Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21582

Lara se pienk mandjie, verslag een deur Heilna du Plooy

$
0
0

Algemene opmerkings:

Die taalgebruik in hierdie verhaal kort baie aandag. Ek gee enkele voorbeelde.

Daar is spelfoute (bv sestien-jarige, drys ipv druis), iets waaraan mens moet aandag gee al lyk dit soos ’n kleinigheid.

Woordorde is ook nie altyd gemaklik nie. Stilisties is dit opvallend en hinderlik, bv “hang behoorlik aan sy lippe elke periode”. Liewer: “hang elke periode behoorlik aan sy lippe”.

Daar is ook taalfoute met uitdrukkings wat gewoon verkeerd is en dus afbreuk doen aan die verhaal self (“deel van daardie tieners wat onder op die ranglys lê” – “een van daardie tieners wat heel onder op elke lys lê”; “sy hoogtepunt van die dag” – liewer: “die hoogtepunt van sy dag”; “die enigste onderwyser wat sy enigsins mee praat” – liewer: “die enigste onderwyser met wie sy enigsins praat”; “die klas is esteties” –  liewer: “die klas is goed ingerig en het atmosfeer”).

Ook betekenisfoute kom voor: die woord middelklas dui op ’n sosiale klas en kan nie soos hier gebruik word om te verwys na die groep leerders wat nie die toppresteerders / die heel populêre kinders of die stert van die klas is nie. Deurgaans moet daar ook gekyk word na die gebruik van “wat … van” wat gewoon waarvan moet wees. Kyk onder meer ook na die slotsin wat liewer so kan lui: “Van die plant … is daar geen teken nie.”

Punktuasie: ’n se apostroof moet reg lê: nie ‘n nie, maar ’n; by direkte rede moet die punktuasie reg wees (p 1).

Stilisties is die verhaal dus nog onafgerond en lomp geformuleer. Ek merk al die plekke wat aandag kort in geel sodat die skrywer daaraan aandag kan gee.

Die basiese storiegegewe is heeltemal oorspronklik en boeiend, maar die manier van vertel kort ook afronding. 

Oorweeg die volgende gedagtes. Dit is nie vereistes nie, maar suggesties wat die verhaal meer trefkrag kan gee.

Gee ’n meer uitvoerige beskrywing van Lara en haar optrede. Plant verontrustende saadjies vroeër in die verhaal sodat die inhoud van Lara se mandjie van die begin af nog meer verdag is as wat dit tans is. ’n Verhaal gee klein tekentjies vir die leser dat iets aan die kom is, maar verklap nie die geheim nie. Die ontknoping kan egter ook nie uit niks voortkom nie. Lara kan byvoorbeeld al vroeër met iets vreemds betrap word en dit kan dan die aanleiding wees daartoe dat sy die vriendskap met Josua laat doodloop. Josua kan dus meer weet as die twee vriendinne. Daar kan ook beskryf word dat Lara soms duidelik bang is. Dit kan dan in verband gebring word met Lara se ma se liefde vir plante. Tsjechof het gesê dat as die skrywer ’n spyker agter die kamerdeur beskryf, dan moet die karakter hom aan die einde van die verhaal aan daardie spyker ophang. En andersom: As die spyker beskryf word, moet daar later iets belangriks met die spyker gebeur. Maar daardie saadjie is geplant as die spyker genoem is en die leser bring dan die dinge bymekaar soos wat hy al verder tot by die die slot van die verhaal lees.

Ek dink dit werk goed dat die verhaal vanuit Josua se perspektief vertel word. Jy kan egter nog meer direk beskryf, al is dit deur Josua se oë. Probeer dus direk uitbeeld eerder as wat jy vertel. Jy kry dit reeds in beginsel reg deur van dialoog gebruik te maak om inligting oor te dra en die kinders se gesindhede uit te beeld. Maar Josua word byvoorbeeld te eksplisiet voorgestel: “Josua is ’n sestienjarige  …” Soms kom die inligting te doelbewus oor: bv iets soos “Meneer Hanekom is die skoolhoof.” Sê liewer: “Roep die hoof. Assblief Meneer, sê vir meneer Hanekom iets vreesliks is aan die gebeur.” Sulke inligting wat te doelbewus ingebring word, versteur die verloop van die verhaal. 

Gaan kyk na Alexander Strachan se verhaal (5-23 in Om te vertel), hoe direk hy beskryf en hoe hy met min woorde nogtans die hele atmosfeer en omstandighede uitbeeld.

Lees weer jou verhaal deur en leef jou in die omstandighede in. Kyk of jy tevrede is met hoe jy die karakters laat praat. Byvoorbeeld: Wanneer die konsternasie uitbreek, is daar geen tydsverloop nie – alles gebeur vinnig. Dan kan Josua nie sê “... ek voel nog steeds baie vreemd nie …” “Nog steeds” impliseer tydsverloop, maar op daardie moment in die verhaal gebeur alles onmiddellik. Daar moet dan ’n versnelling in die beskrywing kom: wat elke kind doen en wat gebeur. Soos wat inderdaad gebeur in die paragraaf wat begin met “Die plant op die tafel …”

Wees versigtig vir byvoeglike naamwoorde: die “lowergroen” koorsbome – jou storie gaan nie oor natuurbeskrywing nie en die enkele verwysing steek dan opvallend uit. Skrap gewoon “lowergroen” en vermeld die bome as deel van die omgewing waarin jou storie afspeel. Wees ook versigtig om nie te vertel waar jy eerder moet uitbeeld nie, soos wanneer jy skryf: “Mnr Brandt besef dat daar dalk waarheid in die waansin skuil …” Daar sou dit dalk beter wees om weer direkte rede te gebruik:

Die drie kinders kyk verdwaas na mekaar.

“Of is dit dalk die waarheid?” roep mnr Brandt uit. Sy gesig is vertrek van ontsteltenis. “Bly net hier …” skree hy vir die kinders en hardloop vervaard in die rigting van die klaskamer.

Die slot werk goed. Dit is goed om nie alles uit te spel nie, maar ’n buitebron soos die nuus te gebruik om die inligting oor te dra. Daar is ook genoeg energie in die verhaal wat behou moet word.

Die verhaal kan goed werk as dit ‘n bietjie afgerond en verfyn word.

Sterkte daarmee.

*

(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)

Terug na die invalsblad van die LitNet-slypskool Om te skryf. >>
Lees ook:

Lara se pienk mandjie

The post Lara se pienk mandjie, verslag een deur Heilna du Plooy appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21582

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>