Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Jan Rap se onlogiese christen-logika op 28 April

$
0
0

Jan Rap, vir iemand wat al hoog opgegee het oor sy eie logika, vaar jy nie baie goed in hierdie skrywe van jou nie. (Kommentaar op Dirk Rigter se JC brief, 28 deser.)

Eerstens sien ek jy verwar christen-wees en wit-wees met mekaar. Jy skryf: “…Toe hierdie nog ’n christenland was …’’ Ons almal weet egter jy bedoel… “toe hierdie nog ’n wit land was…”

Tweedens: Hierdie was nog nooit ’n land met net wit mense nie. Het jy nooit ooit, toe jy ’n kind was, of groter was, swart mense in dié land gesien nie? Regtig nooit nie?

Derdens stel jy christen-wees gelyk aan “sendelinge en Jehova-getuies”. Al die Gereformeerdes en Hervormdes en AGS mense en NG mense en Sioniste en al die honderde ander christen-denominasies gaan vreeslik beledig voel dat hulle sommer so goedsmoeds deur jou uitgesluit word uit die christen-definisie.

Vierdens: Wanneer en waar het jy ’n samekoms van ateïste op ’n Sondag of enige ander dag gesien met ’n prediker en ’n kerkraad en ’n gemeente waar ateïsme of een of ander “missie” verkondig word? Wie se kerkklokke hoor jy Sondae lui?

Ten slotte, is dit nie insiggewend dat ’n christen en kampvegter vir Afrikaans soos jy, vir andere met die  fuck-woord toesnou nie? Jy’s mos die GROOT kla-gat oor die sg “onsuiwer” Afrikaans op RSG en KykNet en waar ook al. Hoekom sê jy nie vir my en ander wat soos ek dink ons moet loop naai nie? Omdat jy nie die balls het nie, nou hardloop jy soos ‘n hanskakie na Engels toe met “ fucked up big time man”. Hel dis awesome en great van jou! Lank lewe jou soort Afrikaner!

 

The post Jan Rap se onlogiese christen-logika op 28 April appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!