My drome is in ’n skedelkis
sy beslag: wenkbroue,
handvatsels is kraakbeen.
as verbeel kan loskom
kan ek ’n sonseil oopspan
wat die lig kan skep
om bollend voor fotone
óm planete te vaar,
tussen sonne te sny;
’n warrelstroom geklits
soos ’n melkweg agter my.
Die lyf se anker sleep my vas –
sal ek dit op ’n Skedelkus laat lê?
© A. Döckel