Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21497

Persverklaring: KKNK-produksies ryg talle Fiësta-nominasies in

$
0
0

Teater- en musiekproduksies wat in 2022 op Oudtshoorn te sien was, sorg vanjaar vir meer as die helfte van die nominasies vir kykNET Fiësta-toekennings.

Dié lys nominasies is op Vrydag 3 Februarie bekendgemaak. kykNET se Fiësta-toekennings vereer sedert 2011 uitmuntende werk by kunstefeeste, met die paneel beoordelaars wat feeste regoor die land bywoon om debuutwerke in persoon te ervaar, om uiteindelik dié gesogte lys van benoemdes saam te stel.

Ek, Anna van Wyk

Ek, Anna van Wyk uit die pen van Pieter Fourie, onder regie van Marthinus Basson, het verlede jaar by die KKNK gedebuteer en vyf nominasies ontvang: Tinarie van Wyk Loots vir Beste spel in ’n hoofrol; Carlo Daniels vir Beste spel in ’n ondersteunende rol; Basson vir Beste regie, asook vir Beste teaterontwerp vir sy stel, kostuums en inkleding en ’n nominasie vir Beste feesproduksie aan dié drama. Basson is ook benoem vir sy regie van Terminaal 3, wat tydens die KKNK in 2022 gedebuteer het.

Die halwe huis

Die halwe huis, ’n eenmanstuk met Marlo Minnaar, onder regie van Ricardo Arendse, is drie keer benoem: Minnaar vir Beste spel in ’n hoofrol; Arendse vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks en die drama as Beste feesproduksie.

Karatara

Nog ’n produksie wat in 2022 by die KKNK gedebuteer en drie nominasies ontvang het, is die dansteaterstuk Karatara: Gideon Lombard vir Beste regie, asook vir Beste teaterontwerp vir sy klankbaan en ontwerp en die produksie as Beste feesproduksie. Feesgangers kry tydens vanjaar se KKNK ’n geleentheid om weer Karatara op die planke te sien.

die oerkluts kwyt met Antoinette Kellermann en Ancient Voices (Nomapostile Nyiti & Lungiswa Plaatjies), wat by die KKNK te sien was, het ook drie nominasies ontvang: Kellermann vir Beste spel in ’n hoofrol; Frieda van den Heever as samesteller vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling en Nyiti & Plaatjies vir Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie.

Nataniël se terugkeer na die KKNK in 2022 in Prima Donna is twee keer benoem: as Beste musiekgedrewe produksie en Juan Floors Oosthuizen is benoem vir sy bydrae hierin as Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie. Nataniël skep spesiaal vir Paassondag tydens vanjaar se KKNK ’n splinternuwe musiekvertoning, Passio | Pasión | Passion | Passione.

Om skoon te wees, een van die stukke wat tydens die KKNK se nuwe Lucky Pakkie-teateraanbod te sien was, het twee nominasies vir Beste opkomende kunstenaars ontvang: Adriaan Havenga is vir sy spel en teks benoem (saam met sy teks vir Iewers in die grys by die Toyota US Woordfees) en Conradie van Heerden vir sy spel.

Karin Preller se visuele kunsuitstalling by die KKNK in 2022, Beyond Memory, is benoem vir Beste prestasie in visuele kuns.

Musiekuitvoerings wat tydens die 13de Klein Karoo Klassique in Augustus 2022 op Oudtshoorn te sien was, het drie nominasies ontvang: Handel at Home en The Gqeberha Trio is beide vir Beste prestasie in klassieke musiek benoem en Lynelle Kenned is benoem vir Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie vir Handel at Home.

’n Aantal teaterproduksies wat nominasies ontvang het en vanjaar tussen 1 en 9 April by die KKNK op Oudtshoorn te sien is, sluit in Die moeder wat vir vyf Fiëstas benoem is: Sandra Prinsloo vir Beste spel in ’n hoofrol; Dawid Minnaar vir Beste spel in ’n ondersteunende rol; Christiaan Olwagen vir Beste regie; Birrie le Roux vir Beste teaterontwerp vir die stel- en kostuumontwerp en vir die drama as Beste feesproduksie.

Gita Fourie is benoem vir Beste opkomende kunstenaar vir haar teks, Afval en Femme is fatale met Elzabé Zietsman en Tony Bentel is benoem as Beste musiekgedrewe produksie. Beide hierdie stukke is by die KKNK in 2023 te sien. 

Herman van der Westhuizen, sameroeper van die Fiëstapaneel, beskryf dié toekennings as “ ’n staande ovasie vir die uitsonderlike werk wat in 2022 op die feeskringloop aangebied is”. Daar is vanjaar elf kategorieë met vier benoemdes per kategorie. Die wenners word op 9 Maart in Kaapstad aangekondig.

Moenie hierdie stukke by die 27ste KKNK op Oudtshoorn misloop nie. Die volledige feesprogram is beskikbaar by kknk.co.za en kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay.

  • Alle fotografie: Hans van der Veen

The post Persverklaring: KKNK-produksies ryg talle Fiësta-nominasies in appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21497

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!