Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Elders gesien: Die owerheid en die brandslang

$
0
0

Foto: PixaBay

 Elders gesien op die Graaff-Reinet Facebook-groep

Dit was doorie tyd mos nie so important om ’n fire engine te hê in ’n dorp nie. Maar Graaff-Reinet het een gehad. So ’n red one met brass klokke en ’n lang ladder teen die kant. Mens het opsy loep staan as hy aankom met ’n spied en groot lawaai. En soms was ou Drury, die traffic-cop, vooraan op die wit motorbike.

Dit was hier in die vroeë jare ‘60 toe die accident gebeur het. Dit was ’n Sunday en die manne het mos lekker onder die kurk gekuier as die tjops soe lekker braai tussen die ou bakstene. Is mos weekend …

Ander het weer by die hotelle lunchtyd geëet – altyd five course – soep, vis, vleis, poeding, cheese en biscuits saam met koffie.

Dis daai tyd wat Jack en Dorothy Laubscher by Robbie en Martha Berger loop lunch het by die Graaff-Reinet hotel. Maar hulle het eerste bietjie gekuier in die lounge en dan gaan eet as die waiter roep. Opgedress…

Dis laat middag gewees toe die waiter kom roep en sê van die accident op hoek van Murray en Parsonage Streets so tussen Reinet Huis en Die Residensie. Nou Jack hy was tandarts. Dis die wat hul kom roep want hy’s naaste aan ’n dokter. Mense het sy kar voor die hotel geken (’n rooi Merc – nog die square shape). Billy Hudson en Doc van Schalkwyk was bietjie te ver gewees – boonop is dit Sunday. Jack was Mayor vannie stadsraad ôk gewees so very important. Hy hol toe sommer by Mr Urquart se huis ommie hoek en sien hoe die light delivery op sy dak lê en die vlamme hoog lek toe die fire engine ôk opdaag. Maar daai manne het bietjie diep gekuier onder daai proppe en kurke en sukkel om die hosepyp konnek te kry. Die students van Huis Barnard het op Reinet Huis se stoep ge-gather en djou die brandweer se manne uit. En Jack sukkel ôk om hulle op dreef te kry… hulle draai te veel en hy moet mos help - die beseerde driver EN die fire engine - hy was mos owerheid as dokter en mayor! Eerste Burger…

Dis toe die hosepyp ge-connect was dat die sports begin het. Hoofdoel was hulle moes thatch roof van die museum beskerm. Hul kon nie die hose ge-mik kry nie want die water was te vlak innie tenk en spuit toe eerder die students sopnat as die LDV… en die thatched roof! Die students djou, skree, spot en lawaai en een kom later opgeruk die trappies afgehôl en ruk Dr Jack so opsy en skree: “Ons gaan jou by die Owerheid rapporteer oor die mense ons so natspuit…!”

En dis toe dat Jack opkyk van die gewerskaf, hom verêrg en terugskree vir die student: “Jongman, jy kan maar report so veel as jy wil boetie, ek IS die dônnerse OWERHEID!”

Askies vir daai woord maar hy het rêrig as Mayor so gesê…

(Dis Robbie se seun, Alan, wat my gebel het en ge-remind het van dié gedoente …)

In memory: Jack + Dorothy Laubscher.

The post Elders gesien: Die owerheid en die brandslang appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>