
Foto: Canva
word pastorieë vol gesinsgeweld
met verloop van tyd voorstedelike
kleuterskole wat die illusie
van vrolikheid probeer skep
ten spyte van verbleikte verf?
word chauvinistiese taalbulle
strydrosse wat geglo het in geloftedag
in swart togas en wit dasse vervang
deur polities-korrekte vroulike happy clappy
dominees met dubbelloop vanne?
sal die uitverkiesing, die verbond
die verkose volk, calvinistiese werksetiek
predestinasie en goedkoop geworde
genade eindelik stom word, stoom verloor
leeg bloei voor welvaartsteologie?
The post Drie (on)tug vrae appeared first on LitNet.