Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21581

Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring

$
0
0

Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit “Spring” is  pas uitgereik.

Luister op Spotify.

Luister op Apple Music.

Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak.

Luister hoe Kirky haar eie sprong aan Izak verduidelik.

Toe die video gemaak is, was die kontrakte nog nie geteken nie, maar nou kan dit maar gesê word: Kirky spring binnekort in die pad om ’n paar vertonings saam met Bottomless Coffee Band te speel.

Dié jong boer se uitstekende debuut “Wie sê ’n vrou kan nie boer nie?”, wat vroeër vanjaar uitgereik is, het dadelik aandag getrek met deeglike speeltyd op ons radiostasies.

Die video van “Wie sê ’n vrou kan nie boer nie” is deur Jaco Nothnagel van Go2 Content en sy span op die plaas Habata naby Robertson verfilm.

Kirky het destyds in ’n persverklaring gesê:

“Ons wou graag deur die video wys dat dit moontlik is vir ’n vrou om ’n wye verskeidenheid skoene in die samelewing vol te staan. Sy kan gaan van hard werk op die plaas na opdollie en mense onthaal. Jaco en sy span het my verwagtinge heeltemal oortref.  Ek sal dit ook altyd onthou. Dit was my eerste keer voor die kamera!

Nou is daar “Spring”.

In ’n persverklaring vertel Kirky meer oor die skryf en opneem van hierdie besonderse nuwe liedjie:

“Ek het eendag ’n gesprek oor die foon met ’n vriendin gehad oor haar toekoms. Daar was ’n geleentheid vir haar vir ’n nuwe werk en ons het oor al die voor- en nadele gesels en oor wat sy uiteindelik wil bereik in die lewe. Een van die boodskappe aan haar was dat sy sal moet spring. Terwyl ons besig was om te gesels, het die woord spring by my vas gehaak en ek het dadelik die koor van die liedjie vir myself in die huis begin sing. Ek het toe weer ons gesprek in my kop terug gespeel en ‘Spring’ begin skryf.

“Na ek die liedjie voltooi het, het ek dit vir Loki Rothman gestuur vir sy opinie. Hy het laat weet ons moet dit opneem.

“Ons het met die verwerking van die liedjie begin, sinne in die verse omgeruil en hy skryf toe, as nota, ’n paar ekstra sinne neer. Ek dink nie hy was van plan om dié ekstra sinne te gebruik in die liedjie nie, maar dit het só ’n impak op my gemaak, dat dit toe die pre-chorus van die liedjie raak.

“Ek dink as jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie. Moenie perke vir jou drome stel nie. Niemand ken jouself beter as jy nie, so glo in jouself en gaan doen daai dinge wat jy nog altyd wou. Hou op uitstel en verskonings maak. ‘Eendag’ is dalk te laat. Die tyd om te spring, is nou!”

Hier is die snit op YouTube.

Gaan jy spring, of spyt wees?

Facebook: @kirkyvankirkwood

Instagram: @kirkyvankirkwood

  • Stilfoto’s: Juane Viljoen

The post Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21581

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>