’n Review van die Britse TV-reeks, We Are Lady Parts:
.....
En daai’s hoekom ek relate na Amina Hussain, die central character wie se journey ôs follow innie series ... Amina is ’n microbiology PhD-student wat al haa free time op ’n marriage app spend om ’n potential suitor te vind – sy wil in pas wees met haa vrinne wie ammal op trou staan. Amina is oek ’n part-time guitar teacher, maa sy hou dit oppie down-low (musiek is mos haraam is sommige circles). Maa Saira gaanit’ie allow nie wanner sy Amina se guitar-playing talent discover, en Amina is gou recruited virrie Lady Parts band.
.....
Ek was altyd fascinated mettie woo’d “punk” wanner ek in varsity was, though het ek nie gewiet wattie woo’d eintlik bedoel’ie – ek hettie meaning vannie woo’d gevoel. In my imagination het die woo’d allerande dinge vi my beteken, soes om free vannie system te wies. Daai tipe freedom appeal mos baie annie sensibilities van millennial youth, ve’al die tipe frustrated youth ek was in my varsity days. My vrinne en ek was heeltemal obsessed met Glee. Die Glee cast het ’n heelwat cool mash-up in Season 2 vannie show gedoen, “Start me up / Living on a prayer”, die coolste combination van classical rock numbers – The Rolling Stones meets Bon Jovi. Plustens het die Glee cast, die vrouens innie Glee Club, se song geperform in swart leather klere, leather jackets en matching boots. Vi my was daai punk personified! In my dêde jaa het ek oek School of rock gekyk virrie ee’ste keer, en thanks aanie character van Dewey Finn (gespeel deur Jack Black) is Pink Floyd en Led Zeppelin nog altyd my heroes.
Maa om ’n punk Muslim-meisie te wies was mos ’n contradiction of some sorts. Die problem was dat innie Muslim-huis is ôs gelee dat musiek nie altyd kan integrate met ôse Islam nie – die Cape Muslim community het mixed feelings oo musiek. Ek onthou op varsity dat ek vi myself ’n “punk Muslim” genoem’t. Daai tyd, aside from the fact dat ekkie gewiet het wattie woo’d “punk” bedoel nie, het ek oek nie ve’staan wattie woo’d “Muslim” vi my beteken nie! Ah, the blissful ignorance of youth. Ôs wiet eintlik niks vannie wêreld’ie – ôs pick net ’n area en we make it up as we go along.
.....
"Ek het We are Lady Parts gevind wanner ek ’n interview op Al Jazeera gekyk’t oo die authenticity van Muslim stories in Hollywood. Baie mense oppie discussion panel hettie selfde punte gemaak as ek: Die feit dat Middle Eastern stereotypes wôd oo en oo gebruik om Islam te exoticise; die feit dat black Muslims heeltemal marginalised of misrepresented is in Hollywood; ennie feit dat daa mee Muslim producers en skrywers moet hulle stemme dik maak in Hollywood ... Soes Hind Makki gesêrit in haa review: die storie wôd ve’tel independently vannie male gaze, die white gaze en die Haraam Police."
.....
Dis net wanner ek We are Lady Parts recently gekyk’t, het ek rêrag die woo’d “punk” begin uitpack en toevallig was my definition vannie woo’d nie so different vannie eintlike definition vannie woo’die. Punk is associated met ’n klom philosophies, soes anti-establishment, anti-authoritarianism en “to not sell out” – in kôt, die guiding philosophies van rebellion. En is geez hierie understandings vannie punk philosophy wat ek ge’interpret het as “emancipation” – om jou eie truth te discover – wat het tot my eie “punkness” gelei. Ek het nie n punk rock band gejoin nie, maa ek het starig comfortable geraak om alleen te staan in my eie experience of life, alhoe wassit different van anner millennial Muslims wat conventional expressions ge’choose het.
We are Lady Parts het oek vi my ’n opportunity gegie om in retrospect my thought patterns van my jonger self te track as ’n Muslim artist millennial. Ja, ja, ek weet, dis soe annoying wanner ôs net TV shows en films kyk net om ôse self te sien! En daai’s hoekom ek relate na Amina Hussain, die central character wie se journey ôs follow innie series, although is Saira, die band se leier wat by ’n halaal butcher wêk en vleis slag, eintlik my alter ego! Amina is ’n microbiology PhD-student wat al haa free time op ’n marriage app spend om ’n potential suitor te vind – sy wil in pas wees met haa vrinne wie ammal op trou staan. Amina is oek ’n part-time guitar teacher, maa sy hou dit oppie down-low (musiek is mos haraam is sommige circles). Maa Saira gaanit’ie allow nie wanner sy Amina se guitar-playing talent discover, en Amina is gou recruited virrie Lady Parts band.
Min tot geen mense wiet dat my ee’ste original droom was eintlik om ’n musician te wies. Ek het ’n paa versions van die droom op ’n lys gehad: (1) Ek sou eendag my Saterrag piano classes vêder gevat en ’n classically trained musiek programme gaan study (daa was altyd vi my iets enchanting oo iemand wat musiek kan lees!). (2) Ek sou eendag met Taliep Petersen gewêk’t en ’n career in musical theatre opbou. Of course het my ouers, wat nie heeltemal comfortable gewas met my groot love vi musiek nie, baie strict rules in place gesit – ek kon net piano speel op ’n Saterrag as ek goeie marks vi maths en physics kry. Maak daai reëls sin vi ’n meisie wat al klaa hierie drome het van kleins af, en maak daai reëls, énige reëls, sin op ’n basis van punk philosophy?
Daai’s hoekom ek’t soe funny vind wanner Amina soe vi haaself censor as a musician. Issie asof die family unit innie huis soe baie pressure op haa sit om nie musiek te pursue nie – ’n heeltemal anner take oppie family authority disposition wat usually die motivation is virrie choices van jong Muslims. Oppie contrary sy het eventually Saira huis toe gebring vi ’n sleepover en Amina se ma en pa was heelwat happy dat Amina guitar speel innie band – haa pa het nog gebrag oo die feit dat hy Don McLean in person gemeet’t! Clearly die “Muslim police” in hierie geval was nie die parental unit nie, maarit was eintlik Amina se beste vriendin Noor ennie res vannie clique by haa university wat meer orthodox was ennie obstacles represent in Amina se hero’s journey tot haa eie self-discovery.
Amina se fear om haaself uit te liewe is baie common vi musicians everywhere who are up against die pressures vannie Muslim-wêreld, maa wanner Lady Parts vi Amina discover, there was no turning back. Daai was baie obvious wanner sy “Bashir with a good beard” saam’t die band geskryf’t – ’n anthem, soes sy sê, “sewn from the fabric of my life” en die storie ve’tel van haa latest heartbreak. Die concept van ’n punk band waa sy haa stem vind is net brilliant. Baie vannie band se songs het ’n headstrong take op social issues van ’n millennial generation se perspective, ennie songs gebruik references van hierie generation soes “Voldemort under my headscarf”. Die lyn in daai song, “Does other headgear scare you too – hats, helmets?”, was net ’n creative face-to-face met hijaab-phobics. Die way hoe hulle repetitively sing “Voldemoet, Voldemoet ooh Voldy-Voldemort” outwardly naming Him Who Must Not Be Named – en kon sien in my mind’s eye hoe Ron Weasley vannie Harry Potter series squirm as hy by ’n Lady Parts band practice gewees’t. “Ain’t no one gonna honour kill my sister but me” was ’n brilliant reclaim of feminist power (baie vroumense innie East is doodgemaak deur hulle tribes wat supposedly murder commit vi “honourable reasons”), en om die hele series te end met Queen se “We are the champions” was net die perfect sountrack ommie band se triumph te wys.
Ek het We are Lady Parts gevind wanner ek ’n interview op Al Jazeera gekyk’t oo die authenticity van Muslim stories in Hollywood. Baie mense oppie discussion panel hettie selfde punte gemaak as ek: Die feit dat Middle Eastern stereotypes wôd oo en oo gebruik om Islam te exoticise; die feit dat black Muslims heeltemal marginalised of misrepresented is in Hollywood; ennie feit dat daa mee Muslim producers en skrywers moet hulle stemme dik maak in Hollywood (en reg oorie wêreld!). Kudos aan Nida Manzoor, die hoofskrywer van We are Lady Parts, virrie courage om soe ’n groot storie aan te vat virrie big screen. Soes Hind Makki gesêrit in haa review van We are Lady Parts op The haute take – for the world’s most powerful women, die storie wôd ve’tel independently vannie male gaze, die white gaze en die Haraam Police. Ek wil Nida Manzoor mee punte gie vi hierie ene! Ek dink assie storie vi Muslim authorities of in een of anner manier die patriarchy wil appease, sou die storie verkee’d geklink’t. Not even when Lady Parts took on racist Britain by hulle ee’ste musical gig hettie white gaze te veel die storie disturb nie – ek dink daai was net brilliant writing want ôs ammal wiet dat die Europe ennie West het pretty much racism invent. Om daai writing choice te maak was really well thought through!
My heel favourite scene was wanner Amina soe leqqa sing binne haa closet, ’n closeted musician’s expression van hoe defeated sy voel want haa search vi ’n man gaanie so leqqa nie (“For 26 years I’ve been single, no husband here on earth I found!”). Ek is ’n groot fan van daai mid-Western performances wat daai actress, Anjana Vasan, innie show doen en ek sal beslis covers van daai songs koep as syrit innie regte liewe doen! Anjana het oek Amina se awkwardness goed gewys byrie open mic scene waa sy virrie ee’ste keur poetry recite voo ’n audience, ’n idee van Saira om Amina se stage fright te cure – part vannie riede hoekom sy ’n closeted musician is, want sy’t innie ve’lede opgegooi wanner sy guitar by ’n skoolkonsert gespeel’t. Apart van Saira wat my alter ego so brilliantly gespeel’t (haa stubborn courage om Lady Parts se manifesto uit te liewe is seriously impressive!), sal ek oek vi haa ’n groot rating gie virrie tipe fairy godmother wat sy vi Amina was innie series.
Hoe daa nog altyd room was vi Bisa, die earth mother vannie band, Ayesha, die band se drummer wat haa road rage (sy’s ’n Uber driver) uithaal oppie percussions, en Momtaz, die band se manager en Niqaab rebel wat by day ’n lingerie saleswoman is, was oek ’n positive reflection vannie show se skrywers – ammal die band members was comfortable in hulle eie complexities. Ten to one is daai hoe stereotypes in ’n storie kryp – die moment die skrywers te uncomfortable raak met ’n character se complexity en hulle gee in aanie pressure wat oek kom vannie mense wat geld gie virrie development van hierie shows. Daai was oek die punt vannie interview op Al Jazeera – die feit dat skrywers nie moet ingee aanie stereotype-driven industry wat pressure sit om ôse stories te misrepresent want hulle dink hulle kan mee geld daaruit maak in plaas vannie waarheid te skryf! Ek dink die scoreboard waa ek points vi Nida Manzoor se skrywerspan gie, is heeltemal nou ve’dala. I don’t say it lightly wanner ek Nida acknowledge vi hoe insistent sy was om al die vrouens innie series te skryf van ’n ware Muslim-vrouens perspective.
Wat ek oek respect is dat die skrywers die decision gemaak’t ommie Amina ennie die hele Lady Parts band hulleself te vind binne-in Islam, ’n heeltemal anner take oppie punk philosophy! Daai was baie evident innie climax vannie series wanner die journalist innie storie, wat heeltemal te uitgevriet was vi fame en followers, die band ’n negative sensation innie media gemaak het. Momtaz, Ayesha en Bisa het beslis hulle stemme dik gemaak by haa ennit was refreshing om daai te sien – ’n moment waa die skrywers hulle audience gechallenge’t om te accept dat hierie band as Muslims identify.
Ek voel soe geared up om mee stories te skryf narat ek We are Lady Parts gekyk het. Al hoe issie storie wêrelds waarin ôs wêk nog altyd discriminatory is, voel ek dattie tables is besig om te draai! Islamaphobes ennie white heteropatriarchy moet uitkyk – daa is stêk en dapper Muslim-identified vroumense in industries globally wat biesag is om hulle power en space te reclaim. Die power wat We are Lady Parts vi my personally gegie het, is, net soes Amina innie storie, om my innerlike musician uit die closet te haal – the Voldermort under my headscarf. Net soes daa baie stories binne-in ôs is, is daa baie musiek wat oek in ôs is, in my is, ennie reminder dat ek ’n Muslim en ’n musician kan wees – daai is net priceless.
We are Lady Parts is available op Peacock, ’n channel wat part is vannie USA’s NBC Universal Streaming Service. Dis oek accessible op YouTube. Kyk Episode 1:
- Lees ’n review van We are Lady Parts deur Hind Makki hier.
The post Die mengelmoes van Muslim en musician identities appeared first on LitNet.