Die meisie met uitroeptekens in haar oë
Skrywers: Verskeie
Pan Macmillan South Africa
ISBN: 9781776250387
Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerleesboek vir tieners.
Onderwysers vir graad 7, graad 8 en graad 9 kan ook die stories met vrug in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse.
’n Paar van die skrywers vertel vir Naomi Meyer van hul kortverhale in die bundel.
Wessel Pretorius praat met Naomi Meyer oor sy kortverhaal “Love in Autumn”.
Wessel, dis maklik om verlief te raak op die hoofkarakter in jou kortverhaal, maar hy’s klaar verlief. Op ’n ander ou. Vertel my ‘n bietjie van hom, jou hoofkarakter. En van die ander twee belangrike karakters in die storie.
.......
Ivan is ’n gay tiener in ’n tipiese Afrikaanse hoërskool wat vrede het met sy seksualiteit, maar dit nietemin uitdagend vind om homself te wees in sy milieu.
........
Ivan is ’n gay tiener in ’n tipiese Afrikaanse hoërskool wat vrede het met sy seksualiteit, maar dit nietemin uitdagend vind om homself te wees in sy milieu. Sy beste vriend is Etienne en saam trotseer hulle die (volgens hulle) strak en verbeeldinglose wêreld waarin hulle vasgevang is, vir nou. Gavin is die hot nuwe jock wat Ivan se verwagtinge oortref.
Ek sien jou storie soos ’n toneelstuk voor my. Wat was die inspirasie daarvoor?
.......
Ek moes ’n ou metaforiese kas gaan besoek waar daar baie sulke stories begrawe is. En ek wou vir daai arme mollige seuntjie met die Streisand-CD in sy Discman ’n gelukkige einde gee.
........
Ek moes ’n ou metaforiese kas gaan besoek waar daar baie sulke stories begrawe is. En ek wou vir daai arme mollige seuntjie met die Streisand-CD in sy Discman ’n gelukkige einde gee.
Vertel my in jou eie woorde waaroor jou storie gaan, in een of twee sinne, asseblief.
Ivan raak verlief op ’n nuwe breker en beland saam met hom in detensie. Hulle vriendskap neem ’n verrassende wending wat uiteindelik tot perspektief rakende die liefde sal lei.
Lees ook:
Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"
Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"
The post <em>Die meisie met uitroeptekens in haar oë</em>: Wessel Pretorius oor sy storie, "Love in Autumn" appeared first on LitNet.