
Prent: https://pixabay.com/photos/paper-texture-wrapping-paper-3155438/
Awê, Uncle Cyril
Hoe vaar ie siel? Nie lat ek wil wiet ie, is mos polite om te vra. My eie siel is diep beswaard, Uncle. Is mos nou al ’n mooi tydjie lat ek ie feeling kry Uncle gaslight ôs. Die highlight van my Maandag was nog allie pad Uncle se love letter, maa al hoe mee maak Uncle net my bôs warm. Elke slag beginne Uncle soe mooi, maa ek check Uncle se vibe.
..............
Hoe vaar ie siel? Nie lat ek wil wiet ie, is mos polite om te vra. My eie siel is diep beswaard, Uncle. Is mos nou al ’n mooi tydjie lat ek ie feeling kry Uncle gaslight ôs. Die highlight van my Maandag was nog allie pad Uncle se love letter, maa al hoe mee maak Uncle net my bôs warm. Elke slag beginne Uncle soe mooi, maa ek check Uncle se vibe.
................
Soes dié wiek sinne. Meeste van ôs het mos maa ’n soft spot vi Steve Biko, en Uncle tokkel daai spot soes Abdullah Ibrahim op sy heel beste. En Uncle issie vekeed ie. Mense se dignity moet gerespect wôd. Is mos ’n human right, en as ôs mooi dink dan issit een vannie most important human rights. Dink soe, Uncle – ôs het ’n right om skoon wate te kry. Sonne skoon wate kan ôs ie vi ôs was ie, ôs kan ie toilet toe gan ie, ôs babies kan ie bottel drink ie, ôs kan ie ôs wasgoete was ie.
Uncle wonne sieke vi wat ek nou angan oo wate. Sien Uncle, ek vat altyd ie klein rural plekkie waa ek bly om ie land se temperature te vat, wan niks is unique an een plek ie. Is soes Covid, djy dink nog iemand hoes net hiesa, en as djy djou wee kom kry, dan is ie hele land vrot vannie plaag. Incompetence en corruption stiek nog vinniger an as ie plaag. Kla mense oo service delivery in een spot, kan djy maa sieke wies daa’s issues op anne plekke oek. En sorry om te sê, Uncle, maa die municipalities waa die ANC rule, gan it maa geroek.
My pozzi is in ’n coalition-munisipaliteit. En als het nogals goed gegan, tot ie wiele afgekom het. En het it afgekom, Uncle. Som mense is nou al ’n wiek sonne wate. Day zero kom toe somme sonne warning. Nou, ôs is ammel nog sensitive wan ie laaste kee toe die taps leeg was, toe brand helfte vannie dôp ampe af. En daai was noggie twie maane trug ie. Soe, toe daa wee nie wate issie, toe raak mens mos maa omgekrap. Toe is daa nie ees ’n trok om wate te delive nie, Uncle. Ôs wil wiet hoekom. Wan die company wat ie service moet deliver, deliver niks. Wôd hulle kontrak gecancel? Of course not, watse stupid question is daai? En daa wôd met groot fanfare op Facebook announce lat hulle nuwe pompe en pype gan install. Asof hulle ôs ’n favour doen, en dit ie hulle wêk is ommie goete te maintain ie.
Maa die grootste mystery wat ôs ie gesolve kry nie, Uncle, is dat ie twie buurte waa die hoë ouens vannie municipality bly, wate het. Sieke maa coincidence, Uncle. Soes die coincidence lat daa nooit loadshedding is waa Uncle bly nie.
............
Maa die grootste mystery wat ôs ie gesolve kry nie, Uncle, is dat ie twie buurte waa die hoë ouens vannie municipality bly, wate het. Sieke maa coincidence, Uncle. Soes die coincidence lat daa nooit loadshedding is waa Uncle bly nie.
................
Eeste op dag drie of vier toe wôd trokke gelat kom vi wate, maa daai wate lyk soes Coke soe vuil is it. Glad ie fit om gedrink te wôd ie.
Is daai Uncle se worries? Of course, wan die vis vrot vannie kop af. As die klein vissies hiesa onne sien niks gebeu met incompetents of corrupt ouens daa bo nie, dan worry hulle oek ie. Is mos eeste as mense beginne brand en protest en ie N2 toemaak, dan wôd daa aandag gegie. Maa hoekom moet it altyd ees daa kom voo iets gedoen wôd, Uncle? Bo op Uncle se level en onne op municipal level.
...........
As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere.
............
As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere. As djulle omgegie het vi ôs mense, dan het daa nie in 2022 nog kinnes onne ’n boom klas geloep, of in pit latrines geloep val en vedrink ie. Dan sou oumense nie moes kliniek toe loep om hulle chronic medication te kry om netsoe leë hanne te moet omdraai wan daa issie supplies ie. Dan sou die ambulance wat mense hospitaal toe moet niem nie siek mense innie nag langs ie pad aflaai lat hulle hulle eie way innie donkerte huis toe moet kry nie. Dan was it ie norag vi siek mense om huis toe gestuu te wôd wan daa issie ’n bed vi hulle innie ward ie. En ek praat ie nou van in Covid-tyd ie, ek praat van nou in 2022.
Is ’n disgrace, Uncle. Wan djulle gie lip service, en djulle brag oo rights wat soe mooi lyk op papie, maa wat nooit gerealise wôd ie.
As Steve Biko nog geliewe het, sou hy gesê het ôs moet van djulle geliberate wôd, Uncle.
The post Van wanne af is dignity net ’n paper right, Uncle? appeared first on LitNet.