Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Die etiek van verpligte inentings

$
0
0

Illustrasies: Pixabay

...
Is dit eties? Dit is.
...

Op Sondagaand 28 November het president Ramaphosa daarop gesinspeel dat die regering dit oorweeg om mense te dwing om ingeënt te word teen COVID-19.

Is dit eties?

Dit is.

In ’n akademiese meningstuk wat volledig aan die publiek beskikbaar gestel is vir verspreiding onder die sogenaamde Creative Commons-lisensie (CC-BY-NC 4.0), skryf Keymanthri Moodley:

A public health ethics approach supports limitation of individual rights for the greater good and promotion of solidarity. The SA Constitution likewise requires a careful weighing and balancing of individual liberties, all of which may be limited when necessary and justifiable. Consequently, vaccine mandates are being promoted and implemented.

Moodley is ’n buitengewone professor in die ​Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg aan die Universiteit Stellenbosch. Sy verduidelik dat aansporings nie geslaagd is om huiwerige mense te laat ent nie. As mense egter gedwing sou word om hulle inentingspaspoorte te toon voor hulle winkels, restaurante, kroeë, nagklubs of openbare vervoer mag betree, sal die opname drasties styg. Dit is in talle ander lande bewys.

Suid-Afrika is ’n land met skaars hulpbronne. Moodley verduidelik dit so:

As most patients requiring hospitalisation and critical care are currently unvaccinated, healthcare professionals are understandably becoming less tolerant of those who refuse vaccines despite counselling and access.

Aan die begin van die pandemie het COVID-19 mense ongeag ras, klas, kultuur of geloof aangetas. Vandag is dit “a self-inflicted pandemic” en ’n “pandemic of the unvaccinated”, aldus Moodley.

Is daar ’n alternatief vir verpligte inentings?

Shabir Madhi, die epidemioloog wat talle van ons land se entstofstudies gelei het, is al by meer as een geleentheid gevra of mediese sorg nie geweier moet word vir oningeënte mense nie. Sy antwoord is dat dit nie eties sou wees om, onder gewone omstandighede, iemand mediese sorg te weier nie, al is hulle siek deur hul eie toedoen. Hy verwys na mense met longkwale, weens rook, of diabetes, weens swak eetgewoontes, wat steeds deur die staat behandel word.

...
Om mee te begin moet ’n medikus in moeilike gevalle prioriteit gee aan diegene wat die meeste by behandeling gaan baat.
...

Tydens die derde golf, wat weens die Delta-variant veroorsaak is, was hospitale tot oorlopens toe vol. Elke dag het die hoofde van privaat en staatshospitale vergader om beddens aan te bied, of te vra. Ryk en arm is behandel waar ’n bed gevind kon word. Veldhospitale is oopgemaak om die nood te verlig. En steeds het mense gesterf.

Nou word die vraag weer gevra: Sou dit moontlik wees om, onder ekstreme gevalle, ongeënte mense weg te wys?

So beskryf Moodley die etiese kwessie:

Although to date critical care triage criteria have not included vaccine status, there is growing discussion around this potential dilemma when critical care beds become severely limited during subsequent waves and many patients (vaccinated and unvaccinated COVID-19 and non-COVID-19 patients) may be competing for the last bed in an intensive care unit (ICU).

Mag dit?

Die publikasie Ethical guidelines for good practice in the health care professions is ’n openbare dokument en word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa, of HPCSA) gepubliseer. ’n Mediese dokter mag hiervolgens nie weier om lukraak te diskrimineer nie:

Health care practitioners must not allow their views about, for example, a patient’s age, disability, race, colour, culture, beliefs, sexuality, gender, lifestyle, social or economic status or other irrational grounds to prejudice the choices of treatment offered or the general standard of care provided. (Bl 137)

Maar, en dit is belangrik, in ekstreme gevalle mag behandeling van ’n pasiënt weerhou word.

Om mee te begin moet ’n medikus in moeilike gevalle prioriteit gee aan diegene wat die meeste by behandeling gaan baat:

Health care practitioners have a duty to give priority to patients on the basis of clinical need, while seeking to make the best use of resources and using up to date evidence about the clinical efficacy of treatments. (Bl 137)

Hoekom? Want daar is gevalle waar die hulpbronne so min is dat nie almal se lewens gered kan word nie. Ons woon in ’n betreklik arm land, sê Moodley: “Rationing of scarce resources is the cornerstone of healthcare in low- to middle-income countries (LMICs) across the globe.”

Hiervoor het die HPCSA se handleiding ’n antwoord:

A health care institution has the right to limit life-sustaining interventions without the consent of a patient or surrogate by restricting admission to these units. However, such restriction must be based on national admission criteria agreed upon by the expert professional bodies in the relevant speciality, as well as the HPCSA. (Bl 142)

Moodley se artikel waarsku: “If the basis for triage criteria revolves around prognostic factors, it can be argued that a vaccinated person may have a better chance of recovery from severe COVID-19 than an unvaccinated person, all other factors being equal.”

Die probleem lê egter dieper, want ’n dokter sal selde hoef te kies tussen ’n ingeënte pasiënt en een wat nie ingeënt is nie.

Die rede? Moodley beantwoord dit so: “Very few vaccinated patients, however, are developing severe disease.”

...
Moodley beantwoord dit so: “Very few vaccinated patients, however, are developing severe disease.”
...

Die ware probleem tydens die eerste drie golwe, wêreldwyd, is dat oningeënte COVID-19-pasiënte beddens vol lê wat deur ander pasiënte benodig word. “What remains concerning is the number of patients with non-COVID-19 illnesses requiring critical care who may be denied access to ICUs and high-care facilities that are full of unvaccinated patients with COVID-19.”

Aan die einde van die derde golf was die lys vir elektiewe sjirurgie op kankerpasiënte in Groote Schuur-Hospitaal reeds 600 pasiënte lank. Dit is 600 mense wat toegang tot nodige mediese sorg geweier moes word, want oningeënte mense het die mediese beddens vol gelê.

“Compassion fatigue”

Moodley vra nie dat hospitale mense moet weier nie. Sy vra wel of die tyd vir gedwonge inentings nie gekom het nie.

Haar argument gaan daaroor om die pasiënte én die mediese personeel te beskerm. Sy is bekommerd oor “compassion fatigue” wat sy by mediese personeel raaksien. “This lack of tolerance, and in some cases compassion fatigue, is playing itself out on social media platforms with uncharacteristic messaging by professionals.”

...
Haar argument gaan daaroor om die pasiënte én die mediese personeel te beskerm. Sy is bekommerd oor “compassion fatigue” wat sy by mediese personeel raaksien.
...

Wat meer is, mediese personeel in Suid-Afrika het veel langer vir hulle skraagdosisse (booster shots) gewag as werkers in ander lande:

What is adding to compassion fatigue is the vulnerability that many healthcare professionals face with their own waning immunity, despite being vaccinated, in the context of more virulent variants such as delta. A prolonged third wave has exacerbated physical, emotional and mental exhaustion. In many LMICs, healthcare professionals are not being prioritised for booster vaccine shots despite breakthrough infections 6 months after vaccination, while vaccine roll-out proceeds to younger healthy citizens. Healthcare professionals in high-income countries, in comparison, are being considered for boosters.

En dan daag mense nie op vir hulle inentings nie.

Moenie die dokters laat besluit nie, dwing mense om te ent

As jy mense dwing om in te ent, neem jy druk van die dokter af. Dokters wil nie daardie besluite neem nie, maar hulle sal dalk moet, en dit kan niemand goed doen nie. Moodley skryf: “Many of these difficult decisions in healthcare are unprecedented, but so is the scale and intensity of the pandemic, the degree of mental and physical exhaustion, and the extent of compassion fatigue.”

Dus?

Dwing mense om die regte ding te doen.

Dwing mense om hulle passe te wys voor hulle toegelaat word in skole, universiteite, winkels, restaurante en ander openbare plekke.

Help die mediese personeel. Deur nié mense te dwing om in te ent nie, buit jy die mediese dienste uit:

The medical establishment has endured a long history of sacrificial expectations to treat without fear or favour, and to serve unconditionally. These expectations lay healthcare professionals open to exploitation by the public and by employers in the public health sector. The boundaries between duty, exploitation and abuse of the healthcare profession are becoming blurred, with profound implications for healthcare during the impending fourth wave and beyond the pandemic.

“Ethical guidelines express duties”

Redelik na aan die begin van die HPCSA se etiese riglyne (bl 4) staan daar: “Ethical guidelines express duties. A duty is an obligation to do or refrain from doing something.”

En enkele paragrawe later: “To have a duty is to ask the question ‘What do I owe others?’ To have a right is to ask the question ‘What do others owe me?’”

As die etiese vraag is: “Wat moet ek doen vir ander?” dan is die etiese antwoord: “Kry jou inenting.”

En die vraag van die antivaksers? Hulle vra: “Wat moet ander vir my doen?” Maklik. Die mediese personeel sal jou behandel so lank as dit moontlik is. Intussen kan mediese dokters en ander wat reeds ingeënt is, vra dat jy nie nie toegelaat sal word in sommige openbare ruimtes nie, totdat jy die mediese personeel ter wille sal wees en jou spuit sal kry.

...
As die etiese vraag is: “Wat moet ek doen vir ander?” dan is die etiese antwoord: “Kry jou inenting.”
...

Feitekassies

Hoe beskerm ’n entstof ander mense?

Daar heers grootskaalse wanpersepsies op die internet oor entstowwe se beskerming aan ander.

Die entstof beskerm nie bloot die persoon in wie se arm die naald gedruk is nie; juis nie. Dit beskerm alle ander mense om daardie persoon ook. Die teendeel is egter ook waar: Mense sonder die entstof stel ander in gevaar, nie net hulself nie.

Die antivaksers vertel graag dat enige een aangesteek kan word, ingeënt of nie. Dit is waar, maar dit het niks met die prys van eiers te doen nie.

Hoekom dan inent? Daar is twee redes:

  • Mense met ’n lae virale telling steek nie ander aan nie.
  • Inentings voorkom variante.
Lae virale tellings belangrik

Mense wat ingeënt is, se virale lading is gewoonlik laag wanneer hulle weer aangesteek word.

Met enige virus is ’n lae virale telling ’n teken dat dit moeilik, of onmoontlik, is om ander aan te steek.

Selfs met MIV is dit die geval. Sou ’n paartjie waarvan die een MIV het en die ander nie, vandag wou kinders kry, is dit uiters moontlik, solank die persoon wat MIV+ is, sy of haar medisyne korrek gebruik. Hulle kan dan kondoomloos seks hê sonder dat die ander persoon besmet sal word met MIV.

Hoewel Covid anders oorgedra word as die MIV, is die beginsel dieselfde. Hoe laer die virale telling, hoe moeiliker is oordrag.

Diegene wat ’n hoë virale lading het, steek egter maklik aan, al is die draer self asimptomaties (skynbaar dus nie siek nie).

Mutasies

Die Omikron-mutasie het Suid-Afrika se ekonomie kwaai geknou.

Hoe gebeur mutasies?

LitNet het vroeër reeds daaroor berig:

COVID-19 word veroorsaak deur ’n virus. Virusse dring mense en diere se selle binne, tot diep in die sel, en kaap dan effektief die fabriek binne die sel wat selonderdele vervaardig om dié wat met die loop van tyd beskadig word, te vervang. Die virus gebruik die sel se onderdelefabriek om meer viruskopieë te maak.

(...)

Binne die fabriek gebruik die virus die masjinerie wat ons gebruik om ons eie selle te herstel om kopieë van homself te maak. Maar hy moet vinnig werk, want hy werk op gesteelde masjiene! Virusse plant dus so vinnig moontlik voort, en as jy só haastig werk, kruip daar klein foutjies in die kopieë in. Probeer dit self. Skryf so vinnig soos jy kan die woord “entstof” 100 keer. Wanneer jy kyk na wat jy geskryf het, sal jy sien dat nie twee van die 100 presies eenders is nie. Hoe vinniger jy skryf, hoe slordiger word die kopieë. Virusse werk net so.

Dit is hoe mutasies gebeur.

Die meeste mutasies is skadeloos; ander, soos die Delta-variant, kan groot skade aanrig.

Mense wat ingeënt is, word ewe maklik weer aangesteek as enige ander, maar die virus word meestal hokgeslaan voor dit die persoon se selle oopsluit en begin repliseer. So word mutasies, wat variante word, gekeer.

Die belang van skraagdosisse

Vir die afsienbare toekoms sal die entstofpaspoort waarskynlik gereeld hernu moet word; tegnies is dit die beste om elke ses maande ’n skraagdosis te kry.

Waarom?

Die stryd teen die virus kan vergelyk word met ’n oorlog teen insurgente, LitNet het reeds hieroor berig. Die entstof maak die liggaam hiperbewus van hoe die insurgent lyk. Enige aanval (infeksie) word dus vinnig hokgeslaan. Later word die liggaam se troepe minder aktief en die vyand kan dus makliker en dieper indring voor die liggaam weer kan toeslaan.

Elke skraagdosis skud die troepe weer wakker.

Lees ook:

Jy kán gefire word as jy nie ingeënt is nie, maar …

Wat gebeur wanneer ons ’n entstof kry?

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Die etiek van inentings en toetsing: Izak de Vries as proefkonyn

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Die sielkunde agter samesweringsteorieë

Jou dokter kan van die rol geskrap word oor ivermektien

Lees ook op Voertaal:

Om Omikron-gevolge met apartheid te vergelyk, is sensasioneel en onsin

Duisende dosisse Covid-entstof  is vermors

Reisverbod het vernietigende gevolge op Suid-Afrika se toerismebedryf

Korona: Die wêreld steier, Suid-Afrika ly

Nuwe variant is verwoestend vir Suid-Afrika se toerisme

The post Die etiek van verpligte inentings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>