Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Kortlyste vir Media24 Boeke-pryse bekend

$
0
0

Gevestigde sowel as nuwe skrywers ding vanjaar mee om die Media24 Boeke-pryse wat in Junie toegeken word. Die kortlyste vir dié pryse is pas bekend gemaak.

Met hierdie pryse word ’n lang tradisie voorgesit om erkenning te gee aan die beste boeke wat in die voorafgaande jaar deur boekuitgewerye in die Media24-groep, insluitend NB-Uitgewers en Jonathan Ball, gepubliseer is. Die wenner in elk van die ses kategorieë ontvang R35 000. Die skrywer en illustreerder wat die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke ontvang, deel die prysgeld in dié kategorie.

Onafhanklike beoordelaarspanele het die kortlyste saamgestel uit ’n ryk oes titels wat ingeskryf is. Die kortlyste, in alfabetiese volgorde volgens skrywer, is soos volg:

WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie (roman, kortverhale of drama)

  • Wonderboom deur Lien Botha (Queillerie)
LitNet Akademies-resensie-essay: Wonderboom deur Lien Botha

Henning Snyman
Seminare en essays

"Die roman handel oor verval, oor die soeke na wortels, en oor ontnugtering."

  • Brandwaterkom deur Alexander Strachan (Tafelberg)
LitNet Akademies-resensie-essay: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Louise Viljoen
Resensies

Brandwaterkom is "’n roman wat die leser se aandag uit die staanspoor vasvang en deurgaans behou".

  • Vlakwater deur Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)
LitNet Akademies-resensie-essay: Vlakwater deur Ingrid Winterbach

Andries Visagie
Resensies

"Met haar roman skryf sy dus voort binne die tradisie van die betrokke literatuur in Afrikaans, maar soos geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver nie, slaag sy daarin om die dilemma van die metamodernisme vas te vat."

Recht Malan-prys vir Afrikaanse of Engelse niefiksie

  • Black Brain, White Brain deur Gavin Evans (Jonathan Ball)
  • Perfect Storm deur Milton Shain (Jonathan Ball)
  • Showdown at the Red Lion deur Charles van Onselen (Jonathan Ball)

Elisabeth Eybers-prys vir Afrikaanse en Engelse poësie

  • vry- deur Gilbert Gibson (Human & Rousseau)
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson

Natie Botes
Resensies

"Ek het gestem, ek het ’n stem. Ek is dus vry.
Of is ek net kwansuis
vry-?"
En so is Vry-.

  • Takelwerk deur Daniel Hugo (Human & Rousseau)
Resensie: Takelwerk deur Daniel Hugo

Danie Botha
Resensies

"Maar lees nou hierdie digbundel van Daniel Hugo, of net maar 'Stellenberg se eik' (56). Dan het ’n mens mos hoop. Dan kan jy nog die krag van Afrikaans so duidelik ervaar. Jy gaan oor tot verstáán."

  • Bladspieël deur Marlise Joubert (Human & Rousseau)
Boekresensie: bladspieël deur Marlise Joubert

Philip John
Resensies

"bladspieël bevat uiters toeganklike, maar tog treffende poësie waarvan die trefkrag net toeneem met elke herlees."

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie (roman, kortverhale of drama)

  • The Fetch deur Finuala Dowling (Kwela)
Book Review: The Fetch by Finuala Dowling

Eva Hunter
Books and writers

"There is much to charm and delight – not least some very funny dialogue – in this story about a motley ('mixed') group of South Africans living their 'ordinary' lives and learning to express love for one another in practical ways."

  • The Shadow of the Hummingbird deur Athol Fugard en Paula Fourie (Human & Rousseau)
Athol Fugard en Pieter-Dirk Uys gesels met Paula Fourie

Books and writers

"Everything in South Africa has always been political. It’s still the oxygen of our daily breath."

 

M.E.R.-prys vir Afrikaanse en Engelse jeugromans

  • Elton amper-famous April en juffrou Brom deur Carin Krahtz (Tafelberg)
  • Bambaduze deur Derick van der Walt (Tafelberg)
Boekresensie: Bambaduze deur Derick van der Walt

Henriëtte Loubser
Resensies

"Derick van der Walt is nie bloot besig om jong lesers te verlei tot die lees van meer gesofistikeerde fiksie nie. Hy skrýf dit reeds: goeie, betekenisvolle, literêre tekste, en hy skuur dus sodoende met gemak skouers met die grotes."

  • Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver (Tafelberg)
Boekresensie: Swemlesse vir 'n meermin deur Marita van der Vyver

Dewald Koen
Resensies

"Swemlesse vir ’n meermin is ’n voortreflike opvolger vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Dié tweeluik sal tienerlesers boei en selfs ’n paar volwasse lesers met nostalgie aan hul tienerjare laat dink. Met haar jongste jeugroman bewys Van der Vyver weer eens dat sy in voeling is met haar lesers en weet wat in tieners se koppe broei."

M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke in Afrikaans en Engels

  • Hendrik Leerdam: Kaap van storms deur James Home en Peter Mascher (ill.) (Tafelberg)
  • Die Dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien deur Elizabeth Wasserman en Astrid Castle (ill.) (Tafelberg)
  • Professor Sabatina se wetenskapboek deur Elizabeth Wasserman en Astrid Castle (ill.) en Rob Foote (ill.) (Tafelberg)

Die pryse word op 22 Junie in Kaapstad toegeken.

The post Kortlyste vir Media24 Boeke-pryse bekend appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>