Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21565

Nuut by LAPA: Uit die donker deur Santie van der Merwe

$
0
0

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam, vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het ’n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ’n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ’n Besluit wat nie net ’n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by LAPA: <i>Uit die donker</i> deur Santie van der Merwe appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21565

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>