Slow Violence / Langsame geweld
with / met
Marica Otto, Janet Blignaut & Libby de Villiers
Die moderne mens is so gewoond aan geweld, veral die sigbare geweld wat deur oorlogvoering en terreur via televisie deel word van die lewe in die voorhuis, dat meeste mense vergeet van die ander, onsigbare gesig van geweld. Nie oorlog, politieke of skouspelagtige geweld nie, maar die onsigbare dinge wat mense langsaam en meedoënloos aftakel op ’n meer persoonlike en emosionele vlak.
Ons lewe met die letsels daarvan saam – geestelik en fisiek.
Digters en skrywers in verskeie tale het hierdie onsigbare geweld in hul werk aangespreek. Die bekende aktrise Libby de Villiers en die sangeres Marica Otto, begelei deur Janet Blignault, bied tydens die Hermanus Fynarts–fees ’n treffende en emosioneel verreikende program aan waarin hulle dié gedigte en skryfwerk uitvoer en voorlees.
Die program heet Slow Violence / Langsame Geweld, en beloof om een van die hoogtepunte van die fees te wees. Daar is net een uitvoering geskeduleer, naamlik op 6 Junie om 11:15 vm in die United-kerk, Hermanus
Die woordkunstenaars wie se werk betrek word, is:
Alan Paton
Antjie Krog
Bertolt Brecht
Bernard Levinson
Breyten Breytenbach
Czeslaw Milosz
Danie Marais
Emily Dickenson
Fanie Olivier
Hennie Aucamp
Jaques Brel
Jayanta Mahapatra
Jeanne Goosen
Joan Baez
Johan Van Wyk
Laurinda Hofmeyr
Osip Mandelstam
Pablo Neruda
Pete Seeger
Susan Sontag,
Wilma Stockenström
Wally Serote
The post Slow Violence / Langsame geweld by Hermanus Fynarts appeared first on LitNet.