Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21598

Begrawe, maa moenie vegiet

$
0
0

Begrawe, maa moenie vegiet

– My broe, waavanaf kô jy?

Erfenisdag is ommie draai. Die dag staan wyd bekend as braaidag in Suid-Afrika, ‘cause let’s be honest, daa is niks bieter asse dop en choppie, maa dis mee as nettie gekuier en gebraai. Dis ’n dag wat jou basically vra my broe, waavanaf kô jy en wat dra jy saam met jou elke dag?

Voo ek my punt maak, ees ’n paa mandatory things. Erfenisdag wôd gecelebrate oppie 24ste Septembe elke jaa en was voo 1994 as Shakadag bekend en was die dag waa’op Zoeloes hulle koning herdenk het. Na 1994 hettie cabinet beslyt, naai, ammal moet in join, en is toe dat dit ’n dag wôd waa alle Suid-Afrikaners angemoedig is om hulle heritage te celebrate, whatever bevolkingroep hulle oek al deel van maak. Oudpres Nelson Mandela het gesê ôs isse rainbow nation, ennie dag is oek greatly ommie veskillende cultures, textures, flavours en un-stolen spices in ôs land te celebrate, highlight en te onthou. Soes ek julle kee op kee sê, memorative days faze my nie, want alhoewel dit goed is om te onthou en te kla en te vra, ‘cause daai is waarie pyn lê, issit soes Krismis virrie government om wee hulle suits af te stof en outdated freedom speeches en words of encouragement virre failed nation te bied.

Erfenisdag wôd soe mooi in Afrikaans beskryf as "dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie". Op Wikipedia. Wat my directly na my punt vi hierdie artikel vat.

Die onlagse sterfte van Queen Elizabeth II hettie wêreld op hol gehad, ‘cause London Bridge has fallen, en nou beginnie kak. Queen se dood issie definition van ou koeie loep en opgrawe. Ek was nooit fascinated deurie royal family nie, maa was altyd up to date met alles wat gebee, want mainstream media force daai ding in jou gesig. Ek wiet weirdly enough vannie protocols ennie way hoe hulle hulle liewe móét liewe. Die dynamic is interessant – die throne wat altyd eeste kô ennie love en admiration wat hulle vannie hele wêreld af kry. Mense is obsessed met dié mense, maa ek niem an as iets soe lank in jou liewe is, raak jy óf geheg daaraan óf jy lee om daamee te liewe. Ek voel die Queen ennie monarchy is daai vi my. Iets wat ek mee moes liewe, simply because wat kan ek of jy dan nou doen an dit. Maa dit was vi my interessant ommie ontvangs vannie nuus oo haa dood te sien. Dis ge’meet met different reactions.

Dit het my lat dink an tradisie en kultuur. Ek dink dis iets wat jy as een wat ingebore wôd in iets, as vanselfsprekend anvaa en daa issie baie tyd om dit te question nie. Daa is tyd om op te staan, maa opstaan gaan altyd gepaard met allien staan, en dit soek niemand oekie. Die queen, by nature, is embedded in history en historical events. Haa deelname en involvement en complicit behaviour in decision-making, implementing, destroying en change is influential en belangerik, to say the least. Hierie observation het my direk gevat na nie net jou heritage as iemand van ’n siekere bevolkingsgroepie, maa die heritage van iemand as kind van, as deel van, ’n familie en ’n sekere environment. Die dinge waamee ek en jy vedag deal, het ek en jy 9 times out of 10 nie ees beginnie, maa ôs sit mettie kak. Innie EFF se statement toe sê hulle: “We do not mourn the death of Elizabeth, because to us her death is a reminder of a very tragic period in this country and Africa’s history.” Ek koppel my naam weinig aan iets wattie EFF sê, ‘cause ek dink daai party is baie reactive, maa die statement wat hulle op hulle official Twitter page geshare het, het met baie mense in close proximity geresonate en dit wys dit isse shared feeling amongst many. Die “Kô ôs vegiet en celebrate” het te gou gekô. Die somtotaal van wat sy moes erf, en nou pass na King Charles III, isse heavy load gevul met guilt en torture en pyn ennie reparations wil nettie kô nie, en assit kô issit nie genoegie. Elke national monument, cultural reference, historic building or moment and art isse constant reminder vannie gevat sonne veel terug gie. Die ytbyt ennie anhou byt. Dis tragic dat even wannee jy probee bietere doen, kan jy nie maklik ontslae raak vannie goed wat directly na jou toe gepass issie. Goed wat in jou bloedlyn is: die pyn, die gesukkel, die gemartel ennie gebreek en soe gemaak en laat staan.

Wat is jou erfenis? Nie jou kulturele een nie, maa joune as mens? Hoe wil jy onthou en gecelebrate wôd? Wat wil jy hê moet jou nalatenskap wies wattie een gaa wies waa die bad die good overshadow nie? Iets wat overflow, nie net na jou familie nie, maa die mense in close proximity an jou, dié wat rêrag saakmaak ennie net jou online homies en brasse nie.

Daa gat undoubtedly een vannie famous mense innie wêreld en ’n groot chunk van geskiedenis op 96 dood, en al wat in my ore echo issie tweede laaste paragrapgh vannie EFF se statement:

During her 70 year reign as Queen, she never once acknowledged the atrocities that her family afflicted on native people that Britain invaded across the world. She willingly benefitted from the wealth that was attained by the exploitation and murder of millions of people across the world. The British Royal family stands on the shoulders of millions of slaves who were shipped away from the continent to serve the interest of racist white capital accumulation, at the centre of which lies the British Royal family.

Maak sieke jy kyk na beide kante van jou heritage. Die een gekoppel an jou komvandaan, ennie een gekoppel an jou daantoe gaan! Dis vital innie manier in which mense vi jou remember en celebrate.

Die Britse Gemenebes in 1942 (Grafika: British Information Services, Public domain, via Wikimedia Commons)

Hiesô isse gediggie vi jou in honour of Heritage Day 2022:

Daa spattie Queen 

Queen Elizabeth II se dood
Voel soes daai van ’n dead beat father wat ’n moerse distance van jou af bly
En ’n new en comfortable life create het met sy nuwe family
Dit hettie ’n effek op jou nie, maa dis iets wat jou haunt
Soe jy trek jou begrafnisklere an en jy dra yt byrie hys
Net belangerike mense dra yt byrie kêk en net belangeriker mense dra graf toe
Jy fake jou tears
Jy sing wee ontmoet    
Jy kyk hoe hulle die kis lat sak
Jy begrawe
Maa jy vegietie.

The post Begrawe, maa moenie vegiet appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21598

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>