Vandat Lotta en Chantelle ’n grilfliek gaan kyk het om hulle met die skool se leeskompetisie te help, gebeur daar grillerige goed: Chantelle kan skielik baie goed lees (dis toordery!), Mamma kry op Vrydag die 13de seer, en Lotta en haar raasboekboeties moet by ouma en oupa gaan bly. Hulle het deesdae ’n swart kat en Lotta en Chantelle kry met ’n grillerige man te doen. Die een ongeluk ná die ander tref hulle!
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by Human & Rousseau: <i>Lotta se lewe 12: Hoe later, hoe kwaker</i> deur Alice Pantermüller en Daniela Kohl appeared first on LitNet.