Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21582

Pasverskyn: Elf dae in Amsterdam deur Elizabeth Wasserman

$
0
0

Elf dae in Amsterdam
Elizabeth Wasserman

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093329

Millie is die middelste van vyf kinders, en wanneer sy die kans kry om vir ’n “week of wat” na Amsterdam te gaan om na haar oeroue tante te gaan kyk terwyl dié aansterk na ’n knie-operasie, gryp sy die kans aan.

Maar die wêreld sukkel steeds om te herstel na die COVID-pandemie, en alles is nog meer deurmekaar as gewoonlik. Uit die staanspoor word haar droom van ’n idilliese wegbreekkans beduiwel toe haar tante langer in die hospitaal moet aanbly. Sy moet alleen klaarkom in die smal huis in die Rattengracht.

Boonop is daar die storie wat haar ma haar vertel het voor haar vertrek: Ouma Tina is as jong meisie baie skielik uit Europa weg, in die middel van die Tweede Wêreldoorlog. Van daardie tydperk in die geskiedenis weet Millie min. Wat haar betref is Europa ’n ander heelal, en daar is oorgenoeg om te sien en te doen. Wat traak die verlede se probleme al die opwindende moontlikhede van vandag?

Sy het wel haar ouma se dagboek saamgebring ... dalk kan sy tog die storie ontrafel.

The post Pasverskyn: <i>Elf dae in Amsterdam</i> deur Elizabeth Wasserman appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21582

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>