Sal rassisme nie maar altyd met ons wees nie? Miskien moet ons almal net minder sensitief daaroor wees en nie oorboord gaan as iets kwetsend oor ons ras gesê word nie. Tog, as dit met gevaarlike dreigemente gepaard gaan, moet ons sekerlik aksie neem deur die instellings wat deur die owerhede daargestel is.
Myns insiens is dit natuurlik om meer tuis te voel onder jou eie mense, mense wat soos jy lyk, dink en praat. Nogtans kan daar situasies ontstaan waar jy in 'n gemengde groep is en jy kant kies vir 'n swart persoon teen 'n ongeskikte, weerbarstige witte.
Die hele kwessie is eintlik heel ingewikkeld. Dit het God behaag (of is dit maar net die natuur?) om mense van verskillende rasse, met uiteenlopende voorkoms, op die aarde te plaas. Dit is dan 'n toets vir ons geduld en wysheid om daarmee saam te leef, in liefde en vrede met alle redelik en vreedsame mense.
Hoe sal ons reageer as ons die dag Aliens (wesens uit die buitenste ruimte) teëkom en hulle is so lelik soos die nag!?
Groete,
Tiens