Ek sit nog steeds en wonder wat rommelstatus nou werklik is. Ek wonder ook hoekom ons nou nie rommelstatus bereik het nie. Ek hoor die slim manne sê ons vergelyk of is beter af as lande soos Indonesië en Brasilië. Wat dit eintlik beteken weet ek nie. Ek het net 'n gevoel of pensruk (gut feeling) iets is nie pluis nie. Soos in vorige briewe beaam ek dit weereens. Wie is werklik aan die stuur van ons ou landjie? Is ons weer gekoloniseer of wie en wat beheer of bestuur ons. Geld vloei die land in. Multi-nasionale maatskappye belê groot bedrae geld, die effektebeurs lewer rekords op en presteer.
Hier in ons dorp word paaie geteer en geverf. Almal vertel vir ons dit gaan sleg, die droogte gaan ons knak, wat in elk geval 'n knak storie of ekskuus is wat die P&Pays en Checkerse gebruik om pryse op te jaag. Praat nou die dag met 'n kennis van my wat te vertelle het die boer/produsent is die ou wat aan die kortste ent trek. (Ou nuus in elk geval.) Die donner is een van die uitbuiters, maar hy het darem simpatie met die boere.
Ek glo nog steeds ons heer en meesters wat die land vanuit "gentlemen’s en private clubs" in Ingeland, Amerika en waar ook al bestuur/manipuleer het te veel belange hier om toe te laat die landjie heeltemal gaan sink.
Hier moet ons bly. Dit gaan nog verskriklik lekker raak. Die groot "sports" kom nog. Ons almal dink ons voorheen benadeelde medeburgers is aandadig vir korrupsie en steel. Moenie alles glo wat die TV en koerante vir jou opdis nie.
Die landjie word deur ons broers/pelle/familie rot en kaal besteel.
Reusedwerg
The post Rommelstatus, wat jy waar kry? appeared first on LitNet.