Die konsep word verskillend verstaan op verskillende plekke en onder verskillende regeringsvorme. Maar deurgaans is dit onhaalbaar en kan nie onderhou word nie. Dit word of deur toenemend linkse regerings belowe of deur toenemend slapgat mense opgeëis.
Geen regering het geld nie, 'n regering het geen bedrywe of besighede wat geld kan genereer nie. Elke sent wat die regering het is 'n sent wat by iemand gevat is. Dis belasting en daarmee word die land se administrasie bedryf.
Alles wat aan mense gegee word moet deur iemand anders geskep word, al hierdie regeringshulp en "hand-outs" beteken dat iemand werk vir iets wat hy nie gaan kry nie en iemand anders kry iets waarvoor hy nie gewerk het nie. In lande met swak regerings en barbaarse bevolkings gebeur dit in 'n groter mate as in ouer en meer gevorderde demokrasieë, maar dit is wêreldwyd 'n bestel wat nie oneindig kan aanhou nie, dit sal vou.
Die lande met meer bekwame regerings, beter ekonomieë, kleiner persentasie werkloses ens kan dit beter beheer en beperk tot die wat dit werklik nodig het en ook die slapgat "bloodsuckers" uitvind. In ander plekke is dit buite beheer en die groepie wat werk en nie kry is baie, baie kleiner as die groep wat kry sonder om daarvoor te werk.
Dit kan mos nie net aangaan nie, iets gaan knak.
Duitswester
The post Mense se regte appeared first on LitNet.