Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

André Wilhelm Groenewald

$
0
0

Maanlandskap deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

Op skool moet leerders dikwels opstelle skryf oor “Wie sou jy graag wou ontmoet as jy kon? Waarom inspireer dié persoon jou?” Oor baie jare het ek al baie Da Vinci’s en Rembrandts deur leerders se skryfwerk ontmoet, taamlik baie Jesus-figure, en natuurlik in hierdie eeu baie Mandelas.

Sommige van hierdie grootse figure sou egter by ons kon verbystap en ons sou hulle nie eers raaksien nie. Ek moet dus nou onmiddellik erken dat ek beslis nie die kunstenaar André Wilhelm Groenewald sou herken as hy in ’n kerk of restaurant naby my gesit het of in Tygervallei by my verbygestap het nie.

Tog het sy kuns my so geruk dat ek letterlik moes gaan sit en kyk na elkeen van sy werke wat in ’n klein huisgalery hang. Volgens kenners staan die gemiddelde mens net 30 sekondes voor ’n skildery en beweeg dan verder. Nie hierdie keer nie. Ek het ’n draai geloop, ’n snesie uitgehaal en toe weer gaan kyk.

Baai deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

Houtbaai deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

Maar wie is hy? Hy is my portuur – ek is op die vlaktes duskant 80, maar hy het al by 80 verby geskilder.

Hy het in die vyftigs aan die Hoërskool Bellville gematrikuleer – en was een van net agt leerlinge landwyd wat daardie jaar ’n A vir kuns behaal het. (Deesdae word agt A’s van elke leerder verwag, maar dis ’n ander onderwerp.) Een van die ander A-kandidate was Kevin Atkinson, wat by Sea Point High die prestasie geëwenaar het. Hulle het later groot vriende geword.

Daarna was die Michaelis Art School in 1959 en ’60 André se volgende leerplek. Hy doen toe wat menige tiener nog steeds doen – dros – en hy gaan hou sy eerste uitstalling. Op 17! Hierna word hy beïnvloed deur Steven de Villiers aan die Paarlse Onderwyskollege – “die enigste persoon wat my ooit iets geleer het”. Van 1964 is hy kunsonderwyser by Claremont Public School en van 1968 by PJ Olivier Kunssentrum op Stellenbosch terwyl hy ook deeltyds klasgee by Denneoord. Teen hierdie tyd word tienervoortvarendheid vervang deur verantwoordelikheid, en nadat hy gradueer, word hy van 1975 tot 1985 die eerste hoof van die Tygerbergse Kunssentrum.

André Groenewald se uitstallings in die Wes-Kaap begin al hoe meer word. Van sy werke word in die Jean Welz-museum in Worcester, die Hugo Naudé-kunssentrum en Kunstekaap (die ou Nico Malan) uitgestal. Selfs die vermaarde Christo Coetzee volg ná sy uitstalling by Nedart in Claremont. Hy het twee keer in Bellville, twee keer in Bloemfontein, en twee keer in die Oliewenhuis-kunsmuseum uitgestal.

Na sy heel eerste uitstalling (die een op 17) by Hollywood Furnishers is hy genooi om by niemand anders nie as WEG Louw te gaan eet (my poësie-prof op Stellenbosch) en die befaamde Rosa Nepgen koop drie van sy skilderye. (Waar is daardie skilderye nou?)

Die resensie wat destyds deur Matthys Bokhorst in die Argus geskryf is, was vleiend, veral omdat hy op daardie stadium die direkteur van die SA Nasionale Kunsmuseum was.

Dit blyk dus dat André nie net ’n goeie kunstenaar is nie. Hy behoort saam met die voorstes van ons land genoem te word, want hy verdien dieselfde eer as Maggie Laubser en Kentridge en Irma Stern. En Pierneef.

Landskap met pondokkie deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

Wynrooi landskap deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

Hy slaan met sy gebruik van kleure jou voete onder jou uit. Baftablou. Papegaaigroen. Passiepienk. Jy wil huil as jy sy werk sien, want jy verlang sommer ver terug, maar jy wil ook dankbare trane stort dat jy die voorreg het om dit in jou leeftyd te kan besigtig. Jy wil dit hang op ’n plek waar jy net daarna kan kyk (“lank en eerbiedig”) en jou verkneukel aan die skoonheid. Jy sal opstaan en jou digbundels gaan uithaal en die duurste bottel wyn in jou versameling oopmaak. Jy sal jou gunstelingmusiek wil speel. As daar dalk die geruis van die see is, sal jy dit inniger geniet. As jy ’n wolk oor Tafelberg kan sien tuimel, sal jy in jou hart van harte bly wees jy het ’n André Wilhelm Groenewald-skildery om na te kyk – vir intense persoonlike genot, maar ook vir jou nageslag. Moenie vir hulle geld in die bank los nie, los vir hulle ’n “thing of beauty, a joy forever”.

Die foto’s wat by hierdie artikel verskyn, kom uit die katalogus wat sy jongste – moontlik laaste? – uitstalling vergesel. Mense van Switserland wat na Suid-Afrika verlang, het al ingeduik in die geleentheid om ’n Groenewald te besit. Die ouderdom is nie gaaf met enige iemand nie. As jy jou siel reeds vir 60 jaar in kunswerke uitstort, moet daar een of ander tyd ’n einde kom.

Ek sou graag wou hoor of daar herinneringe of staaltjies van oudleerlinge van André Groenewald is. Deel dit asseblief met my en kyk na die katalogus.

Moenie op 70 sê: “Ek begeer niks meer in die lewe nie.” Sê liewer: “Ek wil iets asemrowends sien en indrink soos ’n drank in my.”

Enkeling deur André Wilhelm Groenewald (verskaf en met toestemming gepubliseer)

The post André Wilhelm Groenewald appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>