie…” verwysende na die implementering van die Groepsgebiedewet wat Carnarvon “wit” verklaar het en dat ander rasse moes trek. Gedurende die sewentigerjare het Franklyn Sonn met ’n groepie van ons as studente op Stellenbosch in gesprek kom tree en hy het vertel hoe hul pa een laatmiddag tuis gekom het en gesê het dat hulle moet trek, want “ons is nie meer nie”. Dit was ook in Carnarvon die geval.

Hierna pak die skrywer die bul by die horings. Hy motiveer die skryf van die boek deur aan te toon dat die gevallestudie ten opsigte van Skietfontein/Carnarvon ’n voorbeeld is van soortgelyke grondkwessies elders in ons land en oorsee. Die vestiging van die Square Kilometer Array (SKA) in hierdie selfde omgewing het verdere dimensies tot die plaaslike problematiek rakende grondrestitusie bygedra, en gebroke kerklike verhoudinge het hierdie kwessie vererger in plaas daarvan dat juis die kerke ’n fasiliteringsrol tot oplossings speel.

JT van der Kemp van die Londense Sendinggenootskap het die inisiatief geneem met die verkondiging van die Evangelie aan die inheemse mense van Skietfontein/Carnarvon, maar hy het ná slegs een jaar vertrek. ’n Griekwa-evangelis met die naam van “Ou Slinger”, wat deur Van der Kemp opgelei is, het met die werk voortgegaan. Die werk is later op ’n meer formele basis deur die Rynse Sendinggenootskap voortgesit.

Daarna het die NG Sendingkerk verantwoordelikheid vir die voortsetting van hierdie gevestigde bediening aanvaar, maar ’n bykans totale skeiding het tussen die NG Sendingkerk en die NG Kerk ontstaan en bly voortbestaan. Ongelukkig het hierdie skeiding daartoe bygedra dat die inheemse families en volkere aan die kortste end getrek het as gevolg van die NG Kerk se identifikasie met apartheid. Die mense van die NG Sendingkerk is sodoende aan hul eie lot oorgelaat wat hul stryd ten opsigte van die behoud van hul grondgebiede betref.

Volgens die skrywer bestaan daar geen kwessie oor die feit dat daardie hele grondgebied oorspronklik aan die San behoort het nie, maar die koloniale magte het hulle uitgedryf en/of uitgemoor. ’n Gebied van 114 000 hektaar is toe wetlik deur die Kaapse Goewerneur aan die amaXhosa oorgedra en het as Phalane bekendgestaan.

Nie lank nie of landmeters van die koloniale magte het Phalane begin opmeet met die oog op toekenning van plase aan wit boere. Noodwendig het dit tot konflik gelei, derhalwe die naam “Skietfontein”, wat later na Lord Carnarvon vernoem is.

En dan kla talle mense deesdae oor naamsveranderinge, terwyl dit juis die koloniale en apartheidsmagte was wat die oorspronklike name verander het.

Hoofstuk 4 van die boek is van besondere waarde en lê die klem op calvinistiese kolonisasie en gekoloniseerde Calvinisme. In hierdie gedeelte beskryf Potgieter hoe calvinistiese kolonisasie se wortels in kolonialisme geleë is, maar hoe gekoloniseerde Calvinisme veral tydens die apartheidsjare deur by name die NG Kerk en ander Afrikaanse kerke omhels is met die klem op die Afrikaners as die uitverkore volk van God en sodoende die reg tot baasskap oor alle ander volke van ons land kon regverdig. Daarom kon hierdie kerke ook die Nasionale Party heelhartig in hul beleid rakende grondbesit ondersteun en dit nog boonop vanuit die Skrif en die calvinistiese teologie onderskryf.

Tragies is dat ons demokraties-verkose ANC-regering, wat sedert 1994 groot bohaai gemaak het oor die grondkwessie, nou ook hul voete sleep en dit aan die EFF oorlaat om die saak te bevorder. Tans is dit nie godsdiens en/of teologie wat die gevoetesleep onderskryf nie, maar ideologie en korrupsie. En waar is die kerke?

...
Die laaste twee hoofstukke vermy nie die bestaande problematiek nie, maar oorweeg hoopvolle opsies met die oog op oplossings vanuit die potensiaal van ’n gedekoloniseerde Calvinisme. Die skrywer plaas in hierdie verband die wesenlike rol van kerkeenheid en die Belydenis van Belhar op die voorgrond.
...

Die laaste twee hoofstukke vermy nie die bestaande problematiek nie, maar oorweeg hoopvolle opsies met die oog op oplossings vanuit die potensiaal van ’n gedekoloniseerde Calvinisme. Die skrywer plaas in hierdie verband die wesenlike rol van kerkeenheid en die Belydenis van Belhar op die voorgrond. Hy voel ook dat die regering, die SKA en die internasionale gemeenskap wat almal voordeel uit die SKA trek, saam met die kerke konstruktief moet werk met die oog op ’n spoedige oplossing van die grondkwessie in die Skietfontein-/Carnarvon-omgewing.     

Die skrywer sou twee aspekte beter kon toelig. Eerstens, en alhoewel hy vele kere na “kultuur” verwys, sou dit help om iets meer van die onderskeie begrippe van “grond” te verstaan – die kommunale en/of privaatbesit en hoe dit die problematiek van die grondkwessie beïnvloed en hoe hierdie twee uiteenlopende beskouinge dalk geïntegreer sou kon word tot gemeenskaplike oplossings.

Tweedens, en ten spyte van inligting oor die SKA, sou dit van nut wees om meer besonderhede te kan bekom oor waar die knoop tussen hierdie trotse projek en die grondkwessie geleë is.

Oor die algemeen is die boek netjies versorg en lekker leesbaar en sal dit hopelik tot ’n konstruktiewe en kritiese gesprek bydra.

Lees ook

Die Boezak-boom... en ’n klomp los blare

Aanvaardingstoespraak: Die Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, versoening en geregtigheid

There is no us: A reader’s impression of Eye brother horn by Bridget Pitt

The post ’n Lesersindruk: <i>Converting missions – Carnarvon: A decolonial case study</i> deur Izak C Potgieter appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21955

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>