Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB–Uitgewers
ISBN: 978–1–7760–7303–0
Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid–Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.
Nelia Engelbrecht praat met Naomi Meyer oor haar verhaal “Ouma Odelia en die groot Kedoef!” wat in die Ingonyama–bundel opgeneem is.
Nelia, jy het die verhaal “Ouma Odelia en die groot Kedoef!” geskryf. Waar het jy die inspirasie vir die verhaal gekry?
Ek het ’n hele ruk gelede ’n reeks oorsese kinderboeke gesien wat oor vreemde familielede gaan, en ’n rukkie later het die Afrikaanse Ouma Odelia en haar lot diere hulle op ’n dag by my kom aanmeld.
Sal jy in ’n paar sinne jou storie en iets oor die karakters kan vertel?
......
Anja is ’n laerskoolleerder wat skaam kry vir haar vreemde familie.
........
Anja is ’n laerskoolleerder wat skaam kry vir haar vreemde familie. Haar ouers is juis besig om iewers in die wêreld na interessante goggas te soek toe haar ouma met ’n vreemde fiets en twee passasiers, ’n apie en ’n slang, by die skool opdaag om haar te kom haal. Om alles te kroon, kom Ouma Odelia se troetelolifant in die pad af gestap – tot groot konsternasie van die kinders en hulle ouers.
Ouma Odelia is selfversekerd en gee duidelik nie om wat ander mense van haar dink nie. Daarom besef sy ook nie dat haar optrede vir Anja ongemaklik laat voel nie.
.......
Aanvanklik lag die kinders toe hulle vir Ouma Odelia sien – en ’n paar skrik hulle saam met hulle ouers boeglam toe hulle die slang en die olifant gewaar. Maar toe die olifant help om die skoolhoof wat onder ’n afgesaagde boom beland het, te bevry, verander die situasie.
.........
Aanvanklik lag die kinders toe hulle vir Ouma Odelia sien – en ’n paar skrik hulle saam met hulle ouers boeglam toe hulle die slang en die olifant gewaar. Maar toe die olifant help om die skoolhoof wat onder ’n afgesaagde boom beland het, te bevry, verander die situasie. Die kinders – en Anja – besef dat vreemde familielede en hulle nóg vreemder troeteldiere eintlik baie nuttig kan wees.
Jou storie handel, soos jy gesê het, oor vreemde familie. Ja–nee, jou karakter Anja kon nie haar eienaardige ouma gekies het nie. En toe is dit op die ou end haar eksentrieke troeteldier wat van die ouma ’n heldin maak. Hoe dink jy kan onderwysers die storie in die klas gebruik? Voorstelle vir gesprekke, idees vir begripstoetse, ander opvoedkundige gedagtes oor jou lekkerleesstorie?
Gesprekke: Gesels oor vreemde familielede en/of troeteldiere, en hoe die leerders daaroor voel. Hulle kan ook opstelle oor vreemde familie of troeteldiere skryf. Onderwysers kan die leerders daarop wys dat die woord “vreemde” ook vervang kan word met ander woorde, soos “interessante” of “besonderse” – woorde wat ’n meer positiewe beskrywing is.
Onderwysers kan vir die leerders vra of hulle dink hierdie storie het ’n goeie of ’n slegte einde. Hulle kan dan gesels oor gelukkige en ongelukkige eindes van stories, en hoe dit hulle laat voel.
Hulle kan ook gesels, of skryf, oor watter eienaardige of ongewone troeteldier hulle self sou wou hê en watter pret hulle dan saam met dié dier sou hê, en hoe hulle dit sou versorg. Of hulle kan sê watter troeteldier uit die storie hulle sou kies: apie, slang of olifant.
Hulle kan ook gesels – of skryf – oor hoe die mense en diere in die storie beweeg – slange seil, mense loop, apies klouter en klim, ens.
Begripstoetse: ’n Gedeelte van die storie kan aangebied word en vrae (die wat in die boek verskyn of eie vrae) kan daaroor gevra word. Onderwysers kan byvoorbeeld vir die leerders vra waarom hulle dink Kedoef is ’n goeie naam vir ’n olifant.
.......
Begripstoetse: ’n Gedeelte van die storie kan aangebied word en vrae (die wat in die boek verskyn of eie vrae) kan daaroor gevra word. Onderwysers kan byvoorbeeld vir die leerders vra waarom hulle dink Kedoef is ’n goeie naam vir ’n olifant.
.......
Sinonieme of antonieme vir woorde uit die storie kan gevra word. Die leerders kan ook in tabelvorm byvoeglike naamwoorde (of frases) gee wat die apie, slang, olifant, en die menskarakters beskryf.
Onderwysers kan ook vra dat leerders die trappe van vergelyking van sekere woorde uit die storie gee; of voorbeelde van klanknabootsing.
Lees ook:
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Jaco Fouché se kortverhaal oor vriendskap
The post Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Nelia Engelbrecht se kortverhaal oor vreemde familielede appeared first on LitNet.