Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Vir Angus oor sy kommentaar onderaan my brief van 13 Mei 2016

$
0
0

Beste Angus

Jy lê woorde in my mond of jy lees verkeerd.  Ek het jóú nooit 'blameer' nie, in watter opsig sou ek dit nou doen?

Ek hoef ook nie op die taalkommissie te dien om die reël van een woord vir een begrip te maak nie want daar is reeds so 'n reël; 'vye konfyt' byvoorbeeld is verkeerd, dit moet 'vyekonfyt' wees. Hierdie reël bestaan in Duits, Nederlands en ek vermoed Sweeds, Deens, Noorweegs, Yslands, Wallies en miskien nog Russies ook, en Pools, en dalk Hongaars en nog sommer ’n hele klomp ander tale ook want dis logies. 

Ek het ook nie die taalkommissie van enigiets beskuldig nie, ek het die taalkommissie nie eers genoem nie; ek het bloot gesê die verskoning van lompheid is onsin en die foto geplaas van die Duitse voorbeeld (waarmee die Duitsers geen probleem het nie).  Jy kan nie die taal verskraal of verrinneweer omdat daar mense is wat te lui is om te lees nie, dis soos om die spoedbeperking op snelweë te verminder na 40km/h toe omdat daar mense is wat nie vaardig kan bestuur nie.

Jy sê aan “ . . . taalagteruitgang soos [ek] dit noem . . .”  en die implikasie is jy reken ek sien taalaanpassing as agteruitgang.  Jy verstaan nog steeds nie die verskil tussen taalevolusie, of taalaanpassing, of taalontwikkeling en taalstagnasie of -agteruitgang nie.  Ek het nou al baie analoë vir jou voorgehou soos appels wat verander van groen na ryp of ryp na vrot (albei gevalle van verandering maar resp vooruitgang en agteruitgang) maar hier’s nou vir jou ‘n werklike voorbeeld uit ‘n sepie:  Die karakter sê vir sy meisie “jy’t ge-mention dat ons nie ’n future saam het nie.”  Is dit nou volgens jou ‘n verbetering op “jy’t genoem dat ons nie ‘n toekoms saam het nie”?  Daar is nog talle voorbeelde, kyk maar na die Afrikaanse sepies op KykNet.

Jy reken taal is in die hande van die gebruikers daarvan.  Gedeeltelik reg, maar elke taal het sy spelreëls, woorde- en grammatikaboeke; elke taal het sy hoeder.  Indien die taal slegs van die gebruikers afgehang het was taalkommissies, woordeboekmakers ens onnodig.  Elke taal het sy instansies wat hulle beywer vir handhawing en voorkoming van verval en/of agteruitgang.

Jy praat van professore, onderwysers, lektore en die meer, al sou die handelinge van dié nou ’n bewys wees dat wat tans aan die gang is maar bloot ‘aanpassing by omstandighede’ is.  Dit is nie waar nie; óf hulle versaak hulle plig, óf hulle is medepligtig of bloot net onbekwaam want Afrikaans gaan sodanig agteruit dat allerhande feeste en dinge nou gereël word om die taal van ondergang te red.

Ek het die dokterstorie vir jou genoem as voorbeeld van die verwarring wat geskep word as die vasskryfreël NIE gevolg word nie.  Die Engelse koerantopskrif lui “six foot doctors arrested”.  Dit kan wees “Ses voetdokters gearresteer” of “Sesvoet dokters gearresteer”.  Die Afrikaans (of Duits of Nederlands) is duidelik, die ware betekenis in Engels kan slegs uit konteks afgelei word.  So dit is net die teenoorgestelde wat jy sê, naamlik die dokterstorie dui NIE op onuitvoerbaarheid nie.  Inteendeel, dit wys juis op die noodsaaklikheid van reg spel (in Afrikaans, Duits en Nederlands – die Engelse moet maar konteks bestudeer om te verstaan wat gesê word).

En ja, ten slotte, daardie twee vrouens hét stasies en hulle bestuur hierdie stasies sodanig dat Afrikaans ondermyn word op hulle stasies.

Groetnis

Jan Rap

 

 

The post Vir Angus oor sy kommentaar onderaan my brief van 13 Mei 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>