Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Die 2016 Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie is bekend

$
0
0

Thabo Jijana wen die 2016 Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie.

Thabo Jijana se bundel Failing Maths and My Other Crimes is pas aangewys as wenner van die 2016 Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie.

Elf bundels is aan die beoordelaars voorgelê en die kompetisie was straf. Een van die beoordelaars het Jijana se debuut, met sy "subtiele, wrang en onthoubare titel", beskryf as ’n "ryk en bevredigende bundel" waarin elke gedig "iets hards en lewensnoodsaakliks" tref. Die ander twee bundels op die kortlys is The Attribute of Poetry deur Elisa Galgut en Matric Rage deur Genna Gardini.

Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken - die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar was die beoordelaars Sally-Ann Murray, Jim Pascual Agustin en Karin Schimke.

Die prys bestaan uit ʼn kontantbedrag en ʼn medalje. Die oorhandiging vind op 14 Mei om 17:15 by die Franschhoek Literary Festival plaas.

Finuala Dowling is die sameroeper van die Engelse prys. Die ander komiteelede is Ronel de Goede, Leon de Kock, Diana Ferrus en Danie Marais. 

The post Die 2016 Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie is bekend appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>