Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21598

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: The way I die
Skrywer: Derek Haas
Uitgewer: Pegasus Crime
ISBN: 978-1-68177-662-0

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie (The Silver Bear, Columbus en Dark men) is. Sedertdien het Haas ook A different lie en The way I die as deel van die reeks uitgebring.

Die reeks begin met die woorde: “You’re not going to like me when this is over.” Tog is Columbus een van my gunsteling anti-heroes in ’n genre wat ’n bloeitydperk beleef. Die sukses lê grotendeels daarin dat Haas, vervaardiger van Hollywood-films soos Wanted en The double, se boeke soos films lees.

Hy skryf met Columbus as eerstepersoonsverteller. Sy boeke waarborg kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels om elke tweede hoek en deurgaans skop, skiet en donner. The way I die is geen uitsondering nie.  Hy is ’n meester met “show, don’t tell” en doen dit met die minimum woorde. Die boek is skaars 220 bladsye lank.

In The way I die neem iemand ’n kontrak uit op die lewe van die ontwerper van gesigsherkenningsagteware, Matthew Boone, en Archibald “Archie” Grant, Columbus se voormalige middelman, oorreed hom om Boone te beskerm.

Maar Columbus, wat homself nou Copeland noem, is geen lyfwag nie. Hy is (in sy eie woorde) “a killer not a protector, a sword not the armor, a goddamn gun not a bulletproof vest”. Die enigste manier waarop hy kan verhoed dat Boone nie deur ’n huurmoordenaar doodgemaak word nie, is om nie net die huurmoordenaar dood te maak nie, maar ook die persoon wat die kontrak op Boone se lewe uitgeneem het.

Na die grudood van sy vrou, Risina, is die aantreklike Ierse Peyton Martin se verskyning ’n heerlike toevoeging tot die reeks. Met die pragslot voorsien ek dat sy en Columbus binnekort weer in een boek gaan verskyn.

Haas bring genoeg van sy vorige boeke in sodat die boek alleenstaande gelees kan word, maar ek beveel aan dat lesers heel voor begin vir pure leesgenot.

The post Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: <i>The way I die</i> deur Derek Haas, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21598

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>